Effek van meer kruit op ES?

Post Reply
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Effek van meer kruit op ES?

Post by LUAN »

Dagse manne

Ek wil so ietsie probeer verstaan. Ek skiet gister met die .308 oor die chrony. Baie mooi lae ES. Eerste 3 skote was almal dieselfde 2818 fps en die volgende twee was albei 2824fps. So jy kan sien dis baie mooi konstant.

Ek wil die spoed stoot tot 2875fps want dit is glo waar my OBT le. Nou as ek meer kruit gooi gaan die ES mos nie meer so konstant wees nie. Nou wat ek wil weet as ek aanhou kruit bygooi om my spoed te beryk gaan jy weer n punt beryk wat die ES baie konstant is?

Hoop julle verstaan wat ek probeer bedoel.

Dankie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by Wouter Roets »

303

Moet nie jou kop breek oor hierdie aspek nie. Groter ladings het n kleiner uitwerking op ES as ander rolspelers. Beter dopfulling kanseleer gewoonlik hierdie aspek uit en verbeter oor die algemeen jou Es syfers.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by LUAN »

Ek het die lading laat sak totdat ek hierdie lae Es gekry het want dit was nie so konstant. Eks alreeds op 43,8gr agter die 150gr Bt. So jy se ek moet die lading nog opstoot totdat ek my spoed bereik wat dan ook beter dopvulling sal gee? Sal ek dan ook meer konstante akuraatheid kry met die regte spoed as ek Obt slaan?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by Wouter Roets »

303

Dit is juis wat n node spoed beteken dat dit vir jou die MEES KONSTANTE akuraadheid lewer oor n bree spektrum van omstandighede. Deur jou lading veilig te lig na n nodespoed sal dit vir jou lewer. Ons moet ook aanvaar dat nodespoed hand aan hand gaan met goeie herlaai praktyke en nie los gemaak kan word daarvan nie. Deur doppe te gebruik wat min interne variasie het sowel as uniforme wanddakte sal ES net baat. Bench rest primers help ook baie in die geval sowel as konstante TPL(sprong). Dofvulling is verseker n belangrike aspek met ES en hoe nader jy aan die 100-105% merk kom hoe beter vir konstante ontbranding.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by LUAN »

Dankie Wouter. Ek gebruik Lapua doppe en probeer konstant wees met my herlaai hou by dieselfde stappe en dinge. Dink die Rcbs 505 skaaltjie het bewys ek kan baie konstant gooi. Ek kon net nie verstaan hoekom ek eendag my skote sny op 200m en die ander dag is dit orals en dit onder gunstige weers omstandighede. Moet ek by die tpl bly en net kruit bygooi of sal ek dit ook moet verander? Want hierdie tpl het my nog die beste akuraatheid gegee of ek glo so maar dis nie KONSTANT kan dit nie verstaan.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by Wouter Roets »

303

Die kruks van nodespoed is om die spoed te slaan met n TPL wat net die lande raak(indien moontlik) en daarna jou TPL in inkremente van nie kleiner as 0,2mm korter te maak totdat jy jou verlangde groepering kry.

Groetnis
Wouter
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by LUAN »

My vreiboor is te lank dan pas die rondtes nie in die magasyn. Maar die geweer lyk of hy hou van n jump maar soos ek se dinge is nie altyd konstant.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Effek van meer kruit op ES?

Post by Wouter Roets »

303

Dan begin jy op die maksimum TPL wat jou magesyn kan hanteer en werk af van daar soos voorgestel.

Groetnis
Wouter
Post Reply