Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek stop sommer altyd my camo bakkie op hhulle pad land toe onder n boom en sit agterop en wag dat hulle verbykom. Jy sal verbaas wees hoe swak die varke sien, as die wind reg is sal hulle sommer amper aan die bakkie vasdraf.
Hier is een wat ek so geskiet het was seker op so 8meter steeds reguit oppad bakkie toe.
Die ander een het Blokkies geskiet maar ook nadat hy verby die bakkie is net voor hy die land in is.
Baie netjies. Jy sal my seker nou nie glo nie, maar ek het in my hele lewe nog net 1 vark geskiet. Hulle weet seker wat vir hulle voorlê, want ek sien amper nooit van die goed nie, en van die kere wat ek al op hulle aangelê het, het ek so bokkoors gekry dat ek hulle geheel en al mis geskiet het.
Moet darem bysê ek was toe veel jonger gewees. As ek hom nou raakloop, gaan hy val
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion) (“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Ons skiet nou nie in suikerriet nie. Maar die mielies wel. Die tyd nou is wanneer ons baie besig is en baie boere ons bel. Die varke slaap sommer in die lande want hullet kos en water daar binne. Die mieliejag is baie makliker as wat ons aan gewoond is. In die veld werk jy op n koue spoor en die gevare van strikke wat die honde kan vang is baie groter. In die lande is die honde vinnig op die spoor en die honde kry nie so maklik seer nie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek het saam mense in Schweizer gaan varke skiet in mielie lande. Baie opwindend en vinnige aksie. Ek het my. 308 gebruik. Het vir my lekker gewerk met n fixed-parallax scope.