Herlaai veiligheid

Post Reply

Op watter manier het jy as beginner leer herlaai?

Self leer laai deur deur soveel inligting as moontlik te bekom uit boeke, internet etc.
25
46%
Het herlaai kurses bygewoon.
6
11%
Het 'n ervare herlaaier se insette en kennis aanvanklik geraadpleeg.
23
43%
 
Total votes: 54

Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Herlaai veiligheid

Post by Jean Marais »

Dagsê almal

Dit is verblydend om op te merk hoeveel nuwe voornemende herlaaiers hierdie wonderlik bevredigende stokperdjie van self ammunusie laai begin. Dit is goed so, en jy sal nog baie vreugde put uit die ongelooflike resultate wat jy nog gaan behaal. (Jy mag egter frustasie ook beleef)

Wat my egter tans klein bietjie bekommer is die feit dat daar nie juis spesifieke owerheids-regulering van die tuislaaibedryf bestaan waaraan ek weet nie, behalwe vir 'n herlaaivereniging so hier en daar.

Ek wil derhalwe 'n dringende dog vriendelike beroep op hierdie nuwe manne doen om jouself behoorlik te vergewis van die potesiële gevare rondom self laai. Ons is almal verantwoordelik (so hoop ek) en ons almal weet dat 'n herlaaiongeluk potensieel tot die dramatiese ingryping in die vorm van streng voorwaardes en voorafopleiding en die @#$% weet wat vanaf owerheidskant ingestel kan word, amper soos met die instelling van die nuwe wapenwet. Kom ons reguleer onsself in die dat ons onsself behoorlik instudeer/kursus doen in die verskillende fasette van herlaai, en die ding van die begin af reg aanpak. Dit kan 'n ongeluk grotendeels uitskakel.

Ek hoop julle sien die in die gees waarin ek dit bedoel.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Smiley »

Jean, baie geldige punte, soos jy sê dit vat net een ongeluk wat die koerante haal en die gort is gaar.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Pvdw »

Ek weet nie of ek dit nou hier moet noem nie maar ek rig my laai plek nou so bietjie in om manne wat nog niks weet nie te help met die Rock bottom basics.

Basiese tegnieke en veiligheid. Daar is baie manne daarbuite wat net daai bietjie hulp soek om self VEILIG te begin laai.

Ek self het agter gekom dat daar baie cowboys daarbuite is en dat die beginners hulp nodig het.

Peet
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Jean Marais »

Peet

Skitterende idee. Ek is ook bereid om manne te help. Weet beslis nie alles nie, maar darem genoeg om basiese veiligheid en -tegnieke te kan oordra.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Cobus(Cobb) »

Kyk hoe gou kan iets skeefloop:

Ek laai gisteraand vir Ops, QL gedoen , setup reg...ek gebruik Lapua en het lank terug Winchesters gebruik, daar is 'n klein vol veskil tussen die 2
Op 'n onverklaarbare wyse, kom daar toe 2 Win doppe tussen my Lapuas in en ek sien die kruit hoogte in die nek verskil, maak leeg, gooi eenkant en begin weer.
Kruit 5 doppe, toe seat ek Koeëls en oudergewoonte skud ek die goed, geen swich, swich geluid van die kruit nie...gaan haal toe 'n bestaande gelaaide rondte, skud hom en hoor duidelik die kruit.......
Word bietjie koud, loop saggies balkie skaal toe en sien die lesing is op 48,5gr ipv 38,5gr.....ek weet toe my kop is op ander plekke, los alles net daar en loop slaap.

Manne, moet nie met 'n moeg kop loop laai nie....jy gaan jouself en jou pelle moertoe maak...

Wees Veilig
Cheers
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai veiligheid

Post by James Wilson »

Manne , julle spreek nou n kritieke punt aan. Die meeste herlaai handleidings spandeer gewoonlik n hoostuk of twee aan veiligheid. Ek sal alle voornemende herlaaiers aanbeveel om by daardie afdeling te begin. Die beste raad wat ek so opgetel het, is waar die skrywer terloops genoem het dat jou geweer se safety tussen jou ore.

Ek wil tog nuwe herlaaier aanmoedig om maar in die begin saam met iemand met ondervinding te laai.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by PWV »

As ek so na die deelnemers kyk, smaak dit my dit is nogal 'n probleem in die ou Transvaal! ??? ???
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Christo »

Ek het seker al 10 jaar of langer herlaai toe ek een van Hendrik van Rensburg se kursusse bygewoon het. Baie goed klaar geweet en goeie dinge geleer. Jy kan self begin en slegte foute maak of 'n klas of twee loop en wyser wees.

Amper soos jakkals jag, net erger om fout te maak.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by wlm »

By herlaai geld die spreekwoord van "nie te oud om te leer nie" net as jy nie te DOOD is om te leer nie.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Jean Marais »

Pieter Willem Vorster wrote:As ek so na die deelnemers kyk, smaak dit my dit is nogal 'n probleem in die ou Transvaal! ??? ???
'n Totaal en al onnodige opmerking. Geen positiewe bydrae :( :(
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by PWV »

Jean Marais wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:As ek so na die deelnemers kyk, smaak dit my dit is nogal 'n probleem in die ou Transvaal! ??? ???
'n Totaal en al onnodige opmerking. Geen positiewe bydrae :( :(

Grappie, Jean. Ek trek dit onvoorwaardelik terug! :'(
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by PWV »

Jean Marais wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:As ek so na die deelnemers kyk, smaak dit my dit is nogal 'n probleem in die ou Transvaal! ??? ???
'n Totaal en al onnodige opmerking. Geen positiewe bydrae :( :(
Jean, my positiewe bydrae:

1. Vooraf stel ek 'n rooster op van wat ek beplan om te herlaai (foto aangeheg)
2. Maak my herlaaikamer se deur toe en dit is net ek voor die herlaaibank - radio en TV af!
3. Rangskik my doppe met slagdoppies in, volgens die rooster wat ek opgestel het, in die patroonrakkie.
4. Weeg die kruit af en plaas doppie weer op sy plek soos op rooster aangedui. (In hierdie geval is die ladings toevallig nou dieselfde by almal, want ek het "seating depth" getoets)
5. Lig met 'n flitsie in elke dop om seker te maak daar is kruit in.
6. Druk die koeels in groep 1 se vyf doppies en nommer hulle op die dop (nr.1)
7. Druk koeels in tweede groep en nommer hulle, ens. (gevulde doppies staan dus op dieselfde plekke in die patroonrakkie)
8. Geen onderbrekings tydens die proses nie.

Met bogenoemde prosedure, wat al 'n ritueel geraak het, kry ek geen probleme nie.

Sorry, as dit julle verveel het, maar dit werk vir my!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Piet Pille »

Graag lewer ek my inset- sal graag wil hoor wat julle opinie hiervan is?

Ek en 'n vriend van my het destyds saam herlaai komponente aangekoop. Sover moontlik spreek ons af wanneer daar herlaai word en help dan mekaar. Ek het 'n herlaai "checklist" opgestel wat met elke batch gebruik word. Hoe dit dan werk is dat ons afwisselend elkeen die volgende stap op die lys doen. Dit is dan ook jou plig om seker te maak/dop te hou dat die ander een nie iets miskyk/vergeet/fouteer in die voorafgaande stap nie.

Dit dien dan as 'n dubbelle kontrole en spaar ook tyd. 2 persone moet nou beide dieselfde fout maak/ beide dieselfde ding miskyk alvorens daar 'n probleem kan deurglip.

LET WEL, dis belangrik dat mens nie sulke saamlaai geleenthede moet verwar met 'n brannas-in-die-hand-babes-op-die-brein-k@kpraat-op-die-tong- geleentheid nie. Na die herlaai kan mens mos die vuur aansteek.

Ek besef dat persoonlikhede verskil en vir party ouens is hulle herlaaityd hulle persoonlike grot-oomblike. Tog dink ek dat hierdie manier van 2 manne saam wel bevordelik is vir veiligheid


Aangeheg 'n voorbeeld van my checklist wat ons gebruik as ons laai.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Jean Marais »

Oom PW en Pieter

Ek dink dis goeie praktyk wat deur julle toegepas word. Ek werk ook volgens 'n spesifieke ritme/patroon, en wil nie gesteur word terwyl ek besig is nie. Mens moet dit doen om foute uit te skakel. Volgens my is die geheim:

Net 1 tipe kruit en slagdop op die laaitafel
Net 1 kaliber se doppe
Net 1 gewig koeëls van die spesifieke kaliber en dan, na alles;
check, re-check en check weer.

Verder dink ek ook dis belangrik om wanneer nuwe kruite/ladings uitgetoets word, om soveel moontlike bestaande inligting bymekaar te maak, en dit met mekaar te vergelyk, en daaruit dan met aanvangsladings te begin en op te werk na verlangde nodespoede/OBT ens.

As ek net weet hoe om 'n poll te begin, sou ek graag wou weet:

Wie het hulself leer laai deur die onderwerp behoorlik op te studeer
Wie het 'n herlaai kursus gedoen
Wie het 'n ander herlaaier se inset en kennis gebruik om aan die gang te kom.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Louis Kriel »

"Net 1 tipe kruit en slagdop op die laaitafel" Dis amper die belangrikste vereiste om nie dryfmiddels te meng of deurmekaar te raak mee nie. Ek maak ook seker daars is niks kruit onder in die kruitgooier oor nie. 74gr S121 gaan darem daai 375 mooi die lug in blaas! :o
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by tau »

Ek herlaai om te ontspan. Ek het ontsapna geen musiek op felefoon etc nie.

Ek het ook al foute gemaak waarvan die beste een laasjaar was met oes so dit gaan maar vinnig 2 bokke plat en derde bok in sight.En ek mik na bok le aan druk sneller net kliek...............mense geen kruit in daai dop. HOE ?????? Laat aand voor ons ry besef ek gaan nie genoeg patrone he nie en so herlaai ek toe nog 20. Gebruik toe my dummy rondte om TPL te stel wat met die die en sit toe die dummy rondte wat geen primer inhet en net tou binne in die ammo kussie.

Elkgeval ek besef toe hoe maklik dinger verkeerd gaan. Ek het nou "n kas weg van my herlaai tafel met die kruite, primers en dies toegesluit in. As ek dus sekere kaliber laai gaan haal ek daardie kruit en dies.

Het ook nou 2 x herlaai plastiek trays een Blou en een Rooi. Ek werk elke stap vanaf die een tray na die ander.

Gebruik ook flits om te sien dat eleke dop se kruit min of meer dieselfde hoogte le in dop.

ek weeg dan ook al die volledige patrone na die tyd net om seker te maak hulle is na mekaar.

Dit is hoekom ek so erg is oor Jaracal vreeslik baie om te leer en manne wat hulle foute deel om jou te waarsku teen dieselfde foute.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Jean Marais »

Baie dankie Ludwig. Resultate is nogals insiggewend.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by LongWolf »

Manne;

Een ding wat ek vandag kan se is: toe ek begin herlaai het, het ek vir 4 maande gelees op die "net"
en baie geleer - MAAR vandat ek by Jaracal aangesluit het, het ek in 1x week meer geleer as 4x maande se google.

Wat vir my opvallend is en uitstaan is die feit dat ek hier geleer het "watter vrae om te vra"

Ek persoonlik dink dat meeste mense wat nie iemand het om van te leer nie (reg aan die begin) - ook nog nie weet watter vrae om te vra nie en dis wat die kruks is van Herlaai - leer deur die regte vrae te vra.
Doen n kurses en leer van die manne wat al lank herlaai.

Van my kant af: dankie vir die kennis wat ek reeds ge-erf het van julle manne af.

++>: ++>: ++>: ++>: ++>:
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Jean Marais »

Ek sien daar is darem 'n paar manne wat die kursus roete gevolg het. Ek het werklik gedink dat daar meer moes gewees het.

Wat sou die rede wees? Is kursusse dalk te duur/skaars, of mors dit net jou tyd?

Ek wil graag hoor by die ouens wat wel kursusse gedoen het, was dit jou eerste blootstelling aan herlaai, of het jy die kursus gaan doen nadat jy al bietjie herlaaiwerk self gedoen het. Het die kursus jou laaiwerk verbeter, m.a.w. het jou akkuraatheid toegeneem?

Van die ouens wat nie kursus gedoen of by 'n reeds ervare laaier gaan kers opsteek het nie, het jy gevind dat laaiwerk jou soms frustreer omdat jou resultate nie na wense was nie, en dink jy dat jy dalk goedkoper (in die sin van dat jy met minder skote al gewenste resultate kon behaal het) sou wegkom as jy wel 'n kursus gedoen het of 'n ervare man se kennis gaan tap het.

Vir my persoonlik is ek spyt dat ek nie vroeër beter inligting tot my beskikking gehad het nie. Ek het ook nie juis iemand geken wat self herlaai toe ek begin het nie, en dis al 'n jaar of 15 gelede. Dit sou my beslis heelwat geld gespaar het aan kruit, koeëls ens.

Ek hoor graag julle kommentaar.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Herlaai veiligheid

Post by Johan Reyneke »

Ek het sowat 28 jaar terug begin herlaai vir 9mm en 38 spec. Daardie tyd was daar nie Internet nie en moes maar boeke oral koop, leen ens om op hoogte te kom. Daar was ook nie kursusse nie. Somchem boek en die RCBS herlaai boek was die meeste gebruik, want dis permanent tot my beskikking. Het so 6 jaar terug toe begin met jag geweer herlaai. Internet was toe die grootste bron van inligting saam met al die boeke wat 'n mens maar so deur die jare versamel. Toe ook al die goodies begin koop, chrony, ens.

Langpad van ontwikkeling. Maar soos almal se, een kruit, een kaliber wanneer gelaai word.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Post Reply