Praat 'n slag weer jakkalse manne!

User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Praat 'n slag weer jakkalse manne!

Post by Freddie101 »

Hallo Dries

Bly jy stoei nog met die stormberge se rooies. Jy het darem seker al jou dikste klere uit vir die nagte daar.

Self het ek maar min gejag laaste tyd om verskeie redes, maar hoor maar so tussen die boere al meer van jakklse wat hulle hoorbaar begin maak op nuwe en ou plekke. Ek neem aan dit is nuwe pare wat nou gebiede geannekseer het en oues wat laat weet dat hulle nog in hulle gebiede is??



Groete Freddie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Praat 'n slag weer jakkalse manne!

Post by Louis102 »

Biker wrote: ... Moet ook byvoeg dat hierdie vir my ook n intresante roeptyd is en geniet ek die fyn voetwerk wat nou nodig is ...
Ons is so lief om oor klanke te gesels en probeer so baie om die geheim van die regte klanke / sequences vir die regte tyd te onrafel, maar wat Biker hierbo
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Praat 'n slag weer jakkalse manne!

Post by Biker »

slang wrote:Biker

Is dit van Shceekluth se pille?

Jannie
Slang
Ja dit is schneekluth se pille langs n paadjie onder n miskoek of onder die sand
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Praat 'n slag weer jakkalse manne!

Post by cassie_calvinia »

Biker wrote:
slang wrote:Biker

Is dit van Shceekluth se pille?

Jannie
Slang
Ja dit is schneekluth se pille langs n paadjie onder n miskoek of onder die sand
so as jy klaar geroep het, sit jy sommer 'n pil of 2 daar neer?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Praat 'n slag weer jakkalse manne!

Post by Biker »

Cassie
Versigtig nou want as jy daai plek waar jy roep die aand ook pille uitsit gaan jy hom net slim maak want in die nag bly jou reuk daar en sal die reuk molekules eers verdwyn na die son en wind tenwoordig is. Hierdie is spesiale geval jakkalse en moet die pille op sy looppaadjie naby jou roepplek ten minste 24 uur voor jy gaan roep daar wees. Stel voor sit hulle uit paar dae vroeer.
Slagyster kan ook so aangewend word en stel hom paar dae voor jy gaan roep en as jy ingaan om te roep sprinkel die stelplek met urine van jaks wat jy bymekaar maak van ander wat jy geskiet het. Roep dan en geepad en hou duimvas. Maak net seker dat jou skoene wat jy aanhet as jy pie sprinkel nie jou reuk op die stelplek los nie. Ek het sommer myne so erens in nat beesmis getrap net voor ek dit doen.
Baie moeite maar spesiale jakkalse het spesiale planne mos nodig .
Groete
Post Reply