Jakkals saam gaan jag 2

Post Reply
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Jakkals saam gaan jag 2

Post by Johan22 »

Naand se al die Bloem jakkals jagters

Ek het darem al saam met 4 manne gaan jag maar sal nog wil saam gaan met ander manne ook as dit nie nou die ouens sal ontstel nie. Stan Man en Visstok het my mooi gewys hoe om te skiet uit 'n stoel en ek moet se dat dit nice was. Johann EN JP65 het my nou weer uit 'n ander stoel laat skiet al het ek nie op een van die twee jagte 'n vlekkie gekry nie het ek ystervark en 'n teiken geskiet. So dalk kan ek as die ander ouens my wil saam nooi darm ook miskien 'n jakkals skiet.

As dit die ouens gerus sal stel. Ek rook nie, ek raas nie en sit betreklik stil en het darem al 'n paar nagjagte agter die blad nie met jakkalse nie maar het darm al 'n paar bokke op my kerfstok in die nag.

So as daar enige manne is wat my wil/kan saam nooi sal dit nice wees

Byvoorbaad
Dank aan die wat wil

Johan22


:police: >:D
stan man

Re: Jakkals saam gaan jag 2

Post by stan man »

pasop vir die man hy skinder. >:D >:D >:D
maar verder het hy nogal mooi maniere. hy hou net van braai na 1uur in die oggend.en hy snuif coke saam met my ,die bubbles brand sy neus ook maar kwaai.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jakkals saam gaan jag 2

Post by BLOK »

Klink my hier behoort jy ook reg te kom

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=19372
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Jakkals saam gaan jag 2

Post by Johan22 »

Ja daardie braai was te lekker maar die bubbels maak seer.

Johan22
Post Reply