6mm Punte
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
6mm Punte
Hallo almal
Francois het vir my die raad gegee om my 6mm Musgrave te herlaai met 87gr Vmax punte. Ek gaan more Bloemfontein toe en het rond gebel. Niemand het dit nie. My vraag is wat beveel julle aan. Kan ek enige maak/soort 87gr punte koop? Ek skiet tans met 100gr punte.
Francois, ek hoop jy sien die post.
Baie dankie
Doepie

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 6mm Punte
Doepie01
Wat wil jy skiet met die 87gr???
Groetnis
SJ
Wat wil jy skiet met die 87gr???
Groetnis
SJ
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: 6mm Punte
Hallo SJ
Ek gebruik my 6mm vir Jakkals/Rooikat en dan is dit ook maar my Biltong geweer.(springbok, ribbok ens.)
Groete
Doepie
Ek gebruik my 6mm vir Jakkals/Rooikat en dan is dit ook maar my Biltong geweer.(springbok, ribbok ens.)
Groete
Doepie
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 6mm Punte
Doepie
Die 88gr Bergers behoort ook goed te skiet en is nie so duur nie. Het nognie self dit gelaai nie, maar wil dit probeer as ek inni hande kry. Dit wat ek afly is die goed nogal goed.
Die slim manne kan my maar reghelp as dit nie so is nie
Groetnis
SJ
Die 88gr Bergers behoort ook goed te skiet en is nie so duur nie. Het nognie self dit gelaai nie, maar wil dit probeer as ek inni hande kry. Dit wat ek afly is die goed nogal goed.
Die slim manne kan my maar reghelp as dit nie so is nie
Groetnis
SJ
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: 6mm Punte
Dankie SJ
Sal kyk of ek hulle in die hande kry.
Mooi bly
Doepie
Sal kyk of ek hulle in die hande kry.
Mooi bly
Doepie
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 6mm Punte
Laat weet ons as jy gekry en gelaai het wat hulle maak! Groetnis SJ
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: 6mm Punte
Doepie
My Zim 2c. Ek skiet 'n .243 en laai 6mm 70gr. Noler Ballistic tips. Hulle werk pragtig en is meer verkrygbaar as die res. Probeer hulle, op Jakkals werk hulle baie goed.
Christo
ps: Jy gaan nog kleingeld ook oorh?.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 6mm Punte
Doepie
Ek kan vi jou hier kry, dink R465.00, sonder posgeld, het ek vi Freddie gese, laat weet as ek kan help.
Sierra maak n 85gr Game King, het ook n boat tail, hulle sal ook goed werk.
Ek dink die 70 N B/T wat Christo van praat, gaan bietjie vleisskade gee op jou bokke, hulle loop mooi op die vlekkies.
My 2c........
Mooi loop
Francois

Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: 6mm Punte
Doepie
Jy sal nie n fout maak met die 87g v maxe nie. Het lank 70g blitzkings geskiet en hulle werk ook mooi, hou hulle net in die kop vir bokke. Ek gebruik nou 75g V max punte en sal nie gou verander nie.
Bergers???? As jy wil papier skiet sal hulle werk ma volgens my is dit maar al.

Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: 6mm Punte
Cois
Daai bergers is uitstekend vir die veld ook. Ek het gedink hulle sal nie goed wees nie, toe klits ek n Swartwildebees met n 243 agter die blad met een van die bergers,,, 3-4 tree gedoen en toe is hy plat....
Ook nogal verbasend min vleis skade gehad...EK wiol nou nie se dit was die uitsondering nie, maar ek was nogal nie geskok oor die berger se veld performance nie...meer impress...
Groetnis jb

Shoot straight and tell the truth!
-
Cois
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am
Re: 6mm Punte
JB
Jammer maat dan trek ek my woorde terug, maar ek het die 69g bergers gebruik vir vlekkie maar was glad nie gelukkig nie. Nou ja dis maar net my ondervinding.
Cois
Jammer maat dan trek ek my woorde terug, maar ek het die 69g bergers gebruik vir vlekkie maar was glad nie gelukkig nie. Nou ja dis maar net my ondervinding.
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 6mm Punte
Ek het noudiedag 400 80gr PMP punte gekoop vir R900. Ek weetnie wat my 243 EENDAG - as ek die liksens kry - gaan maak met hulle nie. Hoop dit is 'n belegging
Het al 300 70gr Sierra Match punte ook gekoop. Sal maar kyk waarmee die geweertjie tevrede is.
Ek weet net dat punte - en kruit - een van die dae m*#$se duur gaan wees, so ek stok op
Hein M.

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 6mm Punte
Ek dink die tyd het gekom om vir my maar punte in te voer,die goed hier is al klaar wetters duur. Groetnis SJ
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 6mm Punte
JB
Dink jy jy kan n baie geldige afleiding maak na jy een bok met die punte geskiet het??? Weet ook nie, vra ma net...........

SJ
As jy nie daai punte met n LIFT laat inkom nie, is daar nie veel verskil in die prys as jy shipping en invoer moet betaal nie. Dis ook nie al die shops in US wat wil ship hiernatoe nie.
My 2c.............
Mooi loop
Francois
Dink jy jy kan n baie geldige afleiding maak na jy een bok met die punte geskiet het??? Weet ook nie, vra ma net...........
SJ
As jy nie daai punte met n LIFT laat inkom nie, is daar nie veel verskil in die prys as jy shipping en invoer moet betaal nie. Dis ook nie al die shops in US wat wil ship hiernatoe nie.
My 2c.............
Mooi loop
Francois
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 6mm Punte
FM ek sal maar eers probeer en kyk,weet dis n bietjie moeilik maar kan tog wel gedoen word. n Ander mater voer Nosler Accubonds in vir ek dink n derde van die prys hier als ingesluit,en dit klink mooi. Groetnis SJ
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 6mm Punte
FM ek sal maar eers probeer en kyk,weet dis n bietjie moeilik maar kan tog wel gedoen word. n Ander mater voer Nosler Accubonds in vir ek dink n derde van die prys hier als ingesluit,en dit klink mooi. Groetnis SJ
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: 6mm Punte
Hallo Manne
Baie dankie vir al die raad. Al wat ek toe in die hande kon kry was Sierra se 85gr Boat tail punte. Francois ek neem aan dis die wat jy genoem het?? Nou het ek weer n ander probleem. Die punte wat ek gewoonlik koop het n krimpmerk op en en druk hulle gewoonlik in tot op die krimp merk. Hierdie Sierra punte het geen merk op nie so nou weet ek nie lekker hoe diep om hulle in te druk nie. Moet ek maar die diepte deiselfde hou as op die ander punte, maw ek doen geen verstelling op my die nie??
Cheers
Doepie
Baie dankie vir al die raad. Al wat ek toe in die hande kon kry was Sierra se 85gr Boat tail punte. Francois ek neem aan dis die wat jy genoem het?? Nou het ek weer n ander probleem. Die punte wat ek gewoonlik koop het n krimpmerk op en en druk hulle gewoonlik in tot op die krimp merk. Hierdie Sierra punte het geen merk op nie so nou weet ek nie lekker hoe diep om hulle in te druk nie. Moet ek maar die diepte deiselfde hou as op die ander punte, maw ek doen geen verstelling op my die nie??
Cheers
Doepie
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 6mm Punte
Doep,
As jy vir 243 laai, sorg net dat die oa tussen 68 en 68.8 is. Langer as dit is probleme.
Jammer. Jy het vir FM gevra. Hy sal dalk beter verduidelik.

Last edited by Hein M. on Sat Jun 05, 2010 6:47 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: 6mm Punte
Hallo Hein
Ek laai n 6mm musgrave. Jammer as ek vreeslik stupid klink maar wat beteken "oa". Ek dink ook daaraan om my lading so 37.5gr te maak. het altyd die 100gr punte 37gr gelaai en goeie resultate gekry.
Dankie
Doepie
Ek laai n 6mm musgrave. Jammer as ek vreeslik stupid klink maar wat beteken "oa". Ek dink ook daaraan om my lading so 37.5gr te maak. het altyd die 100gr punte 37gr gelaai en goeie resultate gekry.
Dankie
Doepie
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 6mm Punte
Doepie
Ek gaan probeer verduidelik..................
Jy wil nie he jou punt moet te ver "jump" na die groewe toe nie, so 1mm-1.5mm. Vat n doppie, wat klaar gesize is, moenie n primer insit nie, sny die nek aan twee kante oop, verkieslik met n "Pencil grinder" wat nie te n groot snit maak nie. Vat n punt druk dit met die vingers in die dop se bek in, net genoeg dat dit in posisie bly. Sit nou hierdie dummy round in jou geweer en maak die slot toe, trek dit uit en meet die lengte. Doen dit so drie keer, onthou om elke keer die punt bietjie uit te trek, as jy n gemiddelde lesing het, maak jou patroon nu so 1.5mm korter as hierdie lesing. Vat nu nog n gesizde dop, sonder primer, seat jou punt op die lengte wat jy bepaal het, vat n kers of olie lappie en rook jou punt swart. Baie versigtig chamber jy nou hierdie dummy round en haal dit net si versigtig uit. Aan die onderkant sal jy n blink strepie sien soos die dummy round teen jou ramp uit is, kyk egter vir nog merke, ons wil NIE merke van die groewe sien nie, as jy die vier of ses groewe se merke sien, maak jou punt met nog n .5 tot 1mm korter en toets weer, tot jy nie meer groef merke sien nie. Vat nu hierdie dummy round en skryf met permanente merker op hom, alles wat jy wil onthou. Kruit met gewig, punt en gewig met TPL. As jy dit met al jou punt en kruit kombinasies doen, hoef jy elke keer net jou dummy round uit te ruk en jy het al jou data bymekaar. Skryf maar in jou herlaaiboek ook alles neer, net vir INCASE.
Klink baie omslagtig, maar dit werk maklik en is akuraat genoeg vir jaggewere.
Hoop dit help.................

Baie dankie vir jou raad. Ek waardeer dit.
Lekker slaap
Doepie
Baie dankie vir jou raad. Ek waardeer dit.
Lekker slaap
Doepie
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 6mm Punte
Plesier Doepie, laat weet watse groepe jy kry.
Mooi loop
Francois
Mooi loop
Francois
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 6mm Punte
Doepie,
Francois het - soos gewoonlik - wyse raad gegee.
Die oa is sommer my afkorting vir die "overall length" van 'n klaar gelaaide patroon. Soos Francois beklemtoon het, is dit baie belangrik dat jy by hierdie vinnige 6mm's nie die punt teenaan die groewe wil h? nie omdat tot ernstige drukprobleme lei.
Dit is dan ook wys om met elke gewig punt hierdie oefening te doen.
Hein M.
Francois het - soos gewoonlik - wyse raad gegee.
Die oa is sommer my afkorting vir die "overall length" van 'n klaar gelaaide patroon. Soos Francois beklemtoon het, is dit baie belangrik dat jy by hierdie vinnige 6mm's nie die punt teenaan die groewe wil h? nie omdat tot ernstige drukprobleme lei.
Dit is dan ook wys om met elke gewig punt hierdie oefening te doen.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: 6mm Punte
FM
Baie geldige vraag en ek het net een voorbeeld genoem. Ek het nie hnderde lyfsktote met die bergers gesien of self getoets nie, maar ten minste 15 willebees op een dag gesien en ek het nie gedink hulle is swakker as n ander punt nie, seker nie die ideaal vir jag nie,maar as jy dit gebruik om mee teiken te skiet in kompetisies , dink ek jy sal wel met hulle kan jag ook.
Ek ken nie al die tegniese speks nie, die J4 materiaal waarvan hulle gemaak word ,,is dit harder of sagter as ander koper of tipe materiaal waarvan ander punte gemaak word..
Ek sal hulle nie gebruik vir groot diere nie soos eland en ens nie. want daarvoor is daar doelgerigte uitstekende punte op die mark...Net soo ek 55vmax gebruik op my bonzai 243 ,, jy wete net so goed hoe lyk n glipsie op bv n springbok as jy hom afslag...
Maar ek ken nie die 69 waarmee Cois geskiet het nie, Net soos ek altyd se trust your gun and trust yourself dink ek ek moet so stertjie aanlas trust your ammo...
Dis lekker om tog te verskil en om verskillend opinies te hoor ,, dnakie vir die verskil en saamstem ...dit maak die forum uniek en lekker ..
mooi bly

Hein
Baie dankie. Nou het ek nog n stukkie termnologie geleer. Ek dink ek gaan vir my n "dummy" maak van die 100gr punt sowel as die 85gr punt dan behoort ek nie foute te maak nie. Dis lekker en n voorreg om by julle manne wat weet te leer.