Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post Reply
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by Reghardt »

Hi Almal

Ek wil graag by julle hoor wat die effek van die omgewings temp is op lading spoed en wat daar aangedoen kan word. Die rede vir hierdie vraag is dat ek onlangs met lading ontwikkeling agter gekom het dag die spoed van my lesing redelik verskil. Ek plaas onder my resultate:

Oja dit is 'n CZ 550 laminated varmenter 308

Dag 1

Dit was redelik warm so 26 grade en ek besluit om verlof te vat en bietjie my ladings te gaan toets.
Winchester doppe 50.94mm CL
Nosler BT 150gr TPL 71.3mm
S335 43gr
Spoed 2865,2848,2859,2887 = 2865f/s

Ek het met quickload gesien dat dit naby aan die OBT is.

Dag 2

Hierdie ladings was gelaai toe dit gereen het buite (miskien die kruit vog getrek??????).
Ek het weer alles presies dieselfde gedoen, maar die TPL verander na 71.4mm en ek het 42.7gr gelaai.

42.7gr spoed: 2751,2792,2752 = 2765f/s d.w.s 100f/s verskil tussen die twee met slegs 0.3 gr verskil. QL het 2845f/s voorspel en die geweer se OBT is so by 2820f/s volgens QL.

Die wind het gewaai die tweede dag en dit was heel wat koeler so 21 grade. My vraag is egter kan dit die dag temp weer, die omstadighede toe dit gelaai was of die chrony wat nie 100% werk nie? Tog het ek elke keer die 110 gr v-max deur hom geskiet op beide dae die die spoed was elke dag die selfde.

Dit bring my by my volgende vraag dat indien dag temp 'n rol speel sal jy dus moet 'n lading laai vir winter en somer?

Ek weet dit dalk dom vrae, maar die goed pla my.
Die kruit was almal uit dieselfde blik wat ek elke keer goed seel dink dit was LOT 698.

Net so terloops die 42.7gr lading het mooi groepeer al het die wind bietjie gewaai (90 grade hoek) so hulle was so effens horisontaal versprei maar skryf dit toe aan die wind.

Ek hoor graag van julle.

Vrystaat Groete
Reghardt :)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by Wouter Roets »

Hallo Reghardt

Kom ek probeer jou vra van n kant af hanteer. Eerstens die grootste faktor wat n chrony beeinvloed is ligomstandighede, nie lug nie lig. Wind, temperatuur het nie n beduidende uitwerking op die fotoselle van die chrony nie.

Onthou ook nog n ding, as ons eienskappe ondersoek maak dit liewers so dat mens een veranderlike op n slag verander om n gevolgtrekking te kan maak. Jy het hier met n paar te doen gekry naamlik; lig omstandighede wat verskil, temeratuurverskille met beide die laaiery sowel as die spoedlesings, TPL verandering en laastens n lading veranderinge. As jy al hierdie in ag neem is dit dan amper onmoontlik om afleidings te begin maak.

Ek kan amper n hoofstuk skryf oor elkeen van hierdie aspekte en het ongelukkig nou nie die tyd daarvoor nie. Sorry ou maat maar dit is regtig so. Wanneer jy verskille aanbring probeer dit net aan een komponent maak op n slag. Probeer dan ook om omstandighede te doepliseer wanneer jy lesings neem.

Ek sal probeer om n paar van hierdie aspekte te kom bespreek wanneer ek tyd kry. Vra gerus ook nog vra en dan sal ons dit sommer saam hanteer.

Groetnis
Wouter
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by Reghardt »

Dankie dankie sal so maak.

Lekker dag
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by LUAN »

Jy het die tpl langer gemaak en lading gesak maar nou wil jy vra oor die chrony? Hou by een lading wat werk en skiet dit oor twee verskillende dae. Die pamflet wat saam met die Pro chrono kom se hy werk eintlik sy beste op n effense bewolkte dag en nie op n sonskyn dag soos ek al hier gelees het.
bullseye

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by bullseye »

Stem saam met Wouter, jy sê die eerste dag was warm so ek neem aan dit was sonskyn, dan sê jy die tweede dag is dit reenerig met ander woorde bewolk jou helderheid van lig verskil selfs al sou jy op n dag in die oggend en laat middag skiet oor crony gaan jou lessings ook verskil probeer om op die selfde tyd van dag te skiet, maar jou ander veranderinge kon ook n rol gespeel het.

Sterkte
Bullseye.
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by Reghardt »

Die tweede dag se skiet was ook sonskyn was net laat middag (net voor die stormer game). Ek het die TPL aangepas nadat ek gesien het dat ek n fout gemaak het die vorige keer. Dankie manne waardeer die inset.

Lekker dag
KC

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by KC »

Skiet die oggend en jy sal n lesing kry.

So by 2 uur op die warmste van die dag n vinniger lesing

Later die middag as dit koeler word weer n stadiger lesing

Dis die effek wat temperatuur op die ontbrandingspoed van die kruit het.

As jy die regte lading het behoort jou geweer oggend middag namiddag te groepeer en self winter ook.

Skiet 3 skoot groepering in 0.5gr inkremente in lading op 100m van min tot max lading, let op na druk en kyk wanneer die groepe kleiner word en dan weer groter.

Daar waar jou geweer die kleinste groepe skiet is jou lading sweet spot.

Gebruik daardie lading en jy gaan geen probleme vorentoe he

Groete
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Effek van omgewings temp op chrony lesings

Post by LongWolf »

Dit bring my by my volgende vraag dat indien dag temp 'n rol speel sal jy dus moet 'n lading laai vir winter en somer?

ja die tempratuur verskil sal n verskil maak aan die ontbranding van die kryt.
wanneer jy skiet hou rekord van jou data en vergelyk dan weer in die winter en dan kan jy aanpas indien nodig.
Post Reply