ruik en bekruip

User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

ruik en bekruip

Post by douw »

Goeie naand manne

Soos ons almal weet is reuk een van die sterkste sintuie van wild. Baie manne sal byvoorbeeld "scent control" klere dra, ander weer wil nie met dieselfde klere waarmee hy die dag jag vanaand langs die vuur sit nie. Ander manne wil geen seep gebruik as hulle die aand was nie, maar kom more trek hulle weer vandag se stink gesweete klere aan.

Ruik ons nie elkgeval in die veld mar baie gou na mens nie, dan kan ons mos maar die giffies spuit vir die lastige goggas ens?

Ons moet mos eerder sorg dat ons die wind reg gebruik? Dit wil dan ook vir my sê dat die "scent lock of control" dan eintlik net werk totdat ons soos bandiete ruik na 'n lekker stap?

Groetnis
Douw
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: ruik en bekruip

Post by uitenwaj »

"soos bandiete ruik na 'n lekker stap?"
Val ek nou amper van my stoel af. As ek n uur in daai bosveld geloop het werk niks van daai reuk beheer spuite meer nie.

Ek skop kort kort die sand voor my en sorg dat ek altyd die wind van voor hou en as die wind rigting draai dan draai ek saam
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: ruik en bekruip

Post by Cobus(Cobb) »

As 'n dier jou sigrets, deodorant, sweet, diesel van jou bakkie ens ruik, is hy windaf en dan is jou poef geboek....

Ek weet baie manne rook nie in 'n jakkals stoel nie, baie doen.......so ek glo ook windwerk is die antwoord...as dit moet kan jy 'n decoi brand soos droee drolle of iets...

Wat van hoogte?? In 'n hoe stand, sal jou reuk bo-oor die wild trek??
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ruik en bekruip

Post by Eugene »

Cobus(Cobb) wrote:Wat van hoogte?? In 'n hoe stand, sal jou reuk bo-oor die wild trek??
Ek het verstaan dat wanneer jy hoër as 3 meter van die grond af is, reuk nie meer 'n probleem is nie. Ek het egter ervaar dat dit dalk nie binne 'n 50 meter radius om die hide of stand 'n probleem is nie, maar dat wild wat aankom hide toe, jou tog soms kan ruik! Daarvoor brand jy zebra of ander droë mis!

Toe ek nog gerook het, het ek altyd 'n siggaret aangesteek as die bokke begin inkom hide toe, net om die mensreuk te verbloem en dit het ALTYD gewerk!
Aim small, miss small
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: ruik en bekruip

Post by henried »

'n Vriend van my glo aan Zebra mis....
Iewers in 'n tydskrif gelees van 'n ou wat weer glo in daai groen "coils" muskiet afweermiddel.

As jy W/S is dit moontlik om meer saam met die wind te werk, in 'n hide is jy geakker en moet die wind vat soos hy kom.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: ruik en bekruip

Post by FHM »

Ek is bly die ding het opgekom - ek het al menigte stryery hieroor gehad.

Ek aanvaar elke man se opinie en oortuiging op die aspek, my persoonlike opinie is as volg:

Bokke ruik baie-baie beter as ons manne, en in baie gevalle sien hulle ook beter as ons en hoor beter as ons. Dus as jy in die bos w/s doen is die natuurelemente teen jou en met die bok en sy skerp sintuie. Elk jagter wat ek al in my lewe ontmoet het, het sy eie manier van reuk-kapsie in die bos, sommige aan die uiterste kant is regtig vol stront tot irriterend met al hulle tierlanteintjies en botteltjies spuit / smeergoed en doen goetters, sommige aan die anderkant het weer nie n saak nie. Dan kry jy seker nou maar ons manne in die middel vir wie dit n faktor is maar nie nietig of doodsake is nie.

Maak nie n fout nie - as jy nou-net van oom daantjie se dogter afkom en die kerse is woertoe gebrand daar en jy ruik soos n lafentelhaan, gaan jy n probleem he in die bos te voet - wildsbok ooie se neurostelsel werk anders as homo sapien wyfies s'n en waar die een spesie se ogies sal blink en nader kom as jy so ruik, sal die ander spesie so ver as moontlik wil wegkom van jou en jou vrywater reuk af.

Elke man het maar sy reuk-dingetjie / roetine wat hy volg en wat hy glo vir hom 'geluk bring' in die bos met w/s jag. Dis soos etiket - elke man het sy eie oortuiging en niemand kan iemand vinger wys en sy jou manier of potion is beter as n ander s'n nie. As bokke kon praat het en ons kon vertel het wat werk en werk nie, sou dit die einde van die storie gewees het, maar hulle kan nie - en dus beproef ons maar alles en hou by wat ons dink werk vir onsself.

Ek persoonlik borsel my tande in die oggend voor n w/s. Ek sit geen spuitgoed / naskeermiddel aan nie, afhangende van omtandighede trek ek of skoon jag klere of vuil jagklere aan - hetsy dit na rook, braaivleis vuur of beesmis ruik of nie. Die mees belangrikste faktore vir my op enige w/s is
1...Windrigting - onder die wind altyd, punt!
2...Son se posissie - sover mootlik w/s ek altyd met die son agter my
3...My posissie - ek probeer nooit n silhouet form nie - dus wees deeglik bewus van jou omgewingsligging en waar jy jouself te alle tye bevind
4...Loop sag en stadig, stop en kyk en luister gereeld.

My 5c ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: ruik en bekruip

Post by BRNO (Pierre) »

FHM, jy het dit nou mooi gestel!
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: ruik en bekruip

Post by Eugene »

BRNO .06 (Pierre) wrote:FHM, jy het dit nou mooi gestel!
+1!

Al wat ek kan byvoeg, is dat, toe ek nog gereeld emt die boog ge-W&S het, het ek my camo's in 'n aparte sak gebêre en as ek daar aankom, pluk ek bietjie takkies en blare wat daar voorkom en sit dit tussen my klere om daai reuk af te gee in die klere.

Ek het ook elke oggend in die koffievuur se reuk gestaan dat hy mooi intrek in my klere.

Die beste amerikaanse (want as dit nie van USA af kom nie, kan dit mos nie werk nie... ;) ) "sent lock" klere, seep, roll on en spuitgoed, gaan jou tokkel help as jy wind-af en soos 'n rugbyspan op 'n sinkdak, bekruip! 8)
Aim small, miss small
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: ruik en bekruip

Post by johnny »

FHM +1 NOG IETS WAT EK DOEN IS PROBEER ALTYD SKADUKANT OM N BOS OF BOOM.

GROETNIS

JOHNNY
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: ruik en bekruip

Post by FHM »

johnny wrote:FHM +1 NOG IETS WAT EK DOEN IS PROBEER ALTYD SKADUKANT OM N BOS OF BOOM.

GROETNIS

JOHNNY
Verdomp - ek het n gevoel gehaad daar is nog een ding - jy is 100% doodreg Johnny - dis nie altyd moontlik in oop-bos wereld nie, maar probeer deurgaans in die skaduwee te bly! Dankie! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: ruik en bekruip

Post by Spanner »

Jy kan doen wat jy wil, spuit en smeer wat jy wil, aantrek wat jy wil ... maar wat doen die "gids" wat saam met jou loop ? Dink jy hy gee 'n flenter om hoe hy ruik, of hy tande geborsel het daai oggend, of nie ? Ek het al agter 'n man geloop wat my maak buitentoe sluk het, hy het nie gestink nie, hy het gevrot ! Toe ons op die plaas aankom het hy reeds daai vuil blou overall aangehad, en toe ons 'n week later daar ry, is daai overall steeds aan sy lyf ! Dag en nag, nie een keer uit getrek nie en niks anders gedra nie.

Ek werk die wind reg. Meer as dit, en ek lieg vir myself as ek dink dit maak 'n verskil aan die reuk.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: ruik en bekruip

Post by FHM »

Spanner wrote:Jy kan doen wat jy wil, spuit en smeer wat jy wil, aantrek wat jy wil ... maar wat doen die "gids" wat saam met jou loop ? Dink jy hy gee 'n flenter om hoe hy ruik, of hy tande geborsel het daai oggend, of nie ? Ek het al agter 'n man geloop wat my maak buitentoe sluk het, hy het nie gestink nie, hy het gevrot ! Toe ons op die plaas aankom het hy reeds daai vuil blou overall aangehad, en toe ons 'n week later daar ry, is daai overall steeds aan sy lyf ! Dag en nag, nie een keer uit getrek nie en niks anders gedra nie.

Ek werk die wind reg. Meer as dit, en ek lieg vir myself as ek dink dit maak 'n verskil aan die reuk.

Spanner jou donnnr hoe lag ek nou mfga! BUITENTOESLUK!!!! Bwhaaahaha!!! :laugh: :laugh: :laugh:
SKERP!

Ja jy is reg oor die skaduwee wat ruik soos muishondtweeling - al self vele kere beleef ;) Sorg net dat hy agter of langs jou loop en vrek - dis meer verdraagbaar as wat hy voor jou ontbind.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: ruik en bekruip

Post by FHM »

Wat se die nuwe manne hieroor?
Spuit jy 'scent bomb' of jag jy n week met dieselfde klere of Bryllcream en onderarm / naskeer jy in die oggend voor jag? ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: ruik en bekruip

Post by jamalley »

Ek persoonlik verkies dit om dieselfde klere weer aan te trek, geen spuitgoed (soos iemand op 'n ander bespreking reeds opgemerk het jy is nie daar om die bok te steek nie), geen skeer ('n man se vel moet 'n bietjie rus) stort in die aand, borsel tande soos normaal en dan veld toe.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: ruik en bekruip

Post by mariusr »

Ou oom het vir my gese jare terug seun as jy jou eie poep kan ruik dan is die wind nie reg nie!Hy moet weg waai van jou af ek onthou dit tot vandag!Hulle se 'n buffel kan jou 250 meter ver ruik as die wind nie in jou guns is nie! Rooibokke sal jou gewoonlik eers ruik voor hul jou sien! Daarom snork hulle want hulle het jou geruik of miskien gehoor maar hulle sien jou nog nie want hulle weet iets is nie reg maar sodra hy jou sien sal hy op hou snork na jou kyk en laat waai so wind en nogmals wind!!! Luister maar na daai oom se raad!!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: ruik en bekruip

Post by NicoSmit »

Ek dra die selfde jag klere en trek net 'n skoon onderbroek aan elke dag en borsel net my tande hel party van daai gidse pong kwaai ek vat dit nou so as ek ook begin pong gaan ek hom naderhand nie meer ruik nie .My redenasie is soos volg hulle is elke dag in die veld die bokke ken daai ruik en weet hulle is onskadelik as daar nou 'n vars ruikie tussenin is weet hulle dis jag seisoen en hulle gaan oor tot kondisie rooi.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: ruik en bekruip

Post by Riaan Beeslaar »

Stem heelhartlik saam oor die gidse.
Ek self jag ook elke dag met dieselfde klere en stort in die aand voor bed toe gaan tyd.
In die oggend is dit net gesig afspoel met lekker koue water om mooi wakker te word dan is dit vuur toe vir bietjie hitte en 'n koppie boeretroos, tandeborsel en dan veld toe. Geen deoderant nie. Ek stink liewers en bring die vleis huis toe na mamma.
Windrigting heel belangrikste en stadig loop en luister.

Groetnis
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: ruik en bekruip

Post by LongWolf »

3...My posissie - ek probeer nooit n silhouet form nie - dus wees deeglik bewus van jou omgewingsligging en waar jy jouself te alle tye bevind
manne onthou net om ook bewus te wees van waar jy vandaan kom, want dit is hier wat mens vergeet dat jou veranderende agtergrond jou silhouet laat uitstaan of verberg.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: ruik en bekruip

Post by theedge »

FHM wrote:Ek is bly die ding het opgekom - ek het al menigte stryery hieroor gehad.

Ek aanvaar elke man se opinie en oortuiging op die aspek, my persoonlike opinie is as volg:

Bokke ruik baie-baie beter as ons manne, en in baie gevalle sien hulle ook beter as ons en hoor beter as ons. Dus as jy in die bos w/s doen is die natuurelemente teen jou en met die bok en sy skerp sintuie. Elk jagter wat ek al in my lewe ontmoet het, het sy eie manier van reuk-kapsie in die bos, sommige aan die uiterste kant is regtig vol stront tot irriterend met al hulle tierlanteintjies en botteltjies spuit / smeergoed en doen goetters, sommige aan die anderkant het weer nie n saak nie. Dan kry jy seker nou maar ons manne in die middel vir wie dit n faktor is maar nie nietig of doodsake is nie.

Maak nie n fout nie - as jy nou-net van oom daantjie se dogter afkom en die kerse is woertoe gebrand daar en jy ruik soos n lafentelhaan, gaan jy n probleem he in die bos te voet - wildsbok ooie se neurostelsel werk anders as homo sapien wyfies s'n en waar die een spesie se ogies sal blink en nader kom as jy so ruik, sal die ander spesie so ver as moontlik wil wegkom van jou en jou vrywater reuk af.

Elke man het maar sy reuk-dingetjie / roetine wat hy volg en wat hy glo vir hom 'geluk bring' in die bos met w/s jag. Dis soos etiket - elke man het sy eie oortuiging en niemand kan iemand vinger wys en sy jou manier of potion is beter as n ander s'n nie. As bokke kon praat het en ons kon vertel het wat werk en werk nie, sou dit die einde van die storie gewees het, maar hulle kan nie - en dus beproef ons maar alles en hou by wat ons dink werk vir onsself.

Ek persoonlik borsel my tande in die oggend voor n w/s. Ek sit geen spuitgoed / naskeermiddel aan nie, afhangende van omtandighede trek ek of skoon jag klere of vuil jagklere aan - hetsy dit na rook, braaivleis vuur of beesmis ruik of nie. Die mees belangrikste faktore vir my op enige w/s is
1...Windrigting - onder die wind altyd, punt!
2...Son se posissie - sover mootlik w/s ek altyd met die son agter my
3...My posissie - ek probeer nooit n silhouet form nie - dus wees deeglik bewus van jou omgewingsligging en waar jy jouself te alle tye bevind
4...Loop sag en stadig, stop en kyk en luister gereeld.

My 5c ;)
netso
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: ruik en bekruip

Post by PaulM »

FHM wrote: Die mees belangrikste faktore vir my op enige w/s is
1...Windrigting - onder die wind altyd, punt!
2...Son se posissie - sover mootlik w/s ek altyd met die son agter my
3...My posissie - ek probeer nooit n silhouet form nie - dus wees deeglik bewus van jou omgewingsligging en waar jy jouself te alle tye bevind
4...Loop sag en stadig, stop en kyk en luister gereeld.

My 5c ;)

Amen!
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: ruik en bekruip

Post by Chevvy SS »

"Maak nie n fout nie - as jy nou-net van oom daantjie se dogter afkom en die kerse is woertoe gebrand daar en jy ruik soos n lafentelhaan"

FHM, ek sal niks van jou jagstories glo nie. Jy sal na 'n hele week weg van jou sekretaresse nog so ruik! En dan kom jou gebrande kersreuk ook nog by!
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: ruik en bekruip

Post by Jan Nel »

Manne

Ek spuit Bayticol (verdun 1:400) deeglik op al my klere, skoene en kouse voor ek veld toe gaan - dit het nogal 'n sterk reuk, wat bly sit. Sonder dit eet die bosluise my klaar! So ek stink seker in elk geval.

Ek trek elke dag skoon klere aan, anders stink ek soos die vrotte in daai blou "overall"! Was met seep, borsel tande, maar spuit geen naskeermiddel of iets soortgelyks nie. Ek het agtergekom die vrou gaan dan ook sommer meer gereeld saam jag, dit pas my - ek kry makliker meer jagkanse .

Ek het nog nooit gevoel dat bokke my onnodig vinnig agtergekom het nie, op voorwaarde natuurlik dat die windrigting reg is, ek nie die horison breek nie, son sover moontlik agter my is, ek in skadukant van bome probeer beweeg sover moontlik, stadig beweeg, baie stop en ook goed luister, ens, soos die ander manne reeds gestel het.

Wanneer dit by jag kom, is my ondervinding "wat die oog nie sien nie" en bokke kan nie windop ruik nie, res is bakgat.

Groete
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: ruik en bekruip

Post by FHM »

Chevvy SS wrote:"Maak nie n fout nie - as jy nou-net van oom daantjie se dogter afkom en die kerse is woertoe gebrand daar en jy ruik soos n lafentelhaan"

FHM, ek sal niks van jou jagstories glo nie. Jy sal na 'n hele week weg van jou sekretaresse nog so ruik! En dan kom jou gebrande kersreuk ook nog by!
Ja nee - skiet alweer vir Spiderman in die knieg ne.... ::)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: ruik en bekruip

Post by Jakkalsgat »

My vrou hou nie van knoffel so baie soos ek nie en daarom vat ek daai ingelegte knoffel van my skoonma saam op jagtogte wat ek dan so saam die olywe, gerkins en peppadews inryg asof dit die laaste gaan wees in die aande drink ek niks anders as rum nie rook sigare en pyp. Ek stort elke dag met seep trek skoon klere aan en spuit naskeermiddel sowel as anti-gids sprui aan. Na al daai goed wat ek eet en die oggend se bakedbeans is my gas vlakke redelik hoog en los ek dit redelik baie terwyl ek jag en ek rook dan ook baie. Ek kan nie agterkom dat hierdie goed enigsins 'n verskil maak aan hoe naby ek aan die bokke kom nie want ek ry steeds to so 250m van hulle af en skiet hulle dan en niks van die goed wat julle nou noem het al 'n verskil gemaak nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: ruik en bekruip

Post by mariusr »

Goeie genade jakkelsgat al daai goed wat jy nou noem knoffel ens is om Vampires weg te hou nie bokke!Jy sal veseker nie aan geval word deur enige vampire weet net nie of dit sal werk teen weerwolwe op vol maan dink daar moet jy silver patrone he!!
Post Reply