Goedkoop les!!

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Goedkoop les!!

Post by James Wilson »

Ek het met die uitverkoping van S&O twee vriende omgepraat om wapens te koop. Albei het Savage axis gekoop en albei het reeds lisensie.

Die jonger man het ek begin leer van herlaai en hy het n klomp komponente by S&O gekoop toe hy sy geweer gaan haal het.

Hy het onlangs in Las vegas n lekker leopold gekoop. Die lank en kort is dat ek hom leer om te laai. Die basics. Nou het ons al n hele paar loads getoets.

Die tweede load wat ons vandag toets (50.8grn). 270 toe wil die slot nie oop nie, ek is baie verbaas want dit is maar n baie lae lading, en so by so het ek al n hoer lading sonder druk tekens uit die geweer geskiet. Die slot het aanvanklik moelik op die patroon toegemaak en ek dink toe maar daar was fout met die dop. Toe die tweede dop maklik toegaan toe sien die man kans om weer die skoot te trek. Selfde storie ons moet die slot met n hammer oop slaan en die slot agtertoe stamp met n laai stok.
Albei doppe kom uit die kamer sonder n primer en die flashole is krom getrek.

Ek se toe net daar stop pak op hier is groot fout. Daar le en wag nog drie patrone met nog n hoer lading. Dit is toe wat die man besef dat hy het die lading 58.0 grn gelaai in stede van 50.8!!!!!!!!!

Ek het toe baie moeite gedoen on vir hom te se hy moet eindelik dood wees. 7 grn oor maksimum lading van die boekkie se waardes die spoed uit die 22 duim loop 3244fs op 150grn koeel!!! S365

My oorlede pa sou gese het dit is nou n goedkoop les. Maar ai daai Savage kan n punch vat
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by Carl »

Wetter James julle is gelukkig, daai 150 gr is seker los bo-oor die teiken en trek seker nou nog!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by LongWolf »

Moet se...

Voor ek aan n laai ding gevat het, het ek ge-google dat dit bars - 4maande se lees, ou herlaaiers se trieks met die oe gesteel, gevra en my grond beginsel. skoon doppe - weeg 2x keer - kyk met n flits - dan eers druk ek die punt in.

ek bang die dood nie want ek gaan nie van hom weet nie - daai verminking is die een wat my rerig bang maak.

my oupa het altyd gese: kry die muisneste uit jou kop voor jy aan die skerpkant vat: waar woorde van grofsmid.

die skoolgeld was goedkoop maar die prys van die les - onbekostigbaar.
ek dink dis n goeie herhinering aan hoe maklik enige mens n fout kan maak.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by Pvdw »

Het so 2 Saterdae terug 8 PMP 150gr's oor die crono geskiet met vriend se CZ. Laagste was 2950ft/s en vinnigste was 3050ft/s. selfs dit is hoër as die Somchem boek se spoed.

Daai Savage is darm haastig as ek hom so loer
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by Marc »

Ek het die een oopgemaak met so: that's gonna hurt gevoel in my gat. Dankie tog Savage het so goeie aksie, die ding kon heel skeef gedraai het. Bly julle is darem ongeskonde

Net so vir interesantheid, wat was die druk ??? QL manne ???
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Goedkoop les!!

Post by Eugene »

Yo yo yo.....! 'n Ou moet maar kyk jong.... Bly julle is OK!
Aim small, miss small
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by Smiley »

Sjoe sjoe, het daai selfde fout gemaak destyds toe ek begin laai het vir die 338. Ek moes 'n nuwe kolf laat bou het. Het foto's gesien van ouens wat sleg afgekom het met dit, nie mooi gesig nie. Julle was baie gelukkig.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Goedkoop les!!

Post by BRNO (Pierre) »

Groot les vir ons almal. Trevor het dieselfde gedoen die ander dag, maar hy het darrem te min kruit in gegooi.

Marc, dit lyk asof die druk nagenoeg 82 352psi was. Darrem is dit net 17 000psi oor die maks druk. Daai man kan baie gelukkig wees.

Moet se voel nou beter oor my vrou se axis.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by Marc »

Dankie Pierre
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Goedkoop les!!

Post by theedge »

Ai maat kon soveel erger gewees het ja beslis n les - bly julle en toerusting is ok
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Goedkoop les!!

Post by KalahariKlong »

Ek kry hoendervleis. Baie manne reken ek is oor versigtig. Ek weeg tot my eindproduk en vergelyk.
Julle is baie gelukkig. Eks bly niemand het seer gekry nie.

Groete
KK
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Goedkoop les!!

Post by Jean Marais »

Die groot geheim van herlaai, veral as jy begin: Check, Re-Check, en check weer. Maak 100% seker jou skaal/tipe kruit/slagdoppe ens is korrek vir wat jy wil doen.

My 2c opinie.

Bly niemand het seergekry, of dat jou wapen skade opgetel het nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply