European wild boar

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
DJ V
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Fri May 03, 2013 4:34 pm

European wild boar

Post by DJ V »

Ek moet bieg - dis nie my varkie of storie die nie, maar ek is baie jaloers.

Ons het die naweek van die 27e tot die 30e Mei gaan jag by Iwamanzi game lodge naby Koster.

My baas Dederick het die ou knewel van 'n vark neergetrek met 'n Stryker 380 kruisboog. Dis 'n lang storie so byt maar vas.

Hy is gebait 2 weke voor die tyd wat ons daar aangekom het en hy is elke nou en dan op die trailcam gewaar.

Fritz het Dederick kom oplaai by die kamp so 0700 en hulle is dadelik na Vlakhoek toe om die ou beer te gaan soek. Bakkie gestop en die res van die pad ingeloop na waar hy vreet.

Hulle loer om die bos en daar staan die bielie teen die Duncan applicator - sodat jy nie eers die drom kan sien nie. Kruisboog is opgelign en die bolt met 'n 175 gn Xbow trick was oppad. solid skoot, maar die vark het nie eers 'n piep gemaak nie,niks. Hy het net rustig weggeloop en onder 'n bos gaan staan, die wereld uitgekyk en toe stadig weggestap.

die kruisboog is weer gelaai en daar is hulle agter hom aan.

na so 100m se opvolg besluit hulle maar om terug te keer na die beginpunt, hulle sien niks bloed nie, hy raas nie - net doodse stilte. Fritz besluit die situasie is gevaarlik en hulle stap terug.

Hulle staan so 'n paar minute stil by die voerplek agter 'n bos om 'n pva bymekaar kry om die vark te vind en uit sy ooghoek sien Dederick iets wit deur die bos - een van die bolt se fletches. Fritz se na die tyd Dederick se bril lyk soos kontaklense en Dederick se Fritz sien sy gesig en toe weet hy hier is groot moeilikheid.

Hulle draai om en 3 meter van hulle af staan die outjie vir hulle om 'n bos en loer. Hy het nie terug gekom om verder te eet nie.

Dederick kom weer reg om te skiet en hy stuur nog 'n bolt in die vark se rigting - biedjie verder agtertoe, maar hierdie keer is dit solid vitals en die vark spring daar weg teen 'n helse spoed - gaan 20 yards en slaan neer.

die outjie het 2 x 480 gn pyle gevat om hom neer te trek, 1 pyl het gebreek en albei broadheads was weg.

https://www.dropbox.com/home#!/lightbox/home/Photos/DJ%20se%20fotos/DV%20vark%20kiekies

https://www.dropbox.com/home#!/lightbox/home/Photos/DJ%20se%20fotos/DV%20vark%20kiekies

https://www.dropbox.com/home#!/lightbox/home/Photos/DJ%20se%20fotos/DV%20vark%20kiekies

Hoop die fotos kom reg uit
DJ
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: European wild boar

Post by Spanner »

Jammer DJ, kan nie die fotos sien nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
DJ V
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Fri May 03, 2013 4:34 pm

Re: European wild boar

Post by DJ V »

So gedink

sal plan maak vandag

Dropbox..
DJ
DJ V
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Fri May 03, 2013 4:34 pm

Re: European wild boar

Post by DJ V »

Hier is die fotos van die wild boar
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
DJ
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: European wild boar

Post by Gerhard »

Ja nee!!!

Daai is n mooi size bacon!!

Jy al gehoor hoe blaf die bere soos n boerboel???
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: European wild boar

Post by DWB »

Baie Mooi!!!!!!

Dis 'n meneer vark!!!!

Ek sien jy soek nog 'n uitstekende kaliber ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: European wild boar

Post by Freek »

Baie geluk manne!

Moet byvoeg, daai varke se vleis is besonders lekker. Weet nie hoe proe ou bere nie maar kan getuig dat ek nou die dag so stuk of ses mideljarige soggies en jong speenvarkies gelaai en bewerk het. Uit die boonste rakke... kan helemal verstaan hoekom Obelix se fizique so vol rond was - hierdie varke was mos sy stapel voedsel - somaar so op die spit.
Post Reply