Herlaai waar begin ek

Post Reply
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Herlaai waar begin ek

Post by RUPERT »

Hi MANNE

Ek is beesig met die ladings wat in die somchem boek gegee word maar weet dat dit net n ruglyn is.Ek wil vir my cz 30.06 laai.Ek wil die volgende doppe,primers,kruit en pute gebruik.

Punte: Nosler accubond 180gr
Dop: PMP klaar eenkeer geskiet
Primer: CCI 200 (BR2)
Kruit: S 365 (wat stel jy voor moet ek eerder gebruik)

Waar begin ek met die ladings om die sweetspot op die einde tekry?Werk ek vanaf die Somchem boekie se leesings op die PMP LADINGS of wat stel julle voor

Ek luister.Dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by tripodmvr »

My hoof aanbeveling sou wees om 'n ervare herlaaier te kry om jou te help. As jy dit nie maklik kan regkry nie gaan as volg te werk.

1. Maak seker jou doppe is hervorm en dat jy die slagdoppe behoorlik ingesit het dat hulle onder die vlak van die gat is en nie uitsteek nie.
2. Laai die minimum lading volgens Somchem 47,7gr S365.
3. Maak jou TPL = maks TPL - 0,5mm
4. Laai 3 patrone en skiet hulle oor 'n chronograaf en kom gee ons die resultate hier.
5. Neem 'n gevuurde dop uit jou geweer en bepaal die gewig water wat daarin kan gaan.

Nou kan iemand vir jou ladings en spoed vir die nodes gee. Quick Load sal alles bereken as jy die nodige data voorsien.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by RUPERT »

Dankie Tripod

Om die TPL uit te werk volgens my geweer is ek gese om die ronte wat ek mee wil laai in my geweer se landing(nie seeker oor terme) in tesit en met my rod saggies in die loop in te druk net genoeg dat die loop die put vas hou.Dan vat ek die rod wee en druk hom voor in die loop in todat die rod die put van die ronte raak en maak n merk op die rod.Daan haal ek die punt weer uit die loop en sit net die slot terug en maak die slot toe sonder om die sneller te trek.Vat weer die rod en druk hom tot teen die slot en maak weer n merk.Vat die lengte tussen die twee lyne minus een milimeter en die ruseltaat sal my TPL wees.

Stem jy saam.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai waar begin ek

Post by BRNO (Pierre) »

Rupert, om te begin herlaai moet jy ten minste drie keer deur die herlaai afdeling lees, ten minste die gedeelte waar tips en wenke uitgedeel word. Dan het jy al n vrek goeie basis om van te begin. Ek het dit gedoen, n goeie herlaai handleiding gekoop en gelees, en alke Die stel, en aanwysings saam met my herlaai stel bestudeer.

Wanneer jy dit alles gedoen het, kry iemand om saam met jou te begin laai, of kom maak seker hier op die forum.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by tripodmvr »

Dit is 'n baie bruikbare metode en miskien nie die akkuraatste nie. Vergeet van die 0,5mm en maak dit dan 1mm soos aanbeveel. Ek wil net verhoed dat die koeël die lande raak en dan drukprobleme veroorsaak.

Ek het vir al die verskillende koeëls wat ek gebruik sulke TPL lesings bepaal en dit in 'n Excel dokument gestoor. Jou TPL wat jy wil gebruik is dan dadelik bekend. Jy sal dan nooit dit te lank maak nie - die lande brand weg met tyd en die sprong na die lande sal dus langer word en nie verkort nie.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by RUPERT »

Dankie

Nog n probleem wat ek het is wanneer ek my doppe diprime en size gaan die dop nie heeltemal in die Die in daar is +- 10mm tussen die shelholder en die onderkant van die Die.As ek die die opstel volgens die RCBS Manual is dit of n mens teveel druk opsit en die dop hak vas.Ek het die die al goed skoon gemaak en sien geen merke of hak plekke nie maar kry nie die dop in op sy volle lengte nie.Wat kan ek doen
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by Jean Marais »

Hallo Rupert

By gebrek aan eerstehandse hulp van iemand in jou omgeweing, kan jy miskien na hierdie video kyk as bykomende hulp. Ek dink jou matrys (die) is dalk nie reg opgestel nie. Hierdie video behoort meeste van jou vrae te antwoord.

Hoop dit help.




en nog een:




Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Herlaai waar begin ek

Post by FCLoretz »

Rupert,

My offer staan nogsteeds dat ek jou sal help. Ek bly wel in Roodepoort. Maar jy is meer as welkom om enige tyd by my te kom kuier dan sal ek help. Ek weet Grumpy het aangebied om jou ook te help, hy is Benoni. maar al sy herlaau goed is in bokse op die stadium.

Skree as jy hulp nodig het.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by RUPERT »

Hi Fc

Dankie ek sal jou beslus kom sien en pla ek moet net gou my sizer Die vervang die een wat ek het werk nie soos die manual se hy moet en ek wil nie kaans vat met dit nie maar sal jou kontak sodra ek reg is.

Groete
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Herlaai waar begin ek

Post by FCLoretz »

RUPERT wrote:Hi Fc

Dankie ek sal jou beslus kom sien en pla ek moet net gou my sizer Die vervang die een wat ek het werk nie soos die manual se hy moet en ek wil nie kaans vat met dit nie maar sal jou kontak sodra ek reg is.

Groete
wat is fout met jou sizer die?
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Herlaai waar begin ek

Post by RUPERT »

AS ek hom in die press indraai ssos wat die manual se kry ek dat die die die ou primers uitdruk maar wil nie die dop heeltemal laat ingaan nie.Daar is +- 10mm spasie tussen die shell holder en die onderkant van die Die oor en ek kan voel daar is heeltemal teveel druk teenwoordig.Dan is dit ook of die dop vas sit in die Die.Ek moes die laaste dop wat ek probeer in press het uit slaan van bo deur die Die.Ek het ook seeker gemaak dat die dop en Die behoorlik geloob is voor ek dit gedoen het.Die Die is nie n nuwe een nie ek het hom by iemand gekry maar ek dink daar was fout met die daai van die woord go af.Ek het ook die Die by die bloumeul gehad en die man het vir my gese hy sien niks fout met die Die nie.
Post Reply