30-06 baanskiet koeëls @ 2900vps

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

30-06 baanskiet koeëls @ 2900vps

Post by Carl »

Ek is tevrede met my 30-06 FN Browning se jag koeëls die geweer groep mooi met die 150HV’s. Die lading is 54gr S355 teen gem 2928vps. My probleem is ek het nog altyd 180gr geskiet en ge-oefen, maar die HVs skiet so 25cm hoër as 180gr @ 2500vps. Ek wil nou ander oefen skiet koeëls koop, SPs is ’n opsie maar ek kyk ook na 125gr NBT of dan 150 NBT. Wat sou die beste opsie wees om die trajek/POI naby aan die HVs te kry sonder om te naby aan maks. druk te loop?
Ek kan seker Nosler se CC in 155gr ingooi.
https://lh6.googleusercontent.com/-9W1aM1UvYuw/UVGZlEmPWBI/AAAAAAAAER4/dnNcH2a5Mu8/s902/IMG-20130322-00674.jpg
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 30-06 baanskiet koeëls @ 2900vps

Post by Kalahari »

Carl

Ek weet pmp en skiet word nie sommer in die dieseflfde sin genoem hier op jaracal nie ;) , maar ek het vir baie lank als geskiet met pmp155gr match koeels in die 30.06 en akkuraatheid is bevredigend vir breinskote op 300m.
Spoed het om en by 2950fps geloop met 55.5gr S365 in pmp doppe.
Ek skiet nou 125gr Nosler bt hunting @3160 fps, skiet baie mooi.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 30-06 baanskiet koeëls @ 2900vps

Post by Carl »

Dankie Johan, dink die 125s sal werk en dan het ek nog ietsie vir die jakkalse. Het hoeko Saterdag oggend een dopgehou tussen 3 koedoes. Wou nie skiet en die kroon wild pla, en 'n duur koeel mors op JKK nie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 30-06 baanskiet koeëls @ 2900vps

Post by Kalahari »

Plesier Carl

Kyk onder my quickload vrae vir meer info oor die 125gr noslers met 'n foto ook by.
Hy sal mooi loop op jakkals. >:D
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: 30-06 baanskiet koeëls @ 2900vps

Post by johnny »

Carl

Ek skiet lapua scenar 155 gn in my 30-06 met cci 200 primers en 54gn s365 met winchester doppe tpl van 84 mm.( net omdat lapua doppe te duur is) Ek skiet gereel onder 20mm groep 3 skote op 300m , moet by se ek het n 26 duim broughton loop op die 30-06.

groetnis

Johnny
Post Reply