Hoekom op die baanskiet en oefen
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Hoekom op die baanskiet en oefen
Ek het nou al 'n greuime tyd gesit en wonder wat is die waarde van oefen op die baan papier teikens, papier bokke, gonge en meestal groepe skiet.
Die grootste ding waarna ek bly terug keer het is dat dit mens streef na beter skiet akkuraatheid en om aan die einde van die dag meer eties te jag. Ek voel ook dat om groeperings te skiet is nie 'n "bragging Right" oor wie die kleinste groepering kan skiet nie, maar wel 'n strewe na die konstante akkurate skootplasing.
Om papier bokke te skiet, help met beter skootplasing sodat jy weet dat as jy in die veld is kan jy meer gerus is oor waar die vitals is op daardie spesifieke bok. Daar is egter een ding wat mens in gedagte moet hou en dit is dat die bokke in die veld lewendig is en rond beweeg, Hulle is nie van papier gemaak nie en staan nie altyd stil nie.
Wat ek egter 95% van die tyd is dat almal altyd van die skiet banke af skiet. Hulle skiet bitter min vanuit verskillende veld posisies. Ek het nog nooit 'n skiet tafel in die veld gesien nie. Ek dink dit is bitter belangrik om vanaf 'n skietbank te skiet as mens lading ontwikkeling doen, maar nadat lading ontwikkeling en teleskoop ingestel is moet dit is as verbode gesien word om te oefen vanuit die skiet bank.
Jag groete
Frederick

- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Ek stem 100% Frederick en het myself ook voorgeneem om slegs van die bank af te skiet wanneer ek ladings toets of teleskoop stel. Verder gaan ek voortaan elke geleentheid op die baan gebruik om my skiet-vernuf vanuit verskillende jagposisies te oefen.
Groetnis
Groetnis
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Frederick
Jy het 'n baie geldige punt beet. Vir my gaan skietbaan oefening net oor 1 ding nl om my geweer te leer ken, en absoluut vertroud te raak met sy koeëlbaan. Vir 'n ver skoot het mens meeste van die tyd meer tyd beskikbaar om 'n goeie aanlêposisie in te neem, omdat die bok nie noodwendig van jou weet nie. Dis die nader skote wat kan lol, waar baie beperkte tyd beskikbaar is, en waar vinnige besluite geneem moet word. Ekself skiet so van tyd tot tyd met die skietstokke of tweepoot vanuit verskillende posisies, veral die week voor die jag.
Hoe maak jy in jou voorbereiding?
Groete

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Jean, Ek moet eerlik wees en vir jou se dat ek uit die bank uit skiet en ek voel half voorbereid vir die opkomende jag.
Die groot ding wat my laat begin dink het was die feit dat mamma die jaar haar eerste bok gaan skiet. En ek wil nie he sy moet onvoorbereid wees nie, so dit is om haar te kry om uit verskillende posisies te kan skiet en gemaklik is met daai posisies.
Die groot ding wat my laat begin dink het was die feit dat mamma die jaar haar eerste bok gaan skiet. En ek wil nie he sy moet onvoorbereid wees nie, so dit is om haar te kry om uit verskillende posisies te kan skiet en gemaklik is met daai posisies.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
As mamma haar eerste bok gaan skiet, moet sy eerstens 100% vertroud weer met haar geweer, en nie bang wees vir terugskop ens ens. Tweedens sou ek sê dat redelike groeperings vanaf bankskiet die volgende prioriteit behoort te wees, dit bou vertroue. Laastens skiet oor skietstokke en tweepoot (as jy het).
Ek glo egter sy't die eertse twee reeds goed onder beheer, so al wat oorbly is die moeilikste deel.
Sterkte
Ek glo egter sy't die eertse twee reeds goed onder beheer, so al wat oorbly is die moeilikste deel.
Sterkte
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Sy is vertroud met my geweer. Moet nog hare koop. Sy weet wat die terugskop doen en skiet 1" groepe oor 100m.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Dis maar wwarom baie jagters skiet stokke saam dra of die naaste boom soek vir dooie rus ons is nie so goed geoefen om net uit die vuis of ander posisies te skiet die bokke is duur en jy wil nie droog maak nie
!!
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
FC
As ons so na mamma se groepe kyk, dan verstaan ons nou hoekom jy so gehoorsame mannetjie is

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
FC, vir my gaan dit om die dinge wat jy in die veld die belangrikste ag oor en oor te oefen nl. kry jou geweer in jou skouer, teiken in die scope, en jou geweer op die plek waar jy wil skiet. Dit oefen ek sommer lekker met die .22. Wanneer ek nie ladings toets nie, skiet ek gonge, papier bokke wat op A1 gedruk is om dit moeiliker/kleiner te maak, en dan teikens ook. Toegegee ek skiet meeste van die sak af, maar ek druk myself om dit vinniger en vinniger te doen, sodat wanneer dit nodig is in die veld ek nie nog n kol en n kruishaar en n ens ens eers moet soek en dan wil skiet nie. Ek moet eindlik maar meer oor die stokke en ander posisies ook oefen.
Soos jy weet het my vrou verlede jaar haar eerste bok geskiet. Haar voorbereing was ongeveer 70 skote op die baan, waarvan feitlik almal na n papierbok was, en meer as die helfde van skietstokke af was, en dit was ook goed so, want die dag toe sy skiet wil sy nie eers weet van n tak of stomp nie, sy het die geweer op die skietstok gesit, en laat wiel.

Veiligheid eerste manne!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Die heel basiese tegnieke van skiet word aangewend as jy van die bank skiet, maar dit is ook die' belangrikste. Mik met teleskoop (of ander visier dan), asemhaling en snellertrek. As dit outomaties begin gebeur en goeie groepe geskiet word sal dit dan die tyd wees om die veldposisies aan te pak.
Ek probeer om voor die jagseisoen die bosveld en vlakte tabelle van SA Jagters te skiet en as ek goed vaar gee dit die selfvertroue wat so nodig is in die jagveld.
Ek probeer om voor die jagseisoen die bosveld en vlakte tabelle van SA Jagters te skiet en as ek goed vaar gee dit die selfvertroue wat so nodig is in die jagveld.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
jis Riaan, ek is eintlik 'n hooligan en mamma los my maar so 
- Johan22
- Hero Member

- Posts: 524
- Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Ja ek stem dat mens moet oefening kry. Baan skiet laat jou gewoont raak aan jou geweer en soos die ou army tyd die geweer word jou vrou dan. Jy weet as jy nou nie die 200 kan skiet wat jy geoefen het nie dat jy weet waar jou geweer skiet op 250 of klein bietjie verder. Veld skiet is ook belangrik en jy oefen vir dit ook. Jy kan nie gaan Comrades Hardloop sonder oefen nie ne.
Johan22
Johan22
- BenG
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Frederick,
Doen dit, almal doen dit.
Doen dit, almal doen dit.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Die opskrif van hierdie post is: Hoekom op die baan skiet en oefen
1. Ek skiet van die bank af om te verseker ek weet presies wat my geweer, met die ladings en koeëls op verskillende afstande doen.
2. Ek skiet van die bank af omdat dit dieselfde stabiliteit bied as wat ek op die kussings agter op die skietbakkie het.
3. Ek skiet van die bank af om my skietposisie, oogafstand, deurvolg en skootbreking tweede natuur te maak.
4. En as ek in 'n ongewone posisie kom, gryp ek aan die boom voor my of die besemstok wat ek saamdra, en voel dit gladnie ongewoon nie omdat ek net sorg dat my ritueel reg is.
5. Ek skiet so veel as moontlik omdat ek vrek oor skiet!
(Ongelukkig kan ek nie lê en skiet nie a.g.v. 'n bietjie "panel-beating" van my nek - daarom sukkel ek met veldskiete (moet dan op my sy lê en skiet soos 'n ou wat onder 'n bed in loer), want as ek vir die ouens laat weet dat ek nie kan lê en skiet nie, kyk hulle jou altyd skeef aan.)
Lekker skiet!

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Frederick, ek skiet gereeld daar aan die regter kant van die stokke af. Ek moet net voete
vir my gong organiseer dan kom skiet jy hom saam met my. Jou vrou is ook
welkom tot sy beter as ons begin skiet......
vir my gong organiseer dan kom skiet jy hom saam met my. Jou vrou is ook
welkom tot sy beter as ons begin skiet......
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
SA Jag skietoefeninge maak voorsiening dat jy altyd na 'n minder stabiele posisie kan oorslaan as dit jou nie pas nie. As jy nie kan lê nie kan jy sit, kniel of staan - jou keuse. By kniel of sit kan jy dan kies om te staan. So vind geen oormatige bevoordeling plaas nie en word vir fisiese gebreke voorsiening gemaak.Pieter Willem Vorster wrote:Die opskrif van hierdie post is: Hoekom op die baan skiet en oefen
1. Ek skiet van die bank af om te verseker ek weet presies wat my geweer, met die ladings en koeëls op verskillende afstande doen.
2. Ek skiet van die bank af omdat dit dieselfde stabiliteit bied as wat ek op die kussings agter op die skietbakkie het.
3. Ek skiet van die bank af om my skietposisie, oogafstand, deurvolg en skootbreking tweede natuur te maak.
4. En as ek in 'n ongewone posisie kom, gryp ek aan die boom voor my of die besemstok wat ek saamdra, en voel dit gladnie ongewoon nie omdat ek net sorg dat my ritueel reg is.
5. Ek skiet so veel as moontlik omdat ek vrek oor skiet!
(Ongelukkig kan ek nie lê en skiet nie a.g.v. 'n bietjie "panel-beating" van my nek - daarom sukkel ek met veldskiete (moet dan op my sy lê en skiet soos 'n ou wat onder 'n bed in loer), want as ek vir die ouens laat weet dat ek nie kan lê en skiet nie, kyk hulle jou altyd skeef aan.)
Lekker skiet!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Dit is juis die punt! Lê is 'n stabiele posisie en omdat ek nie kan lê nie, word ek gepenaliseer deurdat ek van 'n minder stabiele posisie gebruik moet maak! Dit is benadeling.tripodmvr wrote:SA Jag skietoefeninge maak voorsiening dat jy altyd na 'n minder stabiele posisie kan oorslaan as dit jou nie pas nie. As jy nie kan lê nie kan jy sit, kniel of staan - jou keuse. By kniel of sit kan jy dan kies om te staan. So vind geen oormatige bevoordeling plaas nie en word vir fisiese gebreke voorsiening gemaak.Pieter Willem Vorster wrote:Die opskrif van hierdie post is: Hoekom op die baan skiet en oefen
1. Ek skiet van die bank af om te verseker ek weet presies wat my geweer, met die ladings en koeëls op verskillende afstande doen.
2. Ek skiet van die bank af omdat dit dieselfde stabiliteit bied as wat ek op die kussings agter op die skietbakkie het.
3. Ek skiet van die bank af om my skietposisie, oogafstand, deurvolg en skootbreking tweede natuur te maak.
4. En as ek in 'n ongewone posisie kom, gryp ek aan die boom voor my of die besemstok wat ek saamdra, en voel dit gladnie ongewoon nie omdat ek net sorg dat my ritueel reg is.
5. Ek skiet so veel as moontlik omdat ek vrek oor skiet!
(Ongelukkig kan ek nie lê en skiet nie a.g.v. 'n bietjie "panel-beating" van my nek - daarom sukkel ek met veldskiete (moet dan op my sy lê en skiet soos 'n ou wat onder 'n bed in loer), want as ek vir die ouens laat weet dat ek nie kan lê en skiet nie, kyk hulle jou altyd skeef aan.)
Lekker skiet!
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Ek het gister bietjie op donkerhoek die 375 Ruger gaan speel.Bietjie van die bench af en die res uit die vuis.Moet se daai oefeninge help jou vertroud raak met jou wapen.As hy die regte lading het en ingestel is moet n man mos skiet soos dit in die veld gebeur...........skouer bietjie lam na die 40 skote vir die dag maar die hart voel gereed vir aksie
Groetnis
Groetnis
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Ek vat 'n vriend saam om volgende week saam met ons te gaan springbok jag.
Hy het die 243 van sy Pa ge-erf en het gister die eerste keer daarmee geskiet met ammunisie wat sy Pa vir R4,60 'n pakkie betaal het. Ek was bly dat Oom Pieter daar was om die man 'n paar pointers te gee.
Hy het sommer gou gou 'n duim groepering op 100 m geskiet.
Uit einde: Ek is gerus, want man en roer kan en hy het selfvertroue.
Op die foto is Oom Pieter besig om klas te gee.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
7mm het weer hierdie foto gesteel. Die ditsem-se-datsim!
Darem nie heeltemal waar dat ek hier lesse gee nie! Hier het ek maar net deur die "grand" teleskoop gekyk. Ek dink dit is nie die gemaklikste skietposisie wat daar is nie. Kop reguit agter teleskoop is beter.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Ek het grootgeword om te skiet meestal uit die vuis uit ek is baie vertroud daarmee omdat ek dit nogsteeds baie oefen veral met die .22 en windbuks. Om daarna van 'n rus af te skiet is kinder speletjies. Nie dat ek wereld brekende rekords skiet nie
Maar as jy weet jou geweer is in begin skiet bietjie uit die vuis en van daar van 'n rus af doen dit net eenkeer net om die verksil te sien. Want dit is presies wat in die veld gaan gebeur jy gaan meestal veral in digte bosveld uit die vuis uit moet skiet en vinnig ook want die diere staan nie still nie. Moet ook nie op 100 meter uit die vuis probeer skiet nie veral as jy nie gewoond is daarin nie. Maar begin op 25m dan 40 en 50 en kyk maar hoe jy doen en as jy voel jy is reg pak om aan op 100 meter.
Wat baie mense vergeet om te oefen is daardie 2de opvolg skoot en om reg te wees daarvoor. Sit teiken op op 30 meter en probeer so vinnig as moontlik na die eerste skoot kyk of jy 'n 4 duim sirkel kan raakskiet vat jou tyd en kyk of jy kan verbeter.
Dit is waar die Big Bore association shoots en Safari Outdoor se big game shoots die manne uitsif wie sy geweer ken en die wat hulle gewere moet leer ken.
As jy nie 'n .22 of windbuks het nie kry vir jou ene dit is goedkoop oefen en skiet en so kan jy maklik 100 skote skiet voor jy ene skiet op 'n regte dier en met gerus daardie kruishaar op jou teiken gooi en jou skote kan roep.
Net my 2 sent

Ek oorweeg dit om vir my 'n Daisy Lever Action te kry en dan uit die heup te oefen soos die cowboys.

-
Danie Lombard .243
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Hoekom op die baan skiet en oefen?
Baie goeie vraag of is dit 'n dom vraag?
Ek en my vrou bestuur die afgelope 10 jaar die Vrystaat Sandveld tak van SAJWV. Ons het 'n punte boek van elke maand se skiet aktiwiteite van lede wat deelneem van die laaste 10 jaar. Ek kan julle verseker dat almal die skiet vernuf optmaal verbeter het in die 10 jaar wat die lede deelneem aan die maandelike skiet dae.
Nou iets interesant. Al die lede wat se name en punte in die punte boek verskyn was reeds jagters gewees toe hulle aangesluit het by die tak. Dus kon hulle goed genoeg skiet om te kon jag. Suksesvol jag. Nou na die maande en maande en tyd gespandeer op die skietbaan is hulle skiet vernuf sommer lig jare beter.
Ek weet en die lede beaam dit dat sedert hulle deelneem aan die baan skiet aktiwiteite hulle ook beter skote skiet tydens jag ekskursies. Afstand skat is nie meer so 'n kop krap nie. Daar is teveel voordele om op te noem.
Hoekom om die baan skiet en oefen? Want dit maak van jou 'n beter skut.
Jhb of Pta het 'n binnehuis skietbaan. Vriend van my wat in Pta woon was op 'n dag klompie jare gelede by die baan gewees vir scope instel voor 'n bos jag trip. Daar kom 'n knaap aan en sit vir hom 'n teiken op van 'n bok. Die knaap trek los en skiet as ek reg kan onthou 3 skote. Die skote was baie vrot geplaas en het orals op die teiken gertef. Die knaap gaan haal sy teiken af en is baie trots op sy vermoe. Hy se toe hard sodat almal hom kan hoor "die naweek k&k die bokke een vir een!"
Is dit die soort jagter wat jy wil trakteer op jou plaas?
Moet nooit dink jy, ek, hy of wie ookal is die beste skut nie, daar is altyd iemand iewers wat beter skiet.
Besoek maar liefs gereeld die skietbaan en bly oefen. Jy sal verbaas wees hoe gou mens uit oefening raak met skiet vernuf.

- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Ek oefen wnat ek skiet nie natuurlik goed nie. Ek raak so gatvol vir my vriende wat voor die jag 2 pakkies patrone koop en dan skiet hulle sommer so 3 skote voor die jag en dan jag hulle lekker. (miskien maak ek te veel van die saak)
Elkgeval ek jag te voet en sonder bipod en geniet dit om bome, klippe of bosse te gebruik om te skiet. Ek het my eie skietbaan en bank op die plaas, maar deesdae skiet ek net veld posisie self vir lading ontwikkeling met die .375 Ruger Saterdag kon ek so met lading ontwikkeling 24mmm, 32mm, 35mm groepe skiet en toe vergeeet ek dus nie my .243 win nie toe gee hy my bietjie pak.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Picture022_zps3c1617fc.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Picture023-3_zps9bf80f04.jpg
My bril het my oogbank gered
Ek het 3 weke terug 5 springbokke gaan skiet in die Karoo. Ek het Walk en stalk gejag en het 5 bokke met 5 skote geskiet in so 6 ure. My eerste bok was nekskoot op 341m ek het lekker agter 'n klip gaan le en die skoot het bekend gevoel aangesien ek gonge op my skietbaan tot op 400m skiet. My vriend het gerange en ek het presies geweet waar om te mik en die BDC merkie wat ek moet gebruik. Die skoot het geklap en my jagvriend wat al vir 7 jaar elke jaar 2 keer saam met my jag was verbaas. Ek moet se dit het goed gevoel om dit te kon doen met vertroue.
As kind het ek en my pa redelik vasgesit op 'n jag in Koes, Namibie toe hy my splinternuwe 243 in my hand stop en my laat skiet op 100 op 'n boks ek het so bont geskiet en hy kon dit nie verstaan nie. Ek was daarna amper nie lus vir skiet nie. Simper voorbeeld, maar partykeer verwag ons om wonderbaarlik net goed te skiet omdat jou pa in army was of jou oom 'n Springbok skut is. Ek het altyd windbuks en .22 geskiet sommer baie, maar het slegte gewoontes aangeleer wat lank geneem het om te verbeter. Tweedens kom meeste handvaardigheid goed(bike, boot, vlieg,grondverskuiwings majiene) vir my baie natuurlik in die lewe, skiet is toe nie een van hulle nie.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Hoekom op die baanskiet en oefen
Tau
Die 375 Ruger is ma n ander katjie..................Ek geniet hom gate uit. Oefen ma genoeg is nooit n slegte ding nie. Jammer oor die bril