S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.....

User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.....

Post by pietjacobs »

Ek is sommer gatvol, maar nou ja, dis seker my eie skuld. Ek weet ons almal is lief vir S&O, maar shop maar rond. Ek het vir my 'n die set gekoop by S&O vir die 223. Die man offer toe vir my 'n Lyman set vir R600. Ek se nogals vir die man dat die prys klink bietjie rof, want ek het net so paar maande terug vir my .270 RCBS maar R510 betaal. Die man se die prys is die prys en begin sommer 'n ander ou hier langs my te help. Nou ja, ek koop toe maar die "die set". Die week toe koop 1 van my vriende presies dieslefde "die set" vir R375 op huntonline. (http://www.huntonline.co.za/products/vi ... Sets-Rifle)

Ek is nou lekker suur vir myself, en dis nie die 1ste keer dat S&O my so indoen of so misluk is met 'n mens. Ek verstaan hulle is besig, maar die man het nie eers vir my 'n ander die set maak aangebied, soos LEE of REDDING nie. Dis net van vat jy hom of los jy hom.

Ek het ook al gesien, as jy iets duurders gaan koop soos 'n geweer of scope, dan help hulle jou mooi. Ek self het net so 4 weke terug 'n geweer gekoop by S&O.

S&O ek hou nog steeds baie van julle winkel, maar die kleiner goed gaan ek maar in die vervolg eerder by die klein handelaars koop en ek weet ek word mooi gehelp en kan staat maak dat ek goeie raad ook gegee sal word.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by BRNO (Pierre) »

pietjacobs wrote:Ek is sommer gatvol, maar nou ja, dis seker my eie skuld. Ek weet ons almal is lief vir S&O, maar shop maar rond. Ek het vir my 'n die set gekoop by S&O vir die 223. Die man offer toe vir my 'n Lyman set vir R600. Ek se nogals vir die man dat die prys klink bietjie rof, want ek het net so paar maande terug vir my .270 RCBS maar R510 betaal. Die man se die prys is die prys en begin sommer 'n ander ou hier langs my te help. Nou ja, ek koop toe maar die "die set". Die week toe koop 1 van my vriende presies dieslefde "die set" vir R375 op huntonline. (http://www.huntonline.co.za/products/vi ... Sets-Rifle)

Ek is nou lekker suur vir myself, en dis nie die 1ste keer dat S&O my so indoen of so misluk is met 'n mens. Ek verstaan hulle is besig, maar die man het nie eers vir my 'n ander die set maak aangebied, soos LEE of REDDING nie. Dis net van vat jy hom of los jy hom.

Ek het ook al gesien, as jy iets duurders gaan koop soos 'n geweer of scope, dan help hulle jou mooi. Ek self het net so 4 weke terug 'n geweer gekoop by S&O.

S&O ek hou nog steeds baie van julle winkel, maar die kleiner goed gaan ek maar in die vervolg eerder by die klein handelaars koop en ek weet ek word mooi gehelp en kan staat maak dat ek goeie raad ook gegee sal word.
Moes seker vrek sleg gewees het toe die verkoopsman sy 9mm teen jou kop druk en vir jou aanse om die strokie te teken. Ek sou ook vies gewees het daaroor. >:D >:D >:D
Veiligheid eerste manne!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by PWV »

pietjacobs
Ek het nie 'n studie van al die pryse gemaak nie, maar dit wil vir my voorkom of "what you lose on the swings, you gain on the roundabouts".

Prys van 7 mm Sierra MatchKing-koeëls:
By S&O: R460.00
By Huntonline: R615.00

So, die storie is, soos jy sê: Kry vooraf kwotasies.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by mariusr »

Ja party goed is duur by SO maar ander goed weer billik herlaai toerusting is vir my ook te duur by SO! Het vir die .22. Staal teiking gesoek met ronde swaai gonge op R290 by SO en R400 by Zimbi! Koop toe by SO ! Maar die gesegte se Shop around onthou Landmark is ook nou in Pretotia goeie ptyse daar!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Pvdw »

Piet ek het ook al amper daai stel afgetrap by S&O, maar so ook by ander plekke.

Ek soek nou doppe vir my 6.5X55 en S&O se pryse daarop is weer nie sleg nie 8)

Wat diens aan betref het ek al gesien waarvan jy praat maar waar sien mens 'n winkel met soveel werknemers wat elke dag op en top is??

As diens pla sou ek sê kontak vir Stef en ek glo hy sal dit opneem ;)

Peet
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by cassie_calvinia »

wat ek hou van hulle, in stellenb is oom hendrik gee goeie raad. wou al iets gekoop het, toe raai hy my af, en verkoop toe iets wat amper die selfde is, net ander pad, en heelwat goedkoper.
vir daai kennis, sal ek 100 meer betaal.
maar, groot goed shop mens maar rond
HOU HOM DAAI DIKTE
immelmanw

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by immelmanw »

Ek sien ons Lyman DPSIII is so biejie goedkoper.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Arnold »

bargain ...
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Nico Harris »

Wou 4 dae voor huntex vir my n nuwe savage lrp gekoop het in 243win. Het met 2 manne daar gepraat. Wou die geweer , rail en ringe koop. Ek is gese om vinnig te besluit want na huntex is daar niks oor nie. Na 3 telefoon oproepe en n e-pos en geen antwoord nie het ek dit toe maar elders gekoop vir R1500 goedkoper. Ek het ook altwee manne met wie ek gepraat het laat verstaan dat sodra ek n e-pos met n totaal het doen ek ontmiddelik die eft....die ouens het seker genoeg besigheid.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Beretta »

Manne
Kom nou net van SO af wou twee goed koop altwee op die website maar geen stock in hulle winkel nie. Sorry Peet ek moes maar een van jou gonge gekoop en bestel het dan het ek dit darem al gehad wou n Buck mes koop paklite hunter maar die kennis is maar min daar van twee manne af. Maar my geld het toe darem in my sak gebly.
Beretta
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Johan JvR »

Manne, ek praat namens myself en my ondervinding van S&O in die Kaap (ek bel en e-mail hulle gereeld).

Ek het, soos ek hier sit, regtig niks om oor te kla nie.

groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Arnold »

Indien ek iets het om oor te kla vat ek dit met die bestuur op en gee hulle die geleentheid om dit reg te stel.
Ek doen meeste van my besigheid per epos deesdae en is baie dankbaar vir Lizette se geduld en moeite. Ek is dankbaar dat daar wel n winkel soos S&O hier in die kaap is!
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Johan JvR »

Ag nee man Arnold, ek wou nou juis nie Lizette se naam noem nie. Sy is my persoonlike assistent !! ha-ha
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Ponkie »

Arnold

Tannie zettie is Koning!

Groetnis
Ponkie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Carl »

Nel Fourie kan ook nog lekker 'n order rol skop. Ek het nou die dag klomp dinge by hom bestel. Die Saterdag net ingeloop my bestelling gekry en toe nog 'n paar $$ gedrop.
Julle moet in ag neem die $$ produkte kom nie almal teen dieselfde koers in die land in. Sommige ouens het ou voorraad, dus kan hulle noodwendig goedkoper wees.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Ponkie »

Carl wrote: Julle moet in ag neem die $$ produkte kom nie almal teen dieselfde koers in die land in. Sommige ouens het ou voorraad, dus kan hulle noodwendig goedkoper wees.
Carl

BAIE waar!

Groetnis
Ponkie
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by JPS »

Ek het voorheen ook teleurstelling uitgespreek oor die Website maar dit het gebeur in 'n transit periode. My persoonlike ondervinding die laaste paar maande het ek net fantastiese diens gekry. Willem het ver uit sy pad uitgegaan om me te asisteer op meer as een geleentheid. Lizette het ook nog net goeie vinnige diens gelewer. Het produk Vrydag betaal en dit is vandag afgelewer sonder onkoste op 'n oornag express aflewering. In teendeel ek het gemail vir tracking nommer toe word dit al afgelewer.

my ondervinding sover.

mooiloop
JP
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by blaser »

ek hoor s&o het n nuwe naam safari & outprice
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Carl »

Ek dink hulle is nog die goedkoopste op Somchem. Sien die Kr$$$vat vra R100 meer vir S365.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
kreef
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Thu May 02, 2013 10:42 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by kreef »

Ek moet se ek het nog net puik diens gekry by S&O. Maar ek moet by se dat ek ook die tipe mens is dat as ek swak diens kry gaan ek dit daar en dan met 'n bestuurder uitklaar. Wat pryse aanbetref is dit goed om rond te shop maar sover het ek met die toerusting wat ek gekoop het goeie pryse gekry. Net my 2c.
.375 Ruger Howa
.45 Colt 1911
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Stefan764 »

remington wrote:ek hoor s&o het n nuwe naam safari & outprice

Haha! Hallo oom Frans! Gewonder wanneer kom maak jy ook n draaitjie hier op die post ;D

Manne, ons almal maak foute en ons is verseker op sommige produkte duurder as ander, en daar lei verskeie faktore daarnatoe. Wisselkoers, ou of nuwe voorraad ens. Ook wys daar partykeer goedjies in voorraad wat nog in die Kaap is of reeds uitverkoop is. So werk n retailwinkel maar, sal altyd n foutjie of 6 insluip, hoe groter jou besigheid hoe meer die kanse op foute, maar nou ja, man mag nie verskonings maak nie, ons moet kyk dat die dinge reg hardloop.

Enige probleem, mail my asb direk, ek kom as ek op kantoor is binne n uur of twee terug na n e-pos. stefan@so.co.za

Groetnis manne
Stefan
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2468
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Nico Harris »

My probleem is meer dat julle nie terug kom na mens toe as julle se julle gaan so maak nie. Boonop het julle my nog aangejaag ook. Groete Nico
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by Eugene »

Stefan764 wrote:
remington wrote:ek hoor s&o het n nuwe naam safari & outprice

Haha! Hallo oom Frans! Gewonder wanneer kom maak jy ook n draaitjie hier op die post ;D

Manne, ons almal maak foute en ons is verseker op sommige produkte duurder as ander, en daar lei verskeie faktore daarnatoe. Wisselkoers, ou of nuwe voorraad ens. Ook wys daar partykeer goedjies in voorraad wat nog in die Kaap is of reeds uitverkoop is. So werk n retailwinkel maar, sal altyd n foutjie of 6 insluip, hoe groter jou besigheid hoe meer die kanse op foute, maar nou ja, man mag nie verskonings maak nie, ons moet kyk dat die dinge reg hardloop.

Enige probleem, mail my asb direk, ek kom as ek op kantoor is binne n uur of twee terug na n e-pos. stefan@so.co.za

Groetnis manne
Stefan
Dis ongelukkig 'n realiteit en dankie dat jy dit erken en bereid is om te werk daaraan! :)

Dis lyk my dis net die manne wat kla, wat self foutloos is... ;)
Last edited by Eugene on Tue May 07, 2013 12:12 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by blaser »

stefan
nou waaraan het ek die eer te danke dat jy oor my wonder
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: S&O se pryse is maar rof op party produkte en die diens.

Post by the kid »

Arnold wrote:Indien ek iets het om oor te kla vat ek dit met die bestuur op en gee hulle die geleentheid om dit reg te stel.
Ek doen meeste van my besigheid per epos deesdae en is baie dankbaar vir Lizette se geduld en moeite. Ek is dankbaar dat daar wel n winkel soos S&O hier in die kaap is!

+1 Hier in DBN sukkel ons maar om goed te kry, en S&O se website maak dinge vir my baie makliker, Lizette is TOPS.

Bygese.... ek sal vreeslik graag kans wil kry om self in die winkel te kan rondstap.
Post Reply