Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post Reply
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by uitenwaj »

Ek vra onverskoning as daar al so iets gevra is maar kon dit nie kry nie of ek kyk in my eie oog lede vas. :o

Ek het nog nooit in Namibia gaan jag nie nog net gaan vakansie hou en wil graag in 2014 daar gaan jag. Is dit die moeite werd om in Namibia te gaan jag en indien wel hoeveel moet jy skiet om dit die moeite werd te maak en is daar n beperking oor hoeveel vleis jy mag terug bring SA toe? ons sal seker so +- 2 tot 4 jagters wees. Nie seker of ons deur botswana gaan ry of upington om gaan ry nie.

Is dit moeilik om die permitte te bekom en wat is al die kostes verbonde daar aan?

enige informasie sal waardeur word en jag plekke se kontak besonderhede sal baie help.

groete
Arno
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by FHM »

Arno, lede wat nogal redelik gesout is en kennis het oor die uitvoer van jagvleis is Pieter Vorster en ek glo ook Francois Marais (FM)(Mod) asook Koos (Ex Magnum tydskrif). PM hulle gerus. Jy sal seker net n dag of paar wag vir terugvoer - daai twee manne is besig ;) Anders kan jy die volgende instansies e-pos:

*** Gert van der Walt Hunting Safaris >gvdwhuntingsafaris@iway.na<
*** Lauwater Sud Hunting >fengels@iway.na<
*** wahlwild@yahoo.com

Sterkte! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Carl »

Arno
Ons het al met 2 jagte +- 100 springbokke en so 80 Gemmies geskiet per trip. Ons het als laat terug kom nadat dit verwerk is, maw biltong en wors.

Eestens dit was en bly seker nog een van die BESTE plekke om te jag. Soos jy weet van die forum daardie is baie baie spesiale mense. Nog beter in lewende lywe. Die bier is lekker, die lamsvleis tops en daar is niks soos 'n pypkar wat in rooisand rev nie!! :police:

Permitte kry jy by Dept Veeartseny in Pretoria. Jy betaal (+-R120per jagter in 2011) meer maar dan kan jy groot hoeveelheid vleis inbring. Anders is dit die normale beperking. http://www.nda.agric.za/vetweb/ImportEx ... 012-09.pdf
As jy nie self daar is wanneer dit oor die grens kom betaal jy BTW as invoerder. Dit was met ons die geval, drywer het al die vleis oor gebring. Dan is daar ook die moontlikheid van ander moeilikheid dieskant met die litte daar. 1x wou hulle omkoop geld hê, dis maar Afrika en jy wil die vleis by die huis kry.
Vir die baie groot klomp vleis moet jy deur die groot poste soos Ariams kom.
Onthou reels kan verander veral oor nog 'n jaar.
As jy kon sou ek eerder net deur een grens ry. As jy nou moeilikgeid met vleis en wapens elke keer kry dan is dit net soveel erger.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Carl »

Laat weet wanneer ry ons ;-)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by FHM »

Carl wrote:Arno

Dankie Carl, jy is n regte ou staatmaker (soms... :P )
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by uitenwaj »

Dankie Carl, is jou tasse gepak? :P

ek en my aanstaande swaer wil bietjie daar gaan jag. Ek was al twee keer daar in henties baai en walvis baai se omgewing maar net vir vakansie en ek wil DUIN 7 >:+ gaan wys wie is baas die keer!

Ook gedink om maar daai ent verder te ry en net deur een grens te gaan.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Carl »

Dan skiet jy eers en vra die mense om die biltong te verwerk. Gaan vang vis. Oppad terug laai jy die ligter produk op.

Onthou die manne is nou hiper streng op die vis wat uit gaan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Carl »

Ek het vergeet om te noem. Jy moet ook 'n draai maak by veeartseny in Nam voor jy weer kan terug.
Gaan kyk in die nuwe SA Jagter is daar n bylaag oor als wat jy wil weet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Pelsernj
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Apr 04, 2013 8:29 am

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Pelsernj »

Carl waar in Pretoria is die Dept of Veterinary? Want ek moet ook al my papier werk reg kry vir my Aug jag in Namibia.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Carl »

More
Volgens die webtuiste is dit hoofkantoor:
http://www.nda.agric.za/vetweb/Maps/Delpen%20Map.pdf
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Pelsernj
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Apr 04, 2013 8:29 am

Re: Gesoute Namibia Jagters se advies word benodig

Post by Pelsernj »

Baie dankie, ek waardeer jou moeite.
Post Reply