Watter pistool vir n dame?

User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Watter pistool vir n dame?

Post by G-force »

Brakenjan wrote:Opgesom die wapen is so veilig soos die persoon wat die wapen hanteer. Beide die 45 en 38 hierbo behoort ewe veilig te wees aangesien die .38 se haan versteek is. Wat is jou opinie?

Groete
Ja jy is reg,safety begin en eindig by jou brein.Hou jou vinger weg van enige sneller totdat jy op tuiken is.Rollie,pistool watookal is net so veilig soos sy hanteerder.
Wat belangrik is dat ons ons self en vrouens en kinders moet bewapen en oplei.Maak nie saak watse wapen solank jy weet hoe hy werk.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Gregvzyl
Full Member
Full Member
Posts: 188
Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am

Re: Watter pistool vir n dame?

Post by Gregvzyl »

Brakenjan wrote:Opgesom die wapen is so veilig soos die persoon wat die wapen hanteer. Beide die 45 en 38 hierbo behoort ewe veilig te wees aangesien die .38 se haan versteek is. Wat is jou opinie?

Groete
Nee Brakenjan ek het nie probleme met enige van die twee se veiligheid nie. Ek het uit jou vraag afgelei dat jy ongemaklik is met die pistool se veiligheid, daarom dat ek gevra het. Wapen veiligheid het baie meer te doen met die operateur as wat dit te doen het met die hardeware.

Ek het nie 'n afkeur in rewolwers nie, enige iets wat BANG maak en die reuk van ontbrande kruit in die lug los maak my jimpel. My voorkeur vir 'n pislool vir (EDC) selverdediging kom daarvan dat dit IMO die beste stuk gereedskap is vir die werk. Net omdat die persoon wat nou die gereedskap wil gebruik nie manlik is nie maak nou nie meer dat die gereedskap nie meer die beste is nie.

Of soos wat ook genoem is, as dit nie vir EDC is nie maar slegs vir in die huis, dan sal 'n pompaksie die beter stuk gereedskap wees.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Watter pistool vir n dame?

Post by Ratel »

Vat haar Huntex toe en laat sy soveel moontlik handwapens hanteer. Indien ek vir my vrou moet koop sal dit 'n kompakte 9mm Glock wees. Miskien is ek bevooroordeeld omrede ek reeds 'n Glock 23 vir ongeveer 10 jaar besit en in my opinie 'n uiters betroubare wapen is. Geen veiligheidsknippe wat in 'n oomblik van nood op die "safe" posisie is nie.
Maak 'n verskil
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Watter pistool vir n dame?

Post by G-force »

Homedefence kan in twee dele geplaas word.Terwyl jy/vrou by die huis is bedags of vroeg aand en besig is met kook ensv sal jy/sy nie met n haelgeweer rondloop nie.Hier kan jy n ordentlike pistool soos n G19/17//34 of Browning Highpower ensv op jou heup dra,sommer in outside waist band holster as jy wil solank tuinboy en bediende nie daar is nie.Dan as jul gaan slaap en jou sekuriteits hekke biine en buite toe is kan jy die shotty langs jou he.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Watter pistool vir n dame?

Post by tau »

My vrou sal haar pistool binne die eerste week verloor.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Watter pistool vir n dame?

Post by Ratel »

tau wrote:My vrou sal haar pistool binne die eerste week verloor.

LOL. Hulle kry die verlore goed darem soms na 'n ruk in die handsak!
Maak 'n verskil
Post Reply