Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Weet iemand dalk hoe gereeld n jakkals op sy merkbosse mis? Het vandag n merkplek gekry met 3 ouderdomme mis op, die oudste was al wit en stukkend en dan wittes wat heel is en dan swartes wat al droog is. Nogal gewonder hoe lank vat dit voor dit wit raak?
Nog n ding, kan n mens naby daai bossie n yster stel? Het iemand ervaring daarmee?
Jannie volgens my kennis neem dit omtrent n week om wit te raak; dit hang natuurlik ook af van die weersomstandighede.
Daardie merk-bos is nie in die kern-gebied nie, anders sou daar meer vars mis gewees het.
Jy kan nogsteed daar yster-stel; binne 1 week sal die jakkals weer daar n draai gooi, dit is in sy loopgebied. Jy kan ook n bietjie lokaas vir hom uitsit naby so n bossie of as jy n ander jak se mis kan kry sommer vir hom/haar terg en dit op hul merkplek sit. n Ander jakkals se mis werk vir my baie goed, het gewoonlik sukses binne n week, as hulle nie die ysters uitsniffel nie.
Dankie Willem, ek het ook nogal gedink n week maar wou maar hoor wat ander manne dink. Ons lug is maar droog hier. watse lokaas gebruik jy? Ek het ongelukkig nie ander jakkals se mis nie