TPL OF LADING
-
KC
Re: TPL OF LADING
Pierre
Probleem met lading en TPL dis nie dieselfde goed nie.
Lading gee jou stabiliteit
Tweak jy nou die TPL met die verkeerde lading dan gaan jy bes moontlik vorentoe probleme optel met groepering.
So lading kom eerste vir my en TPL tweede maar die twee goed loop maar hand aan hand
Beide moet reg wees om jou geweer optimale akuraatheid te gee.

- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: TPL OF LADING
So is ek reg as ek se dat lading is vir spoed en Tpl is vir akuraatheid?Maar die twee word op die einde van die dag getweek om saam te kan werk of presteerKC wrote:Pierre
Probleem met lading en TPL dis nie dieselfde goed nie.
Lading gee jou stabiliteit
Tweak jy nou die TPL met die verkeerde lading dan gaan jy bes moontlik vorentoe probleme optel met groepering.
So lading kom eerste vir my en TPL tweede maar die twee goed loop maar hand aan hand
Beide moet reg wees om jou geweer optimale akuraatheid te gee.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: TPL OF LADING
Ek haal Dr. Laubscher, vroeer van Somchem aan:
"Load 30 rounds", he said, "starting at MAX OAL and seating each deeper by about ten thou of an inch as you go along. That should do it". He further emphasised: "Once you've found the sweet spot, just do the same for velocity - 30 rounds - starting at MINIMUM charge this time, watching for pressure signs, and preferably with a chronograph; and you will find the optimum velocity for accuracy."
Logies moet ons tog begin by die beperking van die geweer vir die patroon lengte. Verskillende patroon lengte sal verskillende ladings of spoed of loop tyd, hoe jy dit ook al wil sien, tot gevolg he vir akkuraatheid.
Wat bepaal akkuraatheid? Volgens Chris Long, die posisie van die skokgolf wanneer die koeel die loop verlaat. Daarteen kan ons nie stry nie, ons het nog nie 'n beter teorie gekry nie.
Dat Chris Long se OBT formules nie die regte antwoord gee in alle gewere nie, is ook 'n feit, dis net 'n benadering.
In sommige gewere is dit totaal reg, in ander kalibers, loop lengte of loop dikte, is dit uit.
Is QL koste effektief? Ek glo nie, elke rit na die skietbaan kos geld.
Dat die 'ladder test' jou kan rondfoeter, is ook 'n feit.
Ek dink nogal baie van Dan Newberry se OCW metode.
Ek probeer maar met die minste koste elke nuwe lading se beste kry, maar soos komponente onverkrygbaar raak, is dit maar 'n stryd.
Johan Smit

RUPERT wrote:So is ek reg as ek se dat lading is vir spoed en Tpl is vir akuraatheid?Maar die twee word op die einde van die dag getweek om saam te kan werk of presteerKC wrote:Pierre
Probleem met lading en TPL dis nie dieselfde goed nie.
Lading gee jou stabiliteit
Tweak jy nou die TPL met die verkeerde lading dan gaan jy bes moontlik vorentoe probleme optel met groepering.
So lading kom eerste vir my en TPL tweede maar die twee goed loop maar hand aan hand
Beide moet reg wees om jou geweer optimale akuraatheid te gee.
Rupert
As jy nou bg lees wat Johan Smit aangehaal het dan lyk dit heeltemal weer teenstrydig met wat ek voorstaan.
Die Dr laubscher is seker iemand wat mens kan glo
maar
ek gaan ook nie sommer net so 36 jaar van praktiese herlaai en skiet weggooi oor die eerste aanhaling wat ek lees wat n geleerde van Somchem te se het.
Ek se ook na 5mnde van toets met OBT dit is nie akuraat. Sommige ouens gebruik dit suksesvol en ander nie.
Die eerste fout wat ek uit Dr Lauscher se aanhaling agterkom is die strekking van sy seating diepte.
30/1000" gee jou presies 0.762 mm.
Sou jy dan 0.3 mm van die lande begin het dan is jou diepte waar jy stop 1.062mm
Ek kan jou waarborg dat solids baie keer 3 mm en verder van die lande eers akuraatheid lewer.
Watter lading gebruik moet word by die eerste stap van seating diepte word ook nie gese.
Dalk moet ek die metode eendag probeer maar ek behaal reeds sukses met die ander metode van lading eerste dan seating diepte wat soveel ander ouens gebruik dat dit vir my eintlik nie die moeite werd voel
Om jou vraag te antwoord:
Ek glo vas dat jy eers n lading node moet bepaal maw daar is definitief n lading waarmee jou kaliber geweer meer tevrede is met n sekere gewig koeel en kruit en ook TPL.
Ek kry my geweer wat ek op die oomblik het af van n 3" en selfs groter groep op 100m na n 1/2 " SLEGS deur die lading te verander.
Dan as ek wil maar ek doen dit selde peuter ek met TPL.
Ek moes nou onlangs met n nuwe batch 165 Nosler partitions aan die TPL stel om iets reg te kry maar eers na ek die lading vasgestel het.
Die TPL verandering het die groep verklein van ongeveer 1 1/2" na so 13mm
Jy moet onthou dat sekere ladings gee beter groepe. Vergeet nou eers van spoed en konsentreer op die groep.
In my begin dae was daar nie so iets soos n chronograaf so spoed was n zero maar groepe was alles.
So lading gee vir jou net so groot verbetering in groepering as TPL as jy na bg kyk.
Ek se lading vir die growwe verstelling en stabiliteit vir temperatuur skommeling dan TPL vir die fyn verstelling.
Vergeet van spoed. Spoed kom vanself.
Jy sal wel agterkom dat baie van die gewigte koeels amper op dieselfde lading presteer en as jy n chronograaf het sal die snelheid baie na aan mekaar wees. NIE ALTYD!
So as jy n chronograaf het en jy is ver onder Somchem se max snelheid en jy het reeds n lading tpl kombinasie wat werk, dit is algemeen, dan kan jy versigtig verder gaan met lading om te bepaal of kry jy nie n hoer node (Lading en snelheid) wat werk nader aan die Somchem max
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3125
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: TPL OF LADING
Maar KC Somchem gee die spoed net vir n sekere loop lengte. Hoe weet jy nou wat is die regte spoed vir jou geweer kombinasie?
-
KC
Re: TPL OF LADING
Jy skakel Somchem en vra raad as jy nader aan max beweeg..303 wrote:Maar KC Somchem gee die spoed net vir n sekere loop lengte. Hoe weet jy nou wat is die regte spoed vir jou geweer kombinasie?
Ek self het gewerk op om en by 25fps/duim vir .30kalibers soos 308 30-06 ens maar moet asb nie die aanvaar as vasgestel. Vind uit en kry jou eie gegewens by die regte mense
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: TPL OF LADING
KC, in die tyd dat Dr. Laubscher by Somchem gewerk het, het hulle 'n diens aangebied om akkuraatheid te bepaal. Hy het geweldig baie praktiese ondervinding gehad, maar hulle het altyd met Somchem kruit en PMP komponente gewerk, nie solids nie.
Ek kan verstaan dat hy se begin met maksimum TPL, omdat dit nodeloos is om te eindig met 'n TPL wat nie in die geweer kan werk nie. Ek wil nie woorde in sy mond le nie, maar ek dink hy het bedoel die maksimum TPL wat kan werk in daardie besondere geweer.
Self meet ek ook maar altyd die maksimum TPL wat kan werk, en begin met ongeveer 'n kaliber koeel in die dop vir 'n begin. Dan kry ek ook maar eerste 'n lading wat groepeer en verander dan die TPL, soos Dan Newberry ook voorskryf.

Johan
Ek lees weer daai stuk en ek sien ek het Dr Laubsher se incremente gelees as 1/1000 ipv 10/1000" so jammer my fout.
Dis vir my wel interssant dat hy met seating diepte begin en dan lading. Jy weet nie dalk hoe hy by sy lading uitkom om die seat dieptes te toets mee.
Ja ek laai nog altyd teenoorgesteld en doen goed.
Ek het nou juis Accubonds om n lading voor te kry. Miskien Dr Lauscher se metode probeer en kyk maar ja, lyk of n ou baie skote gaan skiet so op die oog af.
Sal ook nie rerig weet voor jy probeer
Kobus
Ek lees weer daai stuk en ek sien ek het Dr Laubsher se incremente gelees as 1/1000 ipv 10/1000" so jammer my fout.
Dis vir my wel interssant dat hy met seating diepte begin en dan lading. Jy weet nie dalk hoe hy by sy lading uitkom om die seat dieptes te toets mee.
Ja ek laai nog altyd teenoorgesteld en doen goed.
Ek het nou juis Accubonds om n lading voor te kry. Miskien Dr Lauscher se metode probeer en kyk maar ja, lyk of n ou baie skote gaan skiet so op die oog af.
Sal ook nie rerig weet voor jy probeer
Kobus
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: TPL OF LADING
Kobus, nee ek gebruik ook nie sy metode nie. Dar is 'n verskil tussen my behoeftes en syne.
Ek het dit maar geskryf om aan te dui dat dit nie saak maak waarmee jy begin nie. Jy sal seker nie op dieselfde resultaat uitkom nie, maar dis goed om te weet.
Sy behoeftes was om in sy weksplek 'n lading te kry vir 'n spesifieke geweer. Hy het geskiet sonder om uit sy werksplek te moet beweeg, daar is 'n skiet tonnel, verstaan ek van mense wat daar was. Hy het ook nie omgegee hoeveel skote hy skiet nie, 60 is niks vir 'n begin.
My behoefte is om 'n lading te kry met die minimum skote en ritte skietbaan toe. Daarom laai ek eers verkillende ladings. Dan wanneer ek die lading het, op Dan Newberry se metode, laai ek 'n klompie te lank en neem 'n draagbare pers saam. Op die skietbaan druk ek dan dieper en dieper in vir die beste resultate. Die skote wat oorbly word dan ook tot daardie diepte gepers.
Ek wil nie beweer dis die enigste manier nie, maar dit werk vir my.
Groete

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: TPL OF LADING
Logika sê vir my dat jy jou geweer teen 'n sekere spoed wil laat skiet om 'n trajek te verseker vir jou jag toepassing (vlakte, bos of skyfskiet). Wanneer jy dus naby aan die optimum is kan jy dan met die TPL speel. TPL en spoed is afhanklik van mekaar, maar die TPL verandering gee slegs klein spoedverskille en die verfyning is dus met klein verstellings in afstand en lading.
KC, jy het vroeër verwys na die "onakkuraatheid" met die QL voorspelling vir 'n gemiddelde lading se kalibrering wat uit is wannee die lading verhoog word. Dit is wel so want dit is bekend dat met termochemiese reaksies hoër druk die proses versnel. Dit is egter so dat dit gewoonlik slegs 0,5gr na weerskante van die beraamde syfer gevind kan word. As jy dit dus in aanmerking neem kan ek met my 3de probeerslag bykans in die kol wees wat spoed aanbetref. Nege skote (drie ladings van 3 skote elk) is vir my beter as 10 sarsies van 3 skote elk om dieselfde resultaat te verkry. QL gee ook die geleentheid om die beste dryfmiddel te kry vir jou toepassing. Beter dopvulling of laer spoed kan maklik voorspel word. As dit dan nie 100% akkuraat is nie gee dit dan 90% wat vir my beter is as raaiskote.
Ek het nou 'n vriend bygestaan met berekeninge om twee dubbels te kry om te reguleer - een in 375 Flanged en 'n 500 Nitro 3". Met die drukvlakke wat bereken is kon ons binne 10 skote met albei die spoed (lading) kry wat die twee skote bymekaar gebring het. Met die koste van komponente en die terugslag wat verduur moet word is QL dus 'n groot bonus.

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: TPL OF LADING
Gerard van GS Custom se mening is dat 'n mens eers spoed bepaal; daarna TPL.
Once the desired speed is reached, load 15 rounds with that powder charge and at the maximum cartridge length possible in the rifle.
Fire three for group. Run a dry nylon brush through the barrel and allow it to cool while the group is measured. Seat the next three rounds 0.5mm (0.02") deeper and fire for group. Repeat the process until it is established what the ideal c.o.l. is for the rifle. Use 1.0mm (0.04") steps if the bullet is over 100 grains.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: TPL OF LADING
Oom Maruis
Goed gestel. Wat mense vinnig vergeet is dat n nodespoed nie los gemaak kan word van algemene goeie herlaai praktyke nie.
Kom ons vat die volgende voorbeeld. Jy sit met n kaliber en jy het n spesifieke aplikasie. Jy het nie n benul wat se koel sal die beste werk in die kombinasie nie. Jy weet ook nie teen watter trompsnelheid die koeel gaan werk nie. Jy is ook nie seker wat se tipe poeier om te gebruik tesame met die koeel nie. Jy het ook nie tot jou beskikking n druk kamer om drukvlakke te meet nie.
Jy begin om Somchem se herlaai boekie na te slaan en vind dat daar baie beperkte koeelgewigte getoets is. Nie al die koeelgewigte is met al die poeiers getoets nie. Jy begin om ander herlaai handleidings na te slaan. Hier sien jy baie keer dat daar selfs aansienlike spoed verskille is vir presies dieselfde koeel met dieselfde poeier. Jy is nog meer in twyfeling as wat jy mee begin het. Jy het al gesien dat dopkapasiteit wissel tussen dop vervaardigers, selfs by dieselfde vervaardiger van batch na batch. Jy wonder nou wat se invloed dit kan he op n lading. Jy hoor hoe praat die manne van Somchem se brandspoed wat so wissel tussen lot na lot. Dit sit jou nog meer in die donker want hou beeinvloed dit nou my maksimum snelhede?
Jy praat met manne hieroor net om tien verskillende opinies te hoor wat jou nou nog verder in die afgrond in trek. Jy sluit aan by n forum om net nog in n groter byenes in te beland. Daar is manne wat baie slim klink en hulle magdom aantal jare agter die herlaai tafel hardop verkondig. Die een basuin dit uit en daai een dat. Jy begin bietjie rond te krap en kom op skrywes af van die OBT ding. Grieks, maar jy stuur n PM. Jy word geduldig deur die proses gevat en jy verskaf die gegewens wat verlang word. Jy kry om alles te kroon sommer goeie raad oor koeelkeuses en hulle aplikasie. Jy ontvang raad oor die spesifieke koeel wat jy moet gebruik vir jou aplikasie. Die drukvlakke vir die spoed word deurgegee. Daar word ook sommer raad gegee oor n paar dinge waarop jy moet let met jou geweer. Jy volg hierdie raad op die letter en binne een sessie op die baan is jy bitter opgewonde oor wat jy voor by die teiken sien. Die tweede sessie op die baan doen jy die laaste fyn verstellings aan jou TPL om net nog meer in jou noppies te wees met wat jy sien. Nog nooit was dit so maklik nie.
Jy gaan nog twee keer na die baan want die gogga het jou nou behoorlik gebyt en jy kyk wat maak die geweer tot op 300m. Jy het nog nooit eers geskiet op die afstand nie en leer sommer mooi wat maak die koeel op die afstand. Jy kan nie glo dat die roer so kan skiet nie. Jy skiet uit die vuis met die wete as die skoot sleg is is dit net jy en niks anders nie. Jy probeer n paar ander veld posisies ook en sien wat werk en waar jy nog bietjie moet slyp. Nog nooit het jy so baie selfvertroue gehad vir die jagseisoen nie. Jou seisoen loop soos n droom want jy neem skote met sekerheid op afstande wat jy geoefen het.
Jy gaan nou uit en skaf QL self aan. Jy kry die nodeprogram met n link op die forum. Al die informasie wat jy benodig is beskikbaar op die forum en daar is n klomp manne wat al te graag help. Jy begin vir jouself sien wat se herlaai praktyke ook nog gevolg moet word en QL gee jou deurgans goeie informasie van wat aangaan met die lading. Jy is nie meer in die donker nie en het nou meer tot jou beskikking as wat baie herlaai spesialiste tot hulle beskikking net n paar jaar terug gehad het. Jy besef dat jy nou n uitstekende grondslag het om jou stokperdjie met passie, vertroue en veiligheid na te volg.
Hierdie is verseker n vereenvoudiging van die hele proses maar een wat tiepies verwag kan word. Dit is verseker elke persoon se reg om te laai soos hy wil, maar die vraag bly vir my hoekom n persoon met hierdie wonderlike hulpmiddels wat werk enigsins sal verkies om terug te keer na die donker eeue? Maar ja dit is maar seker elke persoon se eie keuse. Wat ek net nie kan verstaan is hoekom iemand enige iets sal aanval wat hy duidelik nog nie eers n behoorlike kans gegee het nie. Maar dit is ook verseker nie iets nuut as jy na ons samelewing se geskiedenis kyk waar konsepte wat vandag n integrale deel van ons lewens is met passie deur die destydse grysbaarde aangeval is. As mense nou nog wil glo die aarde is plat is dit hulle saak.
Groetnis
Wouter
PS Chevvy n 1mm of selfs n 0,5mm veandering in TPL is die afstand van rugbyveld in die herlaai wereld.

Wouter, die stelling wat ek wou maak is die volgende:
Once the desired speed is reached, load 15 rounds with that powder charge and at the maximum cartridge length possible in the rifle.
Ek dink Gerard het van sy koeëls gepraat met die inkremente waarmee TPL verminder kan word.

Ek dink weer die ouens wat so baie babbel en ander probeer afkraak op die forum probeer slim klink.
Dis nie n gewildheids kompetisie dis n plek waar gedagtes uitgeruil word.
Hier is darem ouens op die forum wat blaaie en blaaie websites kan aanhaal paragraaf na paragraaf skryf en verduidelik hoe ingewikkeld die herlaai proses nou eintlik is.
Maggies word wakker.
Herlaai is maklik en eenvoudig.
Ek het so pas vir die eerste keer Dan Newberry se metode afgelaai en deurgelees.
Ek doen dit al jare so
Dit werk.
Ek kan dit aanbeveel.
En ja ek is lank genoeg in die herlaai game om my nie aan te steur aan iemand wat n vloer moer gooi.

So daar kom nog n metode uit. Eintlik lyk dit asof dit in n mate ooreenstem met OBT en QL dis nou net dat met lg het jy n program wat jou spoed bepaal wat jy moet haal en volgens GS Customs kan jy enige spoed bereik en tweak net die seating diepte.Chevvy SS wrote:Gerard van GS Custom se mening is dat 'n mens eers spoed bepaal; daarna TPL.
Once the desired speed is reached, load 15 rounds with that powder charge and at the maximum cartridge length possible in the rifle.
Fire three for group. Run a dry nylon brush through the barrel and allow it to cool while the group is measured. Seat the next three rounds 0.5mm (0.02") deeper and fire for group. Repeat the process until it is established what the ideal c.o.l. is for the rifle. Use 1.0mm (0.04") steps if the bullet is over 100 grains.
Dink dis wat Tripod hierbo ook na verwys met n klein verskil dat hy weer kruit kan byvoeg en daarmee stem ek ook saam.
Ek het baie sukses behaal deur n lading te kry wat groep ongeag die snelheid. Die snelheid wat ek bereik met die groep wat ek kry het ek aanvaar en as nodig verfyn met TPL.
As ek dan ver onder die max van Somchem is en jy kry hierdie sagte spoed ladings dan probeer ek n hoer ladings node.
Jy kan wel n groep reg tweak maar wat my bekommer is of daardie lading en snelheid, as jy net n snelheid uit jou duim suig, dan die optimale lading verteenwoordig
-
KC
Re: TPL OF LADING
Tripodmvr
Soos ek hierbo gese het is waar my bekommernis oor die kies van n snelheid le.
So dit is maar my siening daarvan en ook soos ek vanoggend gesien het lyk of Dan Newberry ook eerder n lading strekking soek wat jou n groepering gee en dan stel hy TPL. Snelheid is n bysaak.
Ja daar is definitiewe verskille in sienings wat nou eintlik werk.
Ek het toe Ludwig nog hier was net toe ek hier aangesluit het besluit ek gaan QL en OBT probeer wat ek ook gedoen het en dit wat ek te se het is my opinie oor waar die tekortkominge le.
Ek kon net nie daarin slaag om Ql te kry om die snelheid en lading te gee waar ek weet ek n baie betroubare lading/snelheid kombinasie alreeds het.
Die nodes val konstant tussen die snelhede wat ek meet met my ladings en met die bykomende foute op voorspelling van QL op snelheid in sekere omstandighede het ek so paar weke terug besluit om dit maar te laat vaar. Vir my meer n ergenis geword as hulp met node bepaling. So ek is ook van menig dat dit werk met sommige gewere en ander nie. Beslis weet ek van n paar ouens op die forum wat dit al genoem het dat dit met van hulle gewere nie werk nie.
Ek self kan baie keer n lading isoleer met 15 tot 21 skote met my metode dan uitgesluit die fyner verstellings as nodig. So vit maak aan my nie regtig n verskil of ek QL gebruik of nie.
So ja ek gebruik die program nog steeds vir sy databasis en ek is tog geneig om te kyk watter druk hy voorspel op die betrokke ladings wat ek skiet. Dit loop nooit hoer as 52000psi en ek kan ook nie druk waarneem op die doppe en slagdoppe. Die druk is toevallig ook waar my 30-06 die beste presteer met my ladings. So 50000psi na 52000psi en op die oomblik kyk ek na die moontlikhied dat ek dit so kan gebruik vir bepaling van ladings. Tans 3 soorte koeels wat daar rond presteer.

Kobus, ek haal jou aan:
Ek het baie sukses behaal deur n lading te kry wat groep ongeag die snelheid. Die snelheid wat ek bereik met die groep wat ek kry het ek aanvaar en as nodig verfyn met TPL.
Jy koop 'n .270 vir vlaktewild jag en 'n algemene aanvaarde spoed met 'n sekere koeël is 3000 v/s. Jou geweer groepeer met jou lading op 1800 v/s. Dit is dus aanvaarbaar vir jou?

Nee maggies!Chevvy SS wrote:Kobus, ek haal jou aan:
Ek het baie sukses behaal deur n lading te kry wat groep ongeag die snelheid. Die snelheid wat ek bereik met die groep wat ek kry het ek aanvaar en as nodig verfyn met TPL.
Jy koop 'n .270 vir vlaktewild jag en 'n algemene aanvaarde spoed met 'n sekere koeël is 3000 v/s. Jou geweer groepeer met jou lading op 1800 v/s. Dit is dus aanvaarbaar vir jou?
Lyk of dit verkeerd uitgekom het.
Chevvy SS gewoonlik waar n kombinasie groep is die snelheid van so aard dat dit wel vinnig genoeg is.
Soos ek genoem het kry jy mooi groepe op lae ladings en snelhede maar dan soek jy n hoer node.
my 30-06 groep
Bv met 165 Noslers op 2766fps en 2850fps Somchem max 2845fps met n 168gr
My 200gr Noslers op 2242, 2442 en 2500 Somchem max 2530fps
168 Custom competitions 2833fps Somchem max 2845fps
Miskien toevallig maar dan is dit aanmekaar toevallig dat ek ook naby die max kan uitkom
Moet byvoeg dit is nie altyd die geval dat die snelhede so naby Somchem max val. Die is met Lapua doppe en Fed210 primers. Met PMP doppe en CCI250 primers het ek om en by 100fps minder in spoed gekry
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: TPL OF LADING
Kobus, ek dink nie dis toevallig nie, eerder die reel. Ek ken 'n geweersmid wat altyd eers die maksimum soek met twee of drie skote. Dan sak hy daarvandaan en kry die beste groep naby.KC wrote: Miskien toevallig maar dan is dit aanmekaar toevallig dat ek ook naby die max kan uitkom
Ek is bietjie versigtig om sommer so hoog te begin.
Groete
Johan Smit
-
KC
Re: TPL OF LADING
Johan, Ek is ook maar versigtig en begin onder en werk boontoe.smitjs wrote:Kobus, ek dink nie dis toevallig nie, eerder die reel. Ek ken 'n geweersmid wat altyd eers die maksimum soek met twee of drie skote. Dan sak hy daarvandaan en kry die beste groep naby.KC wrote: Miskien toevallig maar dan is dit aanmekaar toevallig dat ek ook naby die max kan uitkom
Ek is bietjie versigtig om sommer so hoog te begin.
Groete
Johan Smit
Mens ken mos later jou geweer en die kruit waarmee jy skiet dan begin jy hoer op en so kan jy die aantal skote beperk sonder om veiligheid in te boet.
Kobus
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: TPL OF LADING
KobusKC wrote:Ek dink weer die ouens wat so baie babbel en ander probeer afkraak op die forum probeer slim klink.
Dis nie n gewildheids kompetisie dis n plek waar gedagtes uitgeruil word.
Hier is darem ouens op die forum wat blaaie en blaaie websites kan aanhaal paragraaf na paragraaf skryf en verduidelik hoe ingewikkeld die herlaai proses nou eintlik is.
Maggies word wakker.
Herlaai is maklik en eenvoudig.
Ek het so pas vir die eerste keer Dan Newberry se metode afgelaai en deurgelees.
Ek doen dit al jare so
Dit werk.
Ek kan dit aanbeveel.
En ja ek is lank genoeg in die herlaai game om my nie aan te steur aan iemand wat n vloer moer gooi.
Ek kan nog goed onthou wat jy kwyt geraak het op n skrywe van Ludwig wat die forum verlaat het, dit sal my altyd bybly en het vir my n baie mooi duidelike blik gegee op jou karakter.
Soos reeds gese is almal welkom om te herlaai net soos hy goeddink. Die feit dat jy gereeld Somchem se herlaai boekie gebruik as verwysing laat my baie mooi besef waar jy is in die helaai herargie. Indien jy nou eendag so bietjie dieper delf in die herlaai wereld sal jou opinie dalk so bietjie begin verander oor dat helaai maklik en eenvoudig is. Soos die gesegde lees "Ignorance is bliss!"
Wat jy wel moet besef is elke keer waneer jy die QL en die OBT metode afkraak sal ek weer daar wees om dit te verdedig. Hopelik sal mense vir hulself die verskil kan sien van die on-ingeligte en die van die ingeligte. Meskien sal jy ook dan eendag tot die slotsom kom dat Dan Newberrie, die Ladder test en al die ander metodes niks anders is as die OBT metode nie.
Groetnis
Wouter
-
KC
Re: TPL OF LADING
Ja toemaar Wouter ek hou net so min van jou om verskeie redes.
Ek skiet liewer n duisend skote langs n ou wat die Somchem snelhede gebruik om mee te herlaai as 1 skoot langs jou met n "VEILIGE" 60 000PSI lading van QL.
Groete en geniet die forum
Moenie dat een ou versilletjie in n siening oor n metode van herlaai jou dag bederf

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: TPL OF LADING
Die regte TPL die regte lading regte dop voorbereiding en al die dinge, ongeag of jy jou berekeninge maak deur sonchem se data of quickload se data aan die einde van die dag gaan dit oor hoe reguit die geweer skiet en dan kom die seterjoel ander klein dingetjies ook nog by.
My vraag is net, wat is 'n aanvaarbare 5 skoot groepering op 200m , die meeste aanmekaar gesitte gewere skiet alreeds binnemekaar op 100m?
Groete
MEERKAT

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: TPL OF LADING
Meerkat ek sou reken as n man 1" kan gooi met 5x skote op 200m is jou kop deur? Meeste manne se wiele kom af by skoot 4, om die rede bly ek by 3x skoot groepies hehehe.
Maar ja, wat, eks nou nie n kenner nie... Tik maar my ou goedjies na ek my OBT gekry het op QL in, laai dan so paar patrone en gooi dam so 3x skoot 25mm groepie op 200m met n Barnes koeeltjie uit die 7x64 vanaf n bi-pod, nou nie regtig n ekspert nie, ek luister maar net saam hier hoe praat die eksperts...