Tafjak Vol 2 Riglyne

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Gerhard »

Taffie het die spyker oppi kop geslaan met die volgende stellings....

Moenie jakkals areas oorroep nie, m.a.w om jakkalse elke nag vir dae aaneen te gaan roep sal hulle net roepslim maak. Waak ook daarteen om mis geskiete jakkalse te gou gaan roepvan dieselfde staanplek af met die selfde klank. Verander bietjie die aanvang en ook die staan plekke. Vermy misgeskiete jakkale ten minste 2-3 maande. Onthou ook die ander metodes in die die jakkalse probleme gee.

As jy bietjie wil spog.... Doen dit eerder met slim kinders en dom jakkalse

Die en ander jakkals wyshede gee Taffie weg saam met die klanke.

Die Doekvoet klanke is beslus kos klanke wat gaan werk soos n bom.

Swartrug 2 is seker van die lekkerste jakkals gesels roepe wat ek nog gehoor het.

Om nie van Vosvlek te vergeet nie.

Taffie weereens dankie vir die gawe klanke en riglyne hulle gaan beslus die jakkalse rol...
Last edited by Gerhard on Tue Dec 11, 2012 3:05 am, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Jassie »

Taffie

Ek vra maar altyd raad voor ek my naam gat maak (ek kry dit soms mooi reg selfs al het ek gevra)

In jou riglyne dokument by Tafjak Vol.2 maak jy die volgende stelling: "Swartrug F is waar 'n teef met haar kleintjies reageer ....."

Kan jy bietjie meer sê daaroor. Het sy die spul bymekaar probeer maak of probeer sy hulle dalk oorreed om bymekaar te bly. Hierdie is 'n baie interesante klank en ek sal graag meer wil weet in verband met die omstandighede soos jy dit "lees".

Hoe en in watter omstandighede sal jy die outjie aanwend.

Groete
JAS

Die klankies lyk my is sommer lekker gewild hier by my.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by tafjak »

Jas

Die aanvang van Swartrug F is 'n jakkals wat roep en daarna antwoord die teef en 6van haar kleintjies. Dit is in Oktober opgeneem. Baie goeie locator regdeur die jaar, werk min of meer dieselfde as die Vlekkies.

Lekker om af te sluit met Swartrug 1 so minuut of wat daarna Swartrug 2 of 3.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Jassie »

Dankie Taf

Ek het gedink daar is meer grotes.. Die kleinspan sit ook sommer vir jou 'n lekker bek op. Goeie klank en goeie tip.

Groete ou Grote
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by johann »

Ja nee die klanke is sommer spoggerig, as jy eers daardie doekvoete met swartrug 8 en tafjak8 meng gaan dit tog te lekker.

Die suiwerheid van die klanke is 'n groot pluspunt. Moet vir oom Taffie kloplimenteer hul werk uitstekend.

Groete Johann
25-06 Remington
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Chuck »

Oom Taffie

Oom het dit seker nou gesê, maar in my onkunde wil ek net doodseker maak..  Kan 'n ou nou 'n roepsessie afskop deur met Swartrug F te begin, veral in gebiede waar die jonges nog nie uitgehaal is nie, of is 'n fyn kos klankie met baie stilte nou meer aan die orde van die dag?

Groete,

Izak
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by tafjak »

Chuck

Om met hase te begin(DG1, Klein Ore en so paar Doekvoete werk goed) sal ook werk. Vlekkie D,E,9 ; Jakkalsroep2 en Swartrug F sal egter baie tyd spaar om mee te begin roep.

Mooiloop

041-9229858 kantoorure sal die plek wees om Tafjak klanke aan te koop.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Chuck »

Baie dankie oom.  Ek is die ou hier van Postmasburg se wêreld, ek het einde 2012 vol 2 by oom gekoop. 

Al wat kort is nog 'n kursus by oom, ek het te laat gehoor van die een wat Johann gereël het. 

Weereens dankie vir die advies,

Izak
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by johann »

Chuck ken jy vir oom Kobus Maritz hul van Heuningkranz?
25-06 Remington
Chuck
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Thu Feb 16, 2012 9:28 am

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Chuck »

Johann, ja ek ken hom.  Hy het onlangs die plaas verkoop...
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Polla1983 »

More Manne.

Ek is n 'nuweling' op die forumm en nie seker hoe werk wat nie. Ek is opsoek na die jaftak cd's en sien dat daarvan gepraat word hierbo, so ek neem aan ek is op die regte spoor.

Is daar iemand wat my kan help met informasie om die Jaftak cd's te bekom? Hoe kan ek bestel en waar? asook wat beskou julle as die 'beter 1' aangesien daar 2 volumes uit is?

Dankie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Geno »

Polla1983 wrote:Hoe kan ek bestel en waar?

www.jackalpro.com
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Jassie »

Polla koop albei.

Jakke en Katte is mal daaroor. Bel sommer die mense by die nommer soos Taffie hierbo aangedui het 041?????

Groete
JAS
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Tafjak Vol 2 Riglyne

Post by Polla1983 »

Dankie julle.

Hetvir my bestel.
Post Reply