Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosvelders

Post Reply
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Post by Johan Nel »

Kêrels,

Ek wil ladingontwikkeling doen vir bg koeëls met S355. Die QL Datalys wat ek het, stel 41gr S355 voor met 'n verwagte spoed van 2711fps met 'n tpl van 73mm.
Ek het nie 'n chronograaf nie, dus gaan ek die 'stepladder' tegniek gebruik om die akkurate nodusse te probeer bepaal. Ek verminder die voorgestelde lading met 10% om dan by 'n beginlading van 36.9 te kom.
Ek gaan met 0.2gr inkrimente laai vanaf 37gr tot 41gr. Dis dan 20 ladings in totaal. Stem julle saam met die beginlading as 'n veilige vertrekpunt?
Verder beskou ek die voorgestelde tpl van 73mm soos voorgestel deur die koeëls se vervaardiger as baie kort. Normaalweg sal ek wil laai met ten minste 78mm as tpl.

Enigiemand wat al hierdie koeëls gelaai het se insette tov die tpl en ladings sal waardeer word.

Die doppe wat ek gaan gebruik is PMP doppe met 'n dopkapasiteit van 58.3gr water 'ongesize' Die primers is PMP.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by Frederik »

Johan in my 303 laai ek die 130gr koele met tpl van 75mm wat ook maar kort is en hulle loop mooi gaan koop maar 'n chrony dit sal dinge net baie makliker maak.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by tripodmvr »

Johan Nel wrote:Kêrels,

Ek wil ladingontwikkeling doen vir bg koeëls met S355. Die QL Datalys wat ek het, stel 41gr S355 voor met 'n verwagte spoed van 2711fps met 'n tpl van 73mm.
Ek het nie 'n chronograaf nie, dus gaan ek die 'stepladder' tegniek gebruik om die akkurate nodusse te probeer bepaal. Ek verminder die voorgestelde lading met 10% om dan by 'n beginlading van 36.9 te kom.
Ek gaan met 0.2gr inkrimente laai vanaf 37gr tot 41gr. Dis dan 20 ladings in totaal. Stem julle saam met die beginlading as 'n veilige vertrekpunt?
Verder beskou ek die voorgestelde tpl van 73mm soos voorgestel deur die koeëls se vervaardiger as baie kort. Normaalweg sal ek wil laai met ten minste 78mm as tpl.

Enigiemand wat al hierdie koeëls gelaai het se insette tov die tpl en ladings sal waardeer word.

Die doppe wat ek gaan gebruik is PMP doppe met 'n dopkapasiteit van 58.3gr water 'ongesize' Die primers is PMP.

Groete,
JHN
Jy gaan 60 skote skiet om ladingontwikkeling te doen. Ek sal liewer die data deurgee van my geweer, 3 skote met 'n gemiddelde lading skiet en dan binne 10-15 skote by 'n akkurate lading uitkom.

My metode sou 0,5gr of selfs 1 grein verskille wees. Die geweer gaan vir jou wys naby watter lading hy akkuraatheid begin toon en dan kan jy rondom dit begin verfyn. Dit gaan jou baie koeëls spaar. Impalas is vir jag en nie vir baan skiet bedoel nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by Johan Nel »

tripodmvr wrote:

Hallo tripodmvr,
Ek is nie seker of ek mooi volg wat wat ek presies behoort te doen nie. Ek aanvaar dat ek die lading inligting soos per Ql moet deurgee, maar ek wil net seker maak wat die prosedure is wat ek dan volg met die lading ontwikkeling.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by tripodmvr »

As jy 3 skote met 'n gemiddelde lading skiet gee dit data wat die termiese vermoë van die kruit bekend maak. Die' inligting tesame met jou geweer se data maak dit dan moontlik om met QL binne 1 grein lading te kom waar jy akkuraatheid gaan kry en gee ook drukking om 'n veilige lading te soek. Gaan kyk onder herlaai waar "Riglyne vir QL" jou die vereiste inligting gee.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by Johan Nel »

Ek lei af dat die drie skote oor 'n chronograag geskiet moet word om die spoed te bepaal?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by tripodmvr »

Johan Nel wrote:Ek lei af dat die drie skote oor 'n chronograag geskiet moet word om die spoed te bepaal?
Correctimo - soos die Italianers sou sê.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by Johan Nel »

Ek gaan gou die inligting hier plaas tripodmvr, maar my dilemma lê juis daarin dat ek nog nie 'n chronograaf besit of maklik toegang tot een het nie, daarom maar die plan om met die sg 'Incremental Load Development Method' of ook genoem ladder tegniek lading ontwikkeling te doen. Dit gaan beslis meer koeels gebruik, ek weet. Ek het 'n QL datalys van Impala ontvang wat 'n lading van 44gr S355 aanbeveel met 'n trompsnelheid van 2711fps.

Kaliber: 7x57
Looplengte: 614mm
Dopkapasiteit: 58,37gr (PMP doppe)
Tipe Koeël & gewig: Impala CFP solid - 130gr
Kruit: S355
TPL: 73mm (Voorgestel deur Kobus van Impala)
Slagdop: PMP Magnum

Hoor graag jou kommentaar.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by Johan Nel »

Het vandag twintig rondtes gelaai met .3gr inkrimente van 38.3gr tot 44gr S355. Tpl 73mm. 'Runout' 2 - 4 duisendstes van 'n duim.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by tripodmvr »

Johan

Ek weet die meeste manne stel so uitgebreide toets voor. Ek is nie 'n voorstaander daarvan nie en gebruik gewoonlik inkremente van 1 grein. Dit dui gewoonlik die akkurate tendense en gee jou 'n aanduiding van waar jy jou soeke moet konsentreer. Baie minder koeëls en minder skiet. Onthou dat jou skietvermoë afneem met die herhaling en terugslag wat jou lyf moet verduur.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by Johan Nel »

tripodmvr wrote:Johan

Ek weet die meeste manne stel so uitgebreide toets voor. Ek is nie 'n voorstaander daarvan nie en gebruik gewoonlik inkremente van 1 grein. Dit dui gewoonlik die akkurate tendense en gee jou 'n aanduiding van waar jy jou soeke moet konsentreer. Baie minder koeëls en minder skiet. Onthou dat jou skietvermoë afneem met die herhaling en terugslag wat jou lyf moet verduur.
Dankie Tripodmvr,

As ek dan na die minimum en maksimum spektrum kyk. Hoeveel rondtes laai ek? Ek werk huidig van 38.3gr tot 44gr omdat 44gr die aanbevole lading (QL) vanaf Impala is en ek 10% daarvan afgetrek het. Is die maksimum lading hoër as die 44gr of is dit maksimum?
Groete,
JHN
Last edited by Johan Nel on Mon Apr 15, 2013 11:43 am, edited 1 time in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ladingontwikkelingprosedures 7x57 - 130gr Impala Bosveld

Post by tripodmvr »

Ek sou 39, 40, 41, 42, 43 en 44gr gelaai en geskiet het, as iets my nie vroeër gewaarsku het van moontlike druk nie. Lyk my jy het die ladings versprei so skiet hulle en kyk wat maak hulle.

Ek dink jy sal moontlik in en om 42gr akkurate ladings begin kry
Post Reply