DAG en NAG TARIEWE

Post Reply
bokbal
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm

DAG en NAG TARIEWE

Post by bokbal »

Wat so julle se is n realistiese per NAG tarief op n jag plaas as die volgendeverskaf word :Goeie slaap plek met beddegoed , warm water en elektisiteit volledige kombuis braai fasiliteit met brand hout. Is dit beter om n dag en nag tarief te betaal as n toegeruste jag voertuig voorsien word of net n hoer nag tarief. Wat van slag fooie en koel geriewe. Is dit beter om alles apart te betaal en jy weet waar voor jy betaal of net n inklusiewe bedag wat alles insluit. Groete. Bokbal
.22 Brno
.22Hornet Brno
.223 Tikka
.270 Masgrave
.338 Winchester
12Br Baikal
9mm Vector SP1
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by mariusr »

Bokbal
Dink dis beter vir die jagter om een prys te betaal  vir dagfooi wat alles insluit dan kan daar geen verassings wees nie!Daar is niks so sleg vir die jagter as jy agter kom daar is "hidden costs" nie dit spoil sommer die hele jag trip!Gewoonlik is jou dagfooie per nag slaap wat koelkamer ,hout,jagvoertuig om wild te gaan ens ingesluit maar jy betaal bv R20 tot R50 vir afslag van bokke ekstra!Die gemidelde prys laasjaar vir selfsorg was so tussen R250-R350 per jagter en nie jagters so tussen R150-R250!

Groete
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by Sako75 »

Na my mening maak dit nie eintlik saak nie.  Solank alles net baie duidelik en ondubbelsinnig gedefinieer is.  Ek is gemaklik as ek weet wat alles ingesluit en uitgesluit is en hoeveel dit kos?  'n Ander faktor is ook hoe goed almal hou by die geskrewe en ongeskrewe "ooreenkoms" wat met die jagter/plaaseienaar verhouding tot stand kom.  'n Verdere saak is wat as redelik beskou kan word en wat behoort 'n redelike jagter te doen/nie te doen nie of wat behoort 'n redelike jagondernemer te doen of nie te doen nie.  Ek het al baie gevind dat mense se begrip van redelikheid nie saamval nie.  My lekkerste jagplekke is waar ek en die plaaseienaar op dieselfde bladsy is oor wat redelik is.

Vir 'n goeie jagplek waar dinge op standaard is en die ouens 'n ordentlike jagbesigheid bedryf is ek gemaklik om tot R1000/dag te betaal vir verblyf en dagfooi.  Ek het te veel kere goedkoop probeer wegkom en dan ook die vrugte daarvan gepluk.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by mariusr »

Sako75
Jy kan enige tyd by my kom jag teen R1000 per dag sal tot die verversings verskaf en die blou bul girls kry!!

Groetness!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by Eugene »

Ek verkies om 'n dag & nag tarief te betaal. 'n Plaas waar ons altyd gaan jag, betaal jy R175-00 per dag en R175-00 per nag. Met ander woorde, die dag wat jy daar aankom, betaal jy net die nagtarief vir die slaap en die volgende dag betaal jy albei. Ook as jou kwota vol is en jy bly in die kamp, betaal jy net die nagtarief. In my opinie spaar 'n ou darem so ekstra rooibok se geldjies....

Ek sien 'n paar plekke waar ek wou bespreek die jaar, vra nou al R600-00 pppd en ek weet uit ondervinding dat jy maar jou eie slaapsak, 3 poot potjie en braairooster moet saamvat.....

Ek gee nie om om vir kwaliteit te betaal nie, maar ek wil darem ook nie uitgebuit voel nie!
Aim small, miss small
bokbal
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by bokbal »

Dankie vir die terugvoer. Ek stem saam dat verskuilde kostes enige jagter woedend maak. Dit is die rede hoekom ek verkies om alle kostes uiteen te sit sodat almal weet waarvoor betaal word.Op die einde van die dag gaan dit oor eerlikheid en albei partye moet tevrede wees. Jagters. Groete. Bokbal
.22 Brno
.22Hornet Brno
.223 Tikka
.270 Masgrave
.338 Winchester
12Br Baikal
9mm Vector SP1
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by johnny »

Bokbal

Jou laaste post som dit op , almal moet eerlikheid aan die dag le, en redelik wees.

Ek kan wel vir jou se dat die oorgroote meerderheid van my jaggroepe en hier sal ek se die gemiddelde ouderdom is so tussen 35 en 70 en daar is so 16 groepe, soek nie meer die """"Amerikaanse ding"""  van lodge, en moerse smart plekke om te bly , meeste vra vir n eenvoudige plek ,  donkie vir warm water lampe , en n spoel toilet, dan n lekker braaipek om te ontspan. Ek het ook groepe wat net kamp , en al hul eie geriewe bring, ek sal byvoorbeeld net n groot seil opslaan as n kombuis.

Ek dink ons het te """oorsese jagter ::: geraak en besef nie meer hoe lekker dit is om onder die sterre te slaap en donkie aan te steek vir warm water of n koolstofie te stook vir hitte en koffie in die oggend.

Baie ouens wil te fancy gaan en dan wil hulle sommer helse tariewe he vir n nag se slaap, die woorde ""lodge """ het n euwel geword en ontneem ons van baie tradiesies wat eie is aan jag en n jagter.

Ek sien soveel"""jagters""  maar hy kan nie eers n pens uithaal nie, wat is lekkerder as om jou eie bok se pens uit te haal , en te sien waar jou skote deur is of waar jou punt/koeel is en hoe hy lyk??

Jammer man dis nou van punt af .

groete

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Grystoppie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Feb 18, 2013 10:01 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by Grystoppie »

Johnny
Nee jy is nie van die punt af nie, dit vorm steeds deel van die prysbepaling. Jy som dit perfek op om van die term "lodge" ontslae te raak. Dis vir die manne anderkant die water.
Waar ek elke jaar gaan jag betaal ek n dagfooi van R250.00/kop als ingesluit. Staan self voor die potte en gooi self die eish.
Koelkamer en voertuig.

Groetnis

Grystoppie
Hou jou vrinne naby jou en jou vyande nog nader.
.22 Winchester"lever action", .222 CVA Rem Custom build, .375 H&H Mag Brno. .357 Mag Astra
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by ROBBIE1 »

Ek wil ook n plek he wat als insluit, slag, koelgeriewe, jagvoertuig, hout ens. Maak my eie kos, gooi eie dop, goeie leplek, en skoon geriewe. Waar ek jag loop dit nou van R300 - R400per jagter, all incl. Sien die manne sit deesdae die voertuig apart op, vir die manne wat dalk hulle eie bakkie wil gebruik, dan betaal jy nie ekstra nie, daarmee nie n pyn nie, maar ek wil nie nog vir elke bok n ekstra R100 gaan betaal om geslag te kry en die koelkamer ook nog ekstra nie, wat kos n rooibok jou dan?????
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by Eugene »

ROBBIE1 wrote:Ek wil ook n plek he wat als insluit, slag, koelgeriewe, jagvoertuig, hout ens. Maak my eie kos, gooi eie dop, goeie leplek, en skoon geriewe. Waar ek jag loop dit nou van R300 - R400per jagter, all incl. Sien die manne sit deesdae die voertuig apart op, vir die manne wat dalk hulle eie bakkie wil gebruik, dan betaal jy nie ekstra nie, daarmee nie n pyn nie, maar ek wil nie nog vir elke bok n ekstra R100 gaan betaal om geslag te kry en die koelkamer ook nog ekstra nie, wat kos n rooibok jou dan?????
Ek vermoed party jagplase word deur dokters besit! Soms voel die rekening op 'n Sondag oggend na die jag, baie soos 'n mediese rekening waar jy vir elke pilletjie en wattetjie en pleistertjie apart betaal en dan nog R700 per nag vir die voorreg om in die bed te slaap en dan is die etes ook nog apart.... :P
Aim small, miss small
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by ROBBIE1 »

Praat jy Eugene!!

Dis hoekom ek nie verrassings soek nie, maak jou prys en kry kla, as ek dan kans sien, is ek in, al die versteekde kostetjies kan n man aan die gat hap!!
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by Swys14 »

250 - 300 pd verblyf en 150 - 200 pd jagfooi is vir my billik...maar dan moet daar goeie koel en slagplek wees en 'n gemaklike en skoon jagkamp, hoef niks fancy te wees nie, Hout sal ek self saambring. Alles self sorg. Dis die tipe plekke wat ek altyd soek.
bokbal
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm

Re: DAG en NAG TARIEWE

Post by bokbal »

Verskoon dat ek nie reageer het nie iets het tussen my en die forum verkeerd geloop ek kon nie in log nie daar het n foto van so platoog vroutjie op my screen gekom

Ja terug by die tariewe baie dankie vir almal se insette. Ek het my pryslys so aangepas soos wat die manne hier verduidelik het. Alles is uiteen gesit so daar is nie verskuilde kostes nie dan sal daar ook nie misverstande wees nie. Die manne wat geboek het kla ook nie so ek glo almal verstaan beter. Nou ja die jag seisoen is om die draai “hou die roere warm“
Jagters Groete
Bokbal
Post Reply