Jag naweek
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Jag naweek
Daars hy die nuwe 243 is ge zero die 30 06 is skoon ek is gepak nou net wag vir die ander manne dan ry ons .Daai blesbokke moet begin keer vir hulle wickets .Geniet die naweek en sien julle Maandag
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jag naweek
Ag lekker !! Mooi ry en geniet die jag. Onthou om fotos te kom post.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Jag naweek
Nou ja ek is terug na 'n moerse lekker naweek . Vrydag aand is ons so sewe uur hier uit Randfontein en het so ongeveer 10 uur by die plaas aangekom ander kant Vrede.Na elkeen in die masiewe plaashuis 'n le plekkie gekry het is die vuur aangesteek en die koues is oopgemaak . Na 'npaar biere en iets sterker om die koue te verdryf is ons bed toe . Ek het skaars my oe toegemaak toe moes ek alweer opstaan Ek dog dis koud toe se die boer nog warm ! Ons het opgedeel en het op 2 bakkies geklim en afgery na die dam om die gewere te check . Die 30 06 en die 243 was spoton en na almal geskiet het het ons die veld aangedurf.
Sommer met die intrapslag was dit duidelik dit sou moeilik gaan om van die bakkies af te skiet .Toe daar gevra word wie wil voorsit was ek heel eerste gewees om te volunteer .Ek is omtrent so 200m van die lyndraad af gelaai en het 'n lekker dooie rus oor 'n ou trekker tyre .Na 'n uur of wat het die trop verby gekom en ek het die eerste kans gekry maar hulle was baie onrustig en ek kon nie seker maak van my skoot nie en hulle gelos Daar het darem 2 bokke geval wat van die bakkie geskiet is .Dit was nie lank nie of hulle het weer verby gekom en die keer het 'n groot ram plank dwars eenkant gaan staan .Die kruishaar het mooi op sy blad gaan le en toe die skoot klap het die 150gr Pro amm sy ding gedoen en die bok het net daar neergeslaan . Die ander bokke het nie geweet waar die skoot vandaan gekom het nie en het so 50m verder gehardloop en weer het 2 ramme eenkant gaan staan toe die skoot klap het almal doodstil bly staan en ek kon die stof so 200m verder teen die koppie sien uitslaan skoon mis .'n Groter p@#ph@l kon ek nie wees nie .Die bakkie het verby gekom en ons het die bok gaan optel die skoot was so 150m gewees toe die fotos geneem word kom ek agter my geweer le nog daar by die tyre gelukkig was daar darem 'n spaar geweer wat ek kon leen om mee te pose. Dit was toe die beurt van die 243 gewees en ek is terug na my tyre om te wag .Hierdie keer moes ek langer wag want die bokke was nou al mooi wild gewees . Gelukkig het hulle besluit dat hulle naby my 'n smoke break vaten dis toe dat die 243 sy ding doen en het die bok mooi op die neus geskiet en is die 100gr Pro Amm deur die kop in die nek en het op sy blad onder die vel gestop. Die afstand is gerange en was 132m gewees. Ek het klaar gereel dat ons later in die seisoen weer kan gaan sodat ouboet sy eerste bok kan gaan skiet.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jag naweek
Lekker Nico geluk met die eerste bloed.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Jag naweek
Ja daai 243 is nou gedoop en hy loop soos stroop
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jag naweek
Mooie bokke daai, baie geluk!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Jag naweek
Ek was hoogs die m@&ren gewees ek vra dat hulle die koppe moet aanhou kom later by die plek waar hulle slag en daar lê 'n hoop met koppe alles afgesny sal nou nooit weet hoe lank daai horings was nie