Kommandowurms

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Kommandowurms

Post by Dawid »

My vrees is toe bewaarheid.....Die oormatige skoenlappers waarvan my vrou my n tyd terug vertel het, het toe vrugte afgewerp......Die Wes Transvaal is smaak my oortrek met wurms......ek neem aan dis kommandowurms.

Wie weet nog iets van die plaag.......(asof die droogte en die laat reens nie genoeg was nie)....Ai jai jai :-\

Groetnis

ns Waars die manne wat sheba maak van die goed? ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kommandowurms

Post by Kalahari »

Dawid

Daar is 'n artikel in die Landbouweekblad van 8 Februarie 2013 op bl 34, nog nie self gelees nie, maar dit klink my die wurmpi moet vinnig vasgevat word, anders maak hy groot skade.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Kommandowurms

Post by FHM »

Kalahari wrote:Dawid

Daar is 'n artikel in die Landbouweekblad van 8 Februarie 2013 op bl 34, nog nie self gelees nie, maar dit klink my die wurmpi moet vinnig vasgevat word, anders maak hy groot skade.

Is dit nie die wurm wat die mede Afrikaners ook pik nie - of is dit eerder die Mopanie wurm? :-\
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kommandowurms

Post by Geno »

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/K ... e-20130215

Kommandowurm-plaag knou Noordwes-boere
2013-02-16 00:22
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

Klein, maar gevaarlik: die vreetlustige Afrika-kommandowurm.

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Susan Cilliers
Die eerste plaag kommandowurms die afgelope tien jaar in Noordwes maak die lewe vir boere moeilik.

Hulle vreet kosbare weigras en gewasse soos mielies terwyl beeste opblaas en siek word wanneer hulle die wurms inkry, sê Cor Jansen van Vuuren, president van Agri Noordwes. “Die vee kan vrek as hulle nie behandel word nie.”

Jansen van Vuuren sê die wurms het ’n hele blok mielies naby Delareyville gevreet. “Ook boere rondom Schweizer-Reneke sukkel.”

Die wurms kan doeltreffend met gif bestry word.

Hulle beland vermoedelik in die mot-fase in Suid-Afrika wanneer dit warm genoeg is en sterk winde hulle van warmer Afrika-state soos Zambië inwaai. “Ons kry nooit in die kouer maande wurm-uitbrekings nie,” sê Jansen van Vuuren.

Die plaag knou boere veral nou omdat dit droog en weiding skaars is.

Bonolo Mohlakoana, woordvoerder van Noordwes se departement van landbou, sê daar was ook in 1993 en 2003 ’n Afrika-kommandowurm-plaag in Suid-Afrika.

Dit volg gewoonlik ná groot plae in Tanzanië en Zambië. “Die Suid-Afrikaanse regering beskou die wurms nie as ’n pes wat gereguleer moet word nie (omdat dit selde hier voorkom),” sê Mohlakoana.

“Boere is dus self verantwoordelik om dit te beheer.”

Volgens Mohlakoana is die wurms ook in die Mahikeng- en die Vryburg-omgewing gesien en word boere in die hele provinsie gemaan om op die uitkyk daarvoor te wees.

Diere wat die wurms vreet, ontwikkel simptome soos slukprobleme, verlamming, kwyl wat uit hul bekke loop, opgeblasenheid, tandeknersery en senuweetrekkings.

“Vee-eienaars wat sulke simptome sien, moet hul diere van die aangetaste weivelde wegvat en plaaslike gesondheidstegnici of ’n staatsveearts inlig,” sê Mohlakoana.

“Diere kan ook as voorsorgmaatreël vir 40 dae uit weivelde geneem word waar die wurms voorkom.”

Vee moenie te gou nadat gif vir die wurms gespuit is na die weivelde teruggeneem word nie omdat hulle dan sekondêr vergiftig kan word.

- Boere wat kommandowurms gewaar, word versoek om dit aan te meld by KieserM@arc.agric.za
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kommandowurms

Post by Dawid »

Sover laat ek Supermatrine spuit en skynbaar vrek die goed op strepe en hou ek maar die diere van die aangetasde areas af.Dus lyk dit of die spuit suksesvol is. Gelukkig sover niks in die mielies nie, net op die bietjie Bloubuffel gras, smaak my tot die kweek is sover gelukkig.Sal dan maar wag vir goeie reen voor ek die diere weer van kamp laat verwissel.Blessitse wurms.....asof ek nie laas seisoen genoeg gesukkel het met weiding nie..
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Kommandowurms

Post by Armand9 »

Hier in die Noord Kaap het hulle ook posgevat. Die geluk hier is alles kan deur die spilpunt vrek gespuit word. Soms tot nadeel van die boer!!Ander peste vat dan pos.
Sommige plekke moet jy soek om n wurm te kry,maar vreetskade is daar baie. Lyk my die man het n redelike aptyt!
User avatar
Scalla
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Wed Jan 18, 2012 11:07 am

Re: Kommandowurms

Post by Scalla »

2 groot uitbrake in die Potchefstroom omgewing ook.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Kommandowurms

Post by Wayne »

I have also been fighting these Army Worms with cypermethrin, but it is difficult in the bushy areas. First noticed them on Sat. At present they are staying out of our planted crops.
Queenstown, Eastern Cape
wayne
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Kommandowurms

Post by C.J. »

Dawid,

Daai wit skoenlappers is nie die oorsaak nie. Kommandowurm kom van 'n bruin mot wat in die nag vlieg af, die voorste vlerkies is bruin en die agterste stel is wit. Hulle lê tot 'n 1000 eiers en leef 10 dae. Hulle kan tot 100km vêr vlieg voor hulle begin eiers lê, hang maar van die wind af. Hulle eet slegs gras gewasse en beweeg maar soos 'n trop diere wat wei. Hulle vrek baie maklik, so enige Piretroïed soos Cypermethrin, Lamda, Lamdex, Karate, Decis ens sal hulle beheer. Indien hulle 'n land klaar verwoes het kan daar net om die land met een van hierdie produkte gespuit word om te keer dat hulle verder versprei.

Die eier vat 2-5 dae om uit te broei. Wurm leef 3-4 weke voor dit so 2-3cm onder die grond in gaan en 'n papie word wat dan 7 dae vat om 'n mot te word. Die mot leef dan 10 dae soos genoem.

Voëls wys gewoonlik waar hulle is, asook natuurlik die dooie kolle in die weiding.

Hoop dit help.

Groete,
C.J.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Kommandowurms

Post by Armand9 »

Mense wat rooispinnekop op hul mielies kry moet maar net versigtig wees vir n pirotroied, hy kan nogal n land oorneem na daar gespuit is. Maar dit raak n catch22, hoe moet mens nou maak??
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Kommandowurms

Post by jamalley »

Ook nou in Lesotho en die Oos Vrystaat - hier by ons in Ficksburg
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Kommandowurms

Post by G-force »

Het eenige iemand fotos van die goed en hoe n land lyk na hul deur is?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Kommandowurms

Post by C.J. »

G force,

Jy kan Spodoptera exempta op google images gaan soek, daar is baie fotos oor die mot, larwes en skade.

Groete,
C.J.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kommandowurms

Post by Geno »

Image

Image

Image

Image
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Kommandowurms

Post by C.J. »

Ek het vandag op 'n warm pad een se spoed gevat: 0,06km/h in 5 de rat. So as hulle 'n paar km van jou af is, is dit darem nie doodsake nie.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kommandowurms

Post by Dawid »

Vir my vrou gese om n spul te vat en in n bottel te gooi en te vries.....wil Bloemhof se babers gaan knou met hulle.

Dalk net bring ek n nuwe SA Dip uit......Kommando dip
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Allieman
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Tue May 29, 2012 7:22 pm

Re: Kommandowurms

Post by Allieman »

Goeie naand almal!

Die wurmpie maak seer! Hier by ons is boere wat weiding veloor het,sommer 600ha op n slag wat lyk of daar n sement blad gegooi is nadat hulle klaar is. Ek boer met buffels en sables en so an.wil nwt graag hoor by van die manne wat meer weet as ek. Sal die wurm my buffels en ander bokke ook benadeel?

Groette allieman!
Post Reply