Ystervark en pype
-
louisvw
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Sat Mar 23, 2013 8:59 am
Ystervark en pype
Wat se raad is daar vir die ystervark wat die plastiek water pype vreet , aanvanklik het ek gedink hulle is net agter die water aan maar glo my hulle vreet selfs die pype wat nie water in het nie ,,, soek raad dringend
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
Re: Ystervark en pype
more
stel maar n hok met mielies of enige groentesoort as aas.hy behoort die volgende oggend daar sit.
het al baie sulke probleme so opgelos.
groetenis
stel maar n hok met mielies of enige groentesoort as aas.hy behoort die volgende oggend daar sit.
het al baie sulke probleme so opgelos.
groetenis
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Ystervark en pype
hang pype met droppers in die lug op. dis al.
ek het gevang, ou olie op pype gegooi. het die 25mm pyp in 'n 50mm pyp gele. meer hy bly vreet.
toe ek pype op hang, als oor.
ek het gevang, ou olie op pype gegooi. het die 25mm pyp in 'n 50mm pyp gele. meer hy bly vreet.
toe ek pype op hang, als oor.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Ystervark en pype
Ons het ook jare trug las gehad op die plaas, en maak een van die werkers toe n vuik van gewone varkdraad. Dit lyk basies soos n tregter. As daar gate onder die heining deur is waar hulle deurkruip is dit maklik, dan maak jy die vuik voor die gat vas, hulle kom gewoonlik uit dieselfde rigting saans van hulle gate af. Anders kan jy dit in die voetpad sit waar hulle loop. Die ystervark gaan by die opening in, en sodra dit begin nouer word en hy voel die draad, wil hy agteruit, maar dan hak sy penne vas. Dan kruip hy nog vorentoe, tot hy op die punt van die vuik kom war natuurlik toegemaak is sodat hy nie kan uit nie. Ons het party oggende tot 5 in 1 vuik gevang.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Ystervark en pype
Amper vergeet ek, haal net vir jou die rugstringe uit Louis, pekel hom lekker en braai of bak hom, dit is heerlik!!!!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ystervark en pype
En verkoop dan die yster by die skroothandelaar!ROBBIE1 wrote:Amper vergeet ek, haal net vir jou die rugstringe uit Louis, pekel hom lekker en braai of bak hom, dit is heerlik!!!!
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Ystervark en pype
Laat hom net slag.
Nog nooit in my lewe so baie vlooie gesien soos op n ystervark nie!
Nog nooit in my lewe so baie vlooie gesien soos op n ystervark nie!
-
ludwichras
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Mar 13, 2014 10:17 pm
Re: Ystervark en pype
maak n hoenderdraad draad funnel en sit dit by die deuerloop plekke in. as hy in gaan sit hy vas en kan ni reversegear insit nie want penne sit vas
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: Ystervark en pype
Ek ook baie gesukkel met dit,toe het ek ma vir n hul water gegee,het by die krippe waar hul pyppe gevreet het,n pyp metn kraan ingesit wat daar naby stadig "lek". Nou los ons mekaar uit en die vlakvarke is ook gelukkig met hul badplek.