Bosvark geweer?

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvark geweer?

Post by Gerhard »

Dries Skiet wrote:Niks varke nie, net amper die bakkie om gevoeter in n sloot. Een trip wat ek liewer wil vergeet.

Ag nee man...

Waar het jy draai gaan stap?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: Bosvark geweer?

Post by De beer »

Stem saam Erasmus.
303 oopvisier met 180 greiners. Sintetiese kolf.
Dis wat werk as ons agter die honde aanhardloop. Wil nie jou mooi hot kolf geweer beskadig nie en die skote is sommer naby daar binne die mielies. Nie verder as 20 meter nie. Werk baie lekker
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Bosvark geweer?

Post by NEGE3 »

Ek dink 'n 30-30 lever action met 175gr koeels kan ook lekker werk. Die gewere is mos kort en kan opvolg skote vinnig doen.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: Bosvark geweer?

Post by De beer »

Ek het al gehoor die 30-30 sukkel partykeer as die varke bietjie hardloop en jy moet bietjie verder skiet. Weet die 45-70 lever werk baie lekker asook die 44 magnum lever agtien.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Bosvark geweer?

Post by NEGE3 »

Dankie. Het nie self een nie maar het maar net gedink die hefboom aksies is lekker vinnig om te herlaai en die gewere is ook kort vir vinnige opvolg skote. Het self nog nooit varke in die nag geskiet nie. Dink dit kan nogal 'n fees wees. Ek sien ook so sleg in die nag ek sal 'n LMG of 'n 12Boor met SSG's moet gebruik. ++>:
Groete.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Bosvark geweer?

Post by Jake1 »

Ons was noudie aand uit om bosvarke te gaan skiet, ons het die honed hoor baklei en tjank tot ons besef het die mielieland het 4 ystervarke ingehad- al die honde was vol penne die een hond het 'n pen by sy hart long gedeelte ingehad omtrent so 10cm in, ons het gedink hy gaan doodgaan maar hy kom nou weer so stadig by.

Ons sal nooit weer in die aand met die honde gaan jag nie agv die ystervarke, dit was oorlog, daai bakkie agterop waar ons die honde opgelaai het was net bloed!

Jake1
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bosvark geweer?

Post by FHM »

Ek het nog nooit bosvark gejag nie - en hier by ons kry jy dit ook nie. Maar ek het al baie gelees oor die tipe jagte (naby en persoonllik) en baie van die manne verkies n pompaksie haelgeweer met 'slugs'.

Net ter info ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply