Naand manne n maat wat baie by my kom skiet en oefen het vanmiddag weer by my kom skiet.Hy het n Howa 223 , ons het n lading uitgewerk en die Howa het my beindruk kwartduim groeperings op honderd meter , hy se die geweer het plus minus 1300 skote deur die loop .
Hy wil graag aan die pmp kompetisie deelneem so toe koop hy n pakkie pmp patrone .
Ek was by hy skiet toe eers 2 foulers. skiet toe die pmp patrone, eerste 2skote loop mooi uit die geweer,derde skoot klap snaaks en daar is rook wat by slot uitkom, nodeloos om te se die groepering lyk soos n hond se gat daar is nie n groepering nie.Ek neem sy doppe en bekyk hulle mooi drie van die 5 pmp doppe het n koel ronde gaaitjie in primer,deurgebrand daar is nie tekens van hoe druk nie primers is glad nie plat geslaan nie slot maak ook maklik oop soos altyd.
Wat dink julle kon die gaaitjies in primers veroorsaak het, ek glo nie dis die geweer nie of is dit dalk die kwaliteit van pmp? O ja die patrone wat se primers gebrand het het anders geruik as enige ander somchem kruit wat ek al geruik het.
Ek luister
Bullseye.
Probleem met PMP of Howa
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Probleem met PMP of Howa
Die probleem is al redelik hier bespreek. Ek weet Tripod het dit ook in syne gehad.
Probleem was slagpen wat net net te lank was. Druk in die PMP ronte was net hoër as meeste ander make en saam met die lang slagpen perforeer dir die slagdop.
Dis hoe ek dit onthou.
Search gou die forum en sien of iets opduik maar ek onthou daar was net na 3poot weer iemand met selle probleem.
Peet

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Probleem met PMP of Howa
jA, DIT MY OORGEKOM EN EK HET MET 'N SPASIeERDER DIE slagpen se lengte korter gemaak. Ek het egter onlangs met 'n ander pakkie weer die probleem met 'n paar patrone gekry. Toevallig luister ek by die skietbaan na 'n ander skut wat kla oor gepriemde slagdoppe. Hy het nie 'n Howa nie, maar dit het toe met hom ook gebeur. Ek gaan nou die PMP patrone vermy. Het ten duurste drie pakke Sako bekom en hulle skiet soos 'n droom en gee glad nie probleme met die slagdoppe nie.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Probleem met PMP of Howa
Die fowlers hier bekommer my nogals baie. Vriende van my het die afgelope naweek gaan jag. Daar is n man met nil kwes wat Afrivan elite skiet. Uit twaalf patrone was daar drie fowlers. Ander man herlaai, ek kan ongelukkig nie die kaliber onthou nie, maar gebruik PMP primers. Hy het op n troppie rooibokke aangele. Twee fowlers getrek, en toe klap die skoot eers met die derde probeerslag.
Ek self laai met PMP primers die afgelope 18 maande. Ek sien ek het ongeveer 600 primers al gebruik/ reeds gelaai, en as my geheue my nie in die steek laat nie, het ek tot dusver drie fowlers gehad. Ek wonder of die nuwe batch PMP primers nie dalk n erge probleem het nie.

Veiligheid eerste manne!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Probleem met PMP of Howa
BRNO .06 (Pierre) wrote:Die fowlers hier bekommer my nogals baie. Vriende van my het die afgelope naweek gaan jag. Daar is n man met nil kwes wat Afrivan elite skiet. Uit twaalf patrone was daar drie fowlers. Ander man herlaai, ek kan ongelukkig nie die kaliber onthou nie, maar gebruik PMP primers. Hy het op n troppie rooibokke aangele. Twee fowlers getrek, en toe klap die skoot eers met die derde probeerslag.
Ek self laai met PMP primers die afgelope 18 maande. Ek sien ek het ongeveer 600 primers al gebruik/ reeds gelaai, en as my geheue my nie in die steek laat nie, het ek tot dusver drie fowlers gehad. Ek wonder of die nuwe batch PMP primers nie dalk n erge probleem het nie.
Skuus, ek is so effe van die wa af. Fowlers hier bedoel ek skote wat nie af gegaan het nie. Jammer my fout. Dankie Pieter!
Veiligheid eerste manne!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Probleem met PMP of Howa
By herlaaide ammunisie kan die verkeerde dieptestelling van die slagdoppe vir afslaanprobleme sorg. As die slagdoppies uitsteek dan moet die slagpen hom verder indruk alvorens die aambeeld vasgedruk word om die afsetproses te inisieer. As die veer net effens slap is, is daar dan nie genoeg momentum om die doppie genoegsaam te duik en die reaksie te laat begin nie. Daarom my uitsluitlike gebruik van die hand apparaat van Lee om slagdoppies in te sit. Hier kan ek nou voel wanneer die slagdop die bodem raak en hom dan set met 'n geringe verdere druk.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Probleem met PMP of Howa
Sorry ek het nie die hele storie gevolg nie maar dit help nie eers jy oefen met pmp se ammo nie jy weet nie wwatter batch jy die dag van die groep kompetisie gaan kry nie,
Skiet m iet jou gelaaide patrone en oefen met dit en dan die dag wat pmp daar is skiet jy en hoop vir die beste met hulle ammo
my mening weereens
sterkte
Jacques
Skiet m iet jou gelaaide patrone en oefen met dit en dan die dag wat pmp daar is skiet jy en hoop vir die beste met hulle ammo
my mening weereens
sterkte
Jacques