Het SA Suid-wes Vleis nodig?
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
dister so 5mm.
maar reen nou lekker.
ons mos maar winter reen, so enige iets nou 'n bonus

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Vasvat
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek sit in Stilbaai op die oomblik, heerlik koel en reen so saggies af en toe, maar heerlik. Met my pa gisteraand gepraat en toe volgens hom al meer as 'n duim gehad so ek jubel en gee aan God al die eer vir hierdie wonderlike Paas!
Willie
Willie
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
ek verstaan nie hoekom julle se daar is n vleistekort en s.a kani genoeg vleis produseer nie,hoekom kry ons dan nie vleis verkoop nie?
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
As mens na die produksie, verbruik, invoere en uitvoere van bees en skaapvleis kyk is dit duidelik dat Suid Afrika 'n netto invoerder van vleis is omdat ons nie genoeg produseer vir die plaaslike vraag nie. Omdat ons 'n netto invoerder van vleis is, is ons mark dus ook gekoppel, tot 'n mindere of meerdere mate aan die internasionale pryse.
-
Pikkie
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Fri May 14, 2010 4:15 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Manne my beskeie mening.
1. Boere het nie beheer oor pryse nie. Alle Fasette van boerdery en moet alle risiko oen kostes dra.
2. Daar is ook nie so baie middelmanne in die bedryf nie. Baie abbatoirs bemark self hulle karkasse.
3. Nam se boere word al jare lank uitgebuit, en dit word ook uit SA bedryf deur manne met
koop geld in die regering. Wat my pla is dat ons geen diere na Nam mag uitvoer nie, nie eens
lewendige of stoet diere nie, NAM grens is toe vir SA.
4. My gevoel is dat die slaghuise op die stadium die meeste geld maak en die minste risiko dra.
Boere moet vir 4-6maande risiko dra om lam gereed te kry, slaghuis bel net abbatoir en vleis word
afgelewer.
5. Abattoirs werk op getalle en nie groot winsgrense nie.
6. En die regering van SA voel vere vir die boere want hulle wil blanke boer van die plase af hê, want
grond is 'n groot kwessie in SA maa hulle dink nie aan die gevolge nie.
7. Op hierdie stadium word daar ook groot hoeveelhede hoender van Brasilie en Agentinie ingevoer
vir baie goedkoper as skaap of bees vleis.
8. Droogte het ook groot invloed op die aanbod gehad. Uit NAM het die manne lammers afgelaai wat
6kg uitslag. Hoop hierdie nawwek se reen laat die prentjie verander.
9. Met die voer pryse teen oor karkas pryse sien die boere nie kans om te voer nie, en die arbeids
pryse speel ook groot rol.
10. Daar is nog soveel ander faktore wat die boere beinvloed: Ongediertes, brandstof, ens, ens.
Pikkie.

- pirot79
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Goeienaand manne.
Ek het nou al 'n geruime tyd 'n kleintjie dood aand die situasie. Ek het nou al met hele paar mense baklei en tot die slotsom gekom. Dis die kettingwinkelgroepe. Hulle het al die voete. Ek het gesien hoe Pick a pay 'n groot groothandelaar slagter groep by ons amper laat bankrot speel deur sommer net hul terme van betaling met 2 weke te verleng. Die ouens slaan die kitaar en al die slagters val oormekaar om hul kontrakte te kry. Hulle se wat hulle betaal en wanneer hulle betaal en alles word net so deur die ketting af deurgegee na die boer wat maar moet tevrede wees. Die meeste mense koop deesdae alles in die supermark. Dis te veel moeite om nog slaghuis toe te loop. Hulle koop ook klein pakkies. Kyk maar die prys op snitte wat in pakkies is bly hoog. Dis net die heel en halfkarkas pryse wat wissel. Probleem is min mense koop heel en half so hulle kyk na pakkie prys. As ek moet R100/kg betaal sal ek ok oorslaan na vark of hoender. As ons nie 'n manier kry om hierdie groot maatskappye.aan die korthare beet te kry om hulle te dwing om die pryse reg te stel nie gaan die vraag swak bly. Op die oomblik bly die vraag konstant want supermark prys bly selfde. Die verskil in boer prys is net as gevolg van verhoogde aanbod. As supermark prys op snitte sak tot selfde as heel karkas sal vraag aansienlik styg en boere se pryse ook herstel.
My 2c

savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek het gisteraand amper n oorval gekry toe my vrou wraggies weer by woolies rump gekoop het om te braai. Sy het R119.99 betaal vir n mooi verpakking want die vleis was dit nie werd nie. Hierdie week lewer ons beeste aan die abbatoir vir R28.50!
Die grootste oorsaak en lydende party in hierdie prys oorlog is die verbruiker self. Dis net uit onkunde dat die verbruiker sulke belaglike pryse aanvaar en betaal wanneer daar duidelik n slang in die gras is. Die indruk is dat boere moet dan ook goeie pryse kry as dit R119.99 in woolies is.

- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Die Supermarkte het juis ontstaan om die verbruiker 'n beter prys vir produkte te beding. Hulle het ongelukkig so groot en sterk geword dat dat hulle die markte dikteer.
Ek koop vleis by my lokale slagter goedkoper as by enige Supermark. As jy grootmaat aankoop by jou slagter spaar jy seker maklik 20 tot 30% op jou vleis rekening.
Mense moet nie ophou koop omdat een segment vd mark 'n situasie uitbuit nie want dan gaan die produseerder net nog meer daaronder ly. Kry ander maniere om jou produkte te bekom.
Groete

Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Kampies
- Newbie

- Posts: 48
- Joined: Fri Dec 28, 2012 5:13 am
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek hoop daar was 'n manier om net vir twee jaar geen produkte vanaf landbou na verbruiker te verskaf nie. Die boer en sy grond sal duidelik weer erken word saam met sy produkte. Hy sal waardeer word as 'n boer en sy grondeis verdrukking sal verdwyn.
Sterkte aan al ons sukkelende BOERE en ek hoop reen en die nodige sal van BO neerdaal.
Kampies.

- bokkoors
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Fri Mar 08, 2013 9:18 am
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
daar moet antwoorde en oplossings vir die probleem wees, maar om hulle bymekaar te kry gaan fyn beplanning en deursetting kos.
voordat ek my slaghuis n jaar+ toegemaak het het ek die volgende gevind tov swart gemeenskap; jy lok hom nie meer met jou goedkoop C graad vleis en chakalaka wors nie, hy soek A graad en boerewors en hy KOOP dit. ek het eendag by Chekkers se vleis rakke gestaan en was verbaas oor wat hulle koop en die hoeveelheid. dit waarmee n anti nou net vir omtrent 5 minute in haar hand mee gestaan en wik en weeg en toe gelos het, kom laai umakhulu in haar reeds oorvol trollie sonder eers om na die prys te kyk. hulle koop nou waaraan ons al die jare gewoond was, en dit vra nie vrae nie, dit betaal.
voordat die groot ketting groepe vleis verkoop het, was daar n bestaansreg vir tot 3 slaghuise op n dorp van redelike grootte .en die prys was baie nader in lyn; produsent, slagpale, slaghuis. nou is daar net 1 slaghuis op so n dorp en hy moet met ketting winkel kompiteer, maar dit help nie regtig hy maak sy prys goedkoper nie, want wie wil nou nog daai kant toe ry en parkering gaan soek terwyl jy dan nou juis in P+P is om mix ,brood en melk te kry. vir dieselfde rede kon ons mos maar daai 10 tot 30km gery het na die naaste slagpale (afhangend van waar jy bly) en jou hele maand se vleis teen die beste prys aangekoop het. die grooter verbruikers mark het nie daai vermoe nie.
so 10 of 15 jaar terug was daar n artikel van europese melkboere wat al hul melk by die lorries vol, op die dorps pleine gaan uittap het om hul misnoe uit te spreek. nou kyk dit kort 'guts' en deursetting maar ek weet nie of dit die antwoord is hier nie, te veel boere is afhanklik van sy "maandelikse melktjek" net soos ek van my salaris afhanklik is, is dit dieselfde vir hom.
maar hoekom kan ons nie maak soos Vasvat vroeer voorgestel het nie? daar is mos maniere........ as Cosatu die regering kan afdreig dat hulle die land se verkeer tot stilstand sal bring indien al daai nuwe tolhekke in Gauteng in werking kom, kan ons mos net sowel van sulke 'unions' se blaf gebruik maak.
as die landbou unies en ministers die verskil in lewerings prys en die verbruiker (waarvan hulle meer as 90% uit maak) se aankoop prys onder hul aandag bring, kan dit dalk die begin wees van laer rak pryse.
goed, se^ dit werk, dan smile die verbruiker maar wat doen dit aan die boer, die produsent ? gaan hy finansieel daarby baat ? verseker, hy gaan dalk nie n beter prys kry vir sy produk nie maar daar gaan meer geeet word want dis meer bekostigbaar en dus sal die boer n groter omset toon.
daar is egter iets wat ek steeds nie lekker verstaan nie en iemand moet dit asb weer vir my probeer verduidelik, iemand wat nouer betrokke is met die tipe van ding en oor heelwat meer sake-en-besigheids kennis beskik as ek. prys word tog seker grootliks bepaal deur die aanvraag, so..
as die publiek se aanvraag groot is dan bepaal die winkelgroep die prys, maar dan moet die winkelgroep mos weer n aanvraag toon aan die verskaffer/agent wat ook sy eie prys bepaal maar dan moet hy wat verskaffer is mos weer n aanvraag toon aan die produsent/boer........ maar die boer maak nie sy eie prys nie, hy word voorgese wat die aankoop prys by hom gaan wees
?? as die boere hul gat in n krul trek en vir die verspreider se^ nee ons soek n beter prys,,, is daar regtig soveel invoer-vleis dat hulle ons boere kan ignoreer, veral as daar nog beperkings gestel word op invoer?
is dit nie weer tyd vir n Carte Blanch ontleding en uitsending om Jan Publiek weer n bietjie in te lig nie ??

.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64
b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64
b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
- pirot79
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek dink die beste manier is maar om die ding aan die groot klok te hang. As die media met 'n ding op loop gaan sal die maatskappye gou 'n plan moet maak om die verbruiker te paai. Dit moet vir hulle 'n groot verleentheid wees om gebrandmerk te word as geldjagters wat die boer en verbruiker skaamteloos uitbuit vir ongehoorde winste.
- pirot79
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Wie ken iemand by die koerante? SABC?
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Carte Blanche sou regte mense wees.......daai ou kan loop met 'n storie.....
- pirot79
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Ek het die storie submit op carte Blanche se website. Sal maar kyk of hulle dit belangrik genoeg vind. Dalk moet nog van julle dit ook doen. As hulle genoeg klagtes kry oor dieselfde ding kan hulle dalk 2 keer dink voor hulle dit afskiet.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Lyk vir my Carte Blanche se mense eet vis en groente.pirot79 wrote:Ek het die storie submit op carte Blanche se website. Sal maar kyk of hulle dit belangrik genoeg vind.
Pirot, jy het nie dalk 'n antwoord van die mense gekry nie?
- pirot79
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Nee wat niks nie. Is daar nog iemand wat dit opgesit het by hulle?
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: Het SA Suid-wes Vleis nodig?
Manne
C-graad bees vanaf Nam het so 10 dae terug in Durban geland. R18.90 per kg.
Die RPO is gekontak.Hulle het Agri-inspect bewus gemaak en dit is al. Die vleis is darem amper weg gewerk.
Groete
Flip