Ek weet nie of ek dit al mag noem nie, maar oom Kobus du Plessis van Impala is besig om "nuwe" (improved is seker die beter woord
Die koeel kom in 4x kalibers, elkeen in net een gewig uit:
.375" kom in 'n 300gr
.416" kom in 'n 400gr
.458" kom in 'n 500gr
.510? kom in 'n 535gr
Die verskille (behalwe die feit dat hulle swaarder as die normale Impalas is) is dat die koeel n lekker groot meaplat het en ook dat hy n lekker groot crimping groove het wat spesifiek vir die swaar recoil kalibers daar gesny is om te verhoed dat rondtes in jou magasyn se koeels instamp in die dop in as gevolg van swaar recoil.
Ek kan nie sien dat hierdie solids enigsins hoef terug te staan vir enige ander brass solid soos die Rhino of selfs die alombekende Barnes nie. Wat soek n man in n solid? Jy soek reguitlyn penetrasie. En dan moet die koeel ook natuurlik nie vervorm nie. Die feit dat die Impala aan beide hierdie vereistes voldoen (in my beskeie opinie en minimale toetse) PLUS dat hy 1/3 van die prys van n Barnes is maak dit vir my die moeite werd om hom te skiet. Wat is die aplikasie vir n solid in my (die jagter) se geval? Seekoei kopskoot, Olifant kopskoot en buffel of soortgelyke groot dier opvolgskoot. Ek sal enige van hierdie take aanpak met n Impala solid in my geweer sonder om enigsens te twyfel.
375Ruger & 450Rigby, groete,
Stefan




