naand al my mede roepers
gisteraand so 10 uur se kant ry ek en hendrik en my seun en hendrik se oom na die sonneblom lande toe waar ons al die afgelope week of wat duiwe piets. ek het hoeka vir olsters laas naweek soontoe vergesel ,waar ons n hele paar duiwe laat free fall het.my blou skouer is nou darem al so siek groen kleur.ou olsters is nuut in die game van duif skiet in die vlug ,maar moet ek se die man verstaan my side by side. net jammer die kolf het nou na 115 jaar finaal die gees gegee.
maar terug na gisteraand se jakkals roep. toe ons by die lande aankom is ek maar redelik skepties vir die roepery want daar word nou elke dag duiwe geskiet en alles in die omgewing bewe al as daar n bakkie verby kom. ons sit sommer in die pad .geen camo's op die bakkie nie en die caller staan so 15 meter van my bakkie af in die pad.
ek spits my toe op die lande voor my en hoop ek sien darem n jakkals wat uit die rye kom. ewe windgat sit ek louis se rooi d op en sit die foxpro op 4. ek reken dat die arme jakkalse dra teen die tyd oormowwe om hulle se oortjies te beskerm. so ek moet maar raas anders gaan hulle my roepe nie kan hoor nie.
speel die roep een maal deur en sit die lig aan,net om te sien daar is al klaar drie jakkatese oppad. ek gaan toe maar oor na allegaartjie pikant en sit die masjien op 2. die eerste jakkals is so opgewonde , dat ek hom moet stop op so 110 meter want die ander kom te stadig in na my sin. ek sien toe hy gaan in my wind in neuk en druk toe maar n 130 gr sst voor by sy bors in. nr 2 was toe op so 230meter en ek sien ta het besluit om van rigting te verander.ek besluit toe opslag die.270 kan darem sover gooi ,en ek skiet daai jakkals in n rolstoel in. maar in plaas van gaan le en tjank,gaan daai taai jakkals terug na net front wheel drive toe en gaan soek n hospitaal. opslag onthou ek van nr 3 en begin aan hom werk, maar hy is gat wipperig oor sy maties sst vergiftiging opgedoen het en hardloop met spoed na die naaste spca kantoor om te gaan klik oor die diere mishandeling wat daar plaasvind.
ek kon nou wel nie die 3de een oortuig om saam net ons te kom kuier nie maar die ander twee is nou saam met nil holgerson in lapland.die reun skat ek was net so onder die twee jaar en daardie 2 by 4 jakkals het ek nie gekry in die lang gras nie. sorry ek lieg nou ek was nie lus vir soek in die nat gras nie.
dit was n uiters lekker aand gewees met n noord ooste windjie van so 2-5 km\h. die maan was redelik vol maar die wolkies het lekker gehelp.die veld was lekker lewendig en daar was heel party hase en n pophuis vol uile in die veld.
ons het darem net een erdvark gat raak gery maar rickus ,my eerste span rugby held wat die stokke gevat het, het baie behendig die bakkie weer mobiel gehad.(vir die rekord moet ek darem net se! al drie my kinders is pa se helde, elkeen op sy eie gebied)
en so van die spca gepraat . die wetters het nou die dag die sewe jakkalse wat ek en my seuns gewiks het gesien en toe maak hulle n saak teen my. gelukkig het my maat by natuurbewaring die saak beredder.ek dink net ek is nogsteeds die spca hier by ons se nr een vark. daardie tannie by die spca is n groot bunny hugger.
maandag aand gaan ek en visstok weer roep. ons sal julle op hoogte hou. groetneus.
26 maart jakkals draai
-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: 26 maart jakkals draai
Die enigste manier wat daai 4 x 2 beter kon gedoen het is as hy bietjie op die hoeter gele het en die 3de
4 x4 kon die pad verduidelik het.
4 x4 kon die pad verduidelik het.