Francois,
Ek krimp glad nie.Dit hou geen voordeel in vir my om te krimp nie en doppe sal in elkgeval langer hou sonder krimp.
Hoe belangrik is "crimping"
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Hoe belangrik is "crimping"
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

-
Skaaphaas
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm
Re: Hoe belangrik is "crimping"
Dalk 'n simpel vraag, maar sal crimping nie 'n meer eenvormige aanvangsdruk verseker nie tussen patrone nie?
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Hoe belangrik is "crimping"
Ek glo so as dit reg gedoen word dmv die regte koeels en te krimp waar die "band" is op die koeel maar dis nie te sê dat jou groepering gaan beter wees as wat jy kan kry deur te speel met COL van die patroon nie.In 'n vorige post het ek melding gemaak van 'n toets op 308 , 150gr en gevind dat dit beter is om liewer die COL aan te pas as om te krimp en natuurlik jou doppe wat langer hou is vir my die hoofrede om nie te krimp nie.Skaaphaas wrote:Dalk 'n simpel vraag, maar sal crimping nie 'n meer eenvormige aanvangsdruk verseker nie tussen patrone nie?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hoe belangrik is "crimping"
Hallo Manne
Ek sien hier bestaan so bietjie miskonsepsies rondom die krimp proses. Vergun my so bietjie om n paar van hulle aan te spreek.
Daar is basies drie redes hoekom n mens krimp. Die eerste soos deur Christo genoem is om te verhoed dat jou koeel dieper in jou dop indruk gedurende die terugskop proses in die magesynkas. Hierdie gebeur veral met kalibers wat erg skop of waarvan die TPL van die patroon nie baie spasie verleen in die magesynkas nie.
Tweedens is dit om te verhoed dat die koeel nie verder uitdruk as die verlangde TPL agv erge gekompakteerde ladings nie.
Derdens gebruik die meeste fabries aminusie vervaardigers n krimp in hul aminusie om te kompenseer vir al die verskillende kamerdemensies van gewere. Deur te krimp kry n mens bietjie beter groepering oor n breer spektrum van wapens, maar dit is nog steeds die beter opsie om met jou TPL die finetune werk te doen soos reeds beskryd deur Friel.
Daar is twee maniere van krimp vir ons herlaaiers nl. rollcrimp soos wat jy met die meeste seater diesets kan doen en factory crimp met Lee Factory Crimp die. Daar moet opgelet word dat daar net in die krimpgroef met die rollcrimp proses gekrimp kan word. Konvensionele koeels se struktirele integriteit kan aangetas word deur hulle op enige plek te krimp behalwe die krimpgroef. Koper lood seperasie is gewoonlik die uiteinde daarvan. Wanneer jy bv n mono koeel buite die krimpgroef wil krimp gaan jy 90% van die tyd jou dop opfoeter. Jy kan wel enige plek op die koeel krimp met Lee se metode.
Daar is ander alternatiewe om nie te krimp nie en dit is deur n poeier te gebruik wat jou 103-106% dopfulling gee. Hierdie is gewoonlik genoeg om teregsetting te voorkom. Dopfulling van hoer as dit het weer die negatiewe uitwerking om koeels uit te stoot van bestaande TPL. Deur doppe met dukker wande te gebruik help ook om n beter grip op die koeel te plaas, maar is nie altyd prakties moontlik nie.
Waat belangrik is met die krimp proses is om jou doplengtes presies dieselfde te he. Dit is ook belangrik om nie die buitekante van die doppe te shamfer nie. Die binnekante moet ook net liggies gedoen word. Die rede hiervoor is om informe en eweredige druk op die koeel deur die dop te plaas. Hierdie is weereens nie van pas op die Lee metode nie. Wanneer jy jou gedeelte op die krimp groef kies om te krimp is dit ook beter om die einde van die krimpgroef te gebruik en nie die begin daarvan nie. Dit gee die rand van die dop n defnetiewe gedeelte by die koeel om teen vas te skop met die terugslag proses. Vir die wat nie verstaan wat ek bedoel nie visaluseer dit so. Wanneer jy op die krimpgroef is met die rand van die dop kies jy die kortste TPL wat jou nog steeds in die krimpgroef plaas. Wat ook belangrik is is om jou koeels almal eers klaar te seat en dan die eerste een te vat en dan te begin stel aan jou seater die in klein inkremente totdat hy n mooi duidelike krimp op die dop gee. Vat jou tyd hiermee want n mens krimp maklik te veel wat dan die dop op dinges. Daar moet n duidelike ronding in die dop te bespeur wees aan die voorkant en jy moet glad nie die rand kan voel as jy oor hom vryf met jou vinger nie.
Monokoeels met dryfbande of drukgroewe is weereens die beter keuse omdat dit baie krimp groewe bied en nie net een of dalk twee soos by baie konvensionele koeels nie.
Die Lee Facktory Die is eerlikwaar n goeie uitvindsel en defnetief sy geld werd. Ek krimp net my kalibers groter as 375 en besef dit is nie onderhandelbaar by hulle nie.
Groetnis
Wouter