Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Enige iets tov messe.
Post Reply
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

Manne,

Het iemand 'n resep vir 'n geskikte olie vir messlyp. Ek gebruik 'n Lansky stel vir al my slypwerk en moet nou weer olie kry, toe wonder ek oor selfmeng. Ek onthou ek het iewers gelees van 'n mengsel met huishoudelike olie en parafien?

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by tripodmvr »

'n Baie goedkoper en minder morsige middel is Sunlight vloeibare opwasseep. Die smeermiddel moet die yster wegneem en in suspensie hou. Die seep in sy onverdunde vorm vervul die rol baie goed. Jou mes word ook sommer gewas terwyl jy hom skerp kry.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by NEGE3 »

Dankie vir die raad. Moet ook juis weer olie aankoop. Gaan dit probeer.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

Dankie tripod,
Ek gaan dit nou-nou sommer uitprobeer om te sien hoe dit werk. Ek wil egter graag 'n olie gebaseerde slypolie mengsel ook kry. As daar manne is met so 'n reseppie, laat weet asseblief.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by tripodmvr »

Dink jy gaan die olie weggooi as jy sien hoe mooi die seep werk. Die seep vervoer ook beter synde dit nie alles kontamineer as dit per ongeluk uitlek nie. Geoliede brood en ander kos proe nie lekker nie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Pappabeer »

Ek gebruik olyfolie al vir jare. Dit werk goed op die lansky. Mengsel van baba olie en arnica werk ook. Ek het dit anderdag gevat toe die koskas leeg was. Nog n voordeel van n physioterapeut vrou...

Weet daar is ook n mix met automatic transmisie olie, maar nie seker wat bykom nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

tripodmvr wrote:Dink jy gaan die olie weggooi as jy sien hoe mooi die seep werk. Die seep vervoer ook beter synde dit nie alles kontamineer as dit per ongeluk uitlek nie. Geoliede brood en ander kos proe nie lekker nie.
Ek het toe nooit gisteraand hierby uitgekom nie, ek wil vanaand gou twee messe slyp. Seep word ook gebruik om noupassende pype te koppel,(PVC) so dit maak sin. Ek laat weet julle hoe ek dit ervaar het.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by VdWalt »

Hierdie is nou net op gewone stene?
Diamant kry nie olie nie, né?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

VdWalt wrote:Hierdie is nou net op gewone stene?
Diamant kry nie olie nie, né?
Dis korrek ja, met diamantstene gebruik mens water.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Geno »

tripodmvr wrote:Dink jy gaan die olie weggooi as jy sien hoe mooi die seep werk. Die seep vervoer ook beter synde dit nie alles kontamineer as dit per ongeluk uitlek nie. Geoliede brood en ander kos proe nie lekker nie.
Brood en seep is ook nie lekker nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by tripodmvr »

Brood en seep is ook nie lekker nie.[/quote]

Gewag vir julle slimjanne. Seep gaan jou laat borrels poep, maar darem nie sommer laat vrek nie.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by FHM »

Pappabeer wrote:Ek gebruik olyfolie al vir jare. Dit werk goed op die lansky. Mengsel van baba olie en arnica werk ook. Ek het dit anderdag gevat toe die koskas leeg was. Nog n voordeel van n physioterapeut vrou...

Weet daar is ook n mix met automatic transmisie olie, maar nie seker wat bykom nie.

Die een ken ek, my oorle pa het dit vir jare gebruik op sy oliesteen ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

tripodmvr wrote:Brood en seep is ook nie lekker nie.
Gewag vir julle slimjanne. Seep gaan jou laat borrels poep, maar darem nie sommer laat vrek nie.[/quote]

Hêhêhê :laugh: :laugh: :laugh: ,

Gelukkig het ek 'n fobie oor skoon messe en werksarea as dit by vleiswerk kom, dus sal my messe gewas wees met seperige warm water voordat ek dit gebruik, maak nie saak of ek met seep of olie geslyp het nie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by tripodmvr »

Seep was makliker af as olie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

Een ding wat nog altyd 'n las was is die olie opbou in die Lansky boksie (plastiek) waarin alles inpas. Met seep is dit iets van die verlede.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Johan Nel »

Ek het toe die skottelgoedseep as smering gaan probeer en dit werk verseker. Ek het 'n paar goedjies opgetel wat ek aan gewoond moet raak. Mens gebruik meer seep as wat jy olie sou gebruik. Die seep kom op die vashougedeeltes van die slypsteen wat dit dan glibberig maak. Die seep word droog, maw verloor vog. Mens spoel die seep af, dus pla dit nie regtig nie, dis maar net 'n waarneming.
Ek wil weereens vra, as daar iemand is met 'n olie reseppie, wil jy nie met ons deel nie, asseblief.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by LoveHenties »

Ek het die regte lansky olie gekoop by cape union vir R20
Chrisjan

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?

Post by Chrisjan »

Ek het vir die eerste keer vanaand die seep opsie gebruik. My messe is skerper as ooit. Niks is vol olie nie, en dit voel of die taak die helfte van die tyd neem.

Ek stem saam dat dit meer glibberig is en jy gereeld seep moet byvoeg.

Vir die res van my lewe gaan ek hierdie opsie gebruik. Dankie vir die goeie raad.
Post Reply