koorsblaar

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

koorsblaar

Post by Francois Briedenhann »

Ek wil net graag hoor wat werk vir n koorsblaar?
grumpy

Re: koorsblaar

Post by grumpy »

Polio druppels!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: koorsblaar

Post by Dawid »

Zambuk, soos ons hom ken Samboksalf, is ook uitstekend vir droee lippe en dan ook vir enige sere en krappe van dorings wat mens in die veld opdoen.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: koorsblaar

Post by prohunt »

Kry vir jou "Folic Acid" tablette. Dis nie duur nie. Drink twee sodra jy die krieweling voel en dan vir 'n week een per dag. Dit stop hom of as hy reeds daar is keer hy dat dit nie erger raak nie.
Where He leads me I shall follow!
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: koorsblaar

Post by mossie »

HOTNOTSVY SE BLAAR. BREEK DIE PUNT AF EN DRUK DIE SAPKANT TEEN DIE KOORSBLAAR. DRA SOMMER DIE "BLAAR" IN JOU SAK ROND EN DRUK KORT-KORT DAARVAN TEEN DIE KOORSBLAAR. DIT KORT SY LEWE IN EN LAAT HOM VINNIGER UITDROOG EN VERDWYN.
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: koorsblaar

Post by Vaalboer »

Vir voorsorg drink 2 disprins voor jy in son of wind gaan. As die bogger eers daar is gebruik Zovirax koorsblaarsalf. Kry dit by apteek. Dis my beste medisyne nog.
Happiness is... a warm gun!
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: koorsblaar

Post by Christo Els »

Eintlik werk niks vir die ding, maar hier is 'n paar dinge wat jy kan probeer.

Vitamiene B aanvullings
Lewens Essens is dit op die koorsblaar. Waarskuwing dit BRAND :'(
Vicks op die koorsblaar

Hoop jy kom reg
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
grumpy

Re: koorsblaar

Post by grumpy »

Vicks werk! Ek kan getuig daarvan. Saterdag op gesit en vandag is dit weg!
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: koorsblaar

Post by Christo Els »

Die grumpy nou weet ek ook
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
D4D
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Thu Oct 21, 2010 10:03 am

Re: koorsblaar

Post by D4D »

Het eendag by een van my werkers gehoor. dat hulle hulle eie oor was vat en dan op die koorsblaar smeer, dan gaan diet gewoonlik vinnig weg.
D4D
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: koorsblaar

Post by Louis Kriel »

Snaaks genoeg die ding wat die beste werk is ook amper die goedkoopste. Ek is vir jare geteister deur die verdekselse goed totdat ek peroxide probeer het. Dit werk fantasties. Maak die koorsblaar stukkend en sit peroxide (40 volume) met 'n oor-stokkie (earbud) op. More is hy weg.  :D
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
taranaki
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Fri Oct 22, 2010 10:46 am

Re: koorsblaar

Post by taranaki »

Milton waarmee jy bottels steriliseer. Smeer aan hy droog binne 1 dag uit en more is hy weg

Groete
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: koorsblaar

Post by ZKK »

Ek het op n stadium heelwat koorsblare binne in my mond gekry.
1000mg vitamien C,een in oggend, een in aand, sort gewoonlik die probleem uit.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: koorsblaar

Post by vlakvark1 »

Julle moet nou nie lag nie maar hierdie raad kom van my ouma af en dit werk. Smeer
gereeld ''vanilla essence'' aan . Koorsblaar verdwyn vinniger as wat hy gekom het
vlakvark en bosvark Bvk
Chris09
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Nov 13, 2012 9:00 am

Re: koorsblaar

Post by Chris09 »

Ek het nogal n vreemde ding wat vir my werk! Aquafresh tandepasta sodra jy die kriewel op jou lip voel.

Groete
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: koorsblaar

Post by Piet Pille »

'n Koorsblaar word deur die herpes simplex II virus veroorsaak. as jy eenmaal 'n draer vd virus is, het jy dit gewoonlik vir baie jare tot lewenslank. Die virus bly dormant in die sinapse vd senuselle (van die lippe) en sodra die imunnsisteem verswak of die lippe aangetas word deur bv son/wind , trigger dit dat die virus begin vermeerder.

Enige iets wat anti-septies is teen virusse sal dus die virus rem. Alkohol is anti-septies, daarom werk vanilla-essens, witdulsies, lewensessens en selfs aftershave en brandewyn.. (L.W. nie by inname ne, maar vir aanwending ;) ).
Zambuk, vicks, dettol, peroxide, savlon, chloor (milton) ens het almal ook anti-septiese eienskappe, daarom dat dit help.

Dan is daar die anti-virale rome soos bv. Zovirax, Acitop, Lovire, Fenivir ens werk ook goed, meer so as jy dit vroegtydig begin aansmeer.

Vit B, Vit C, foliensuur, sink aanvulings en L-lysine (aminosuur) werk baie goed as jy dit drink, veral voorkomend in tye wat jy weet jy gaan blootstelling gaan kry soos bv verkoues of baie in die son. Van bog. is L-lysine seker die effektiefste.

Antivirale tablette (Zovirax, Acyclovir, Zeletrex ens.) werk ook goed, veral as daar veelvoudige koorsblare is en wanneer jou imuunsisteem 'n kwaai knou weg het soos by siekte ens.

Ek het al baie gehoor van poliodruppels, en baie mense glo vas daaraan. Ek vermoed die werking hou verband met die imuunrespons wat die poliodruppels tot gevolg het, en dat die toename in witbloedseltelling dan ook die koorsblaar virus onderdruk.

Onthou dat die virus 'n destruktiewe effek op die omliggende weefsel het (waar die blasie vorm) en dat dit nogsteeds 'n rofie sal vorm daar, al is die virus onderdruk. Die liggaam moet daardie weefsel vervang en dit sal 'n paar dae neem, soos enige ander seerplek wat gesond word. As die rofie eers gevorm het, is die virus gewoon weg en dis net die liggaam se herstelproses wat jy waarneem. Dis tydens die "blasie fase" wat hy aansteeklik is en die virus nog baljaar!
Last edited by Piet Pille on Tue May 21, 2013 10:09 am, edited 1 time in total.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: koorsblaar

Post by mariusr »

Goeie genade Pieter so uit 'n dokter se mond! :):
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: koorsblaar

Post by G-force »

Pyralvex drupples briek hom dadelik.Sukkel net om te kry deesdae.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: koorsblaar

Post by Nickvn »

Dankie Pieter, dit is nou een van die beste poste wat ek nog gelees het hier. Dankie vir die deel.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Post Reply