Hallo

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
hieha
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Thu Oct 18, 2012 3:23 pm

Hallo

Post by hieha »

Aangesien ek 'n roofkyker op die forum die afgelope ruk is - wil ek graag my aan julle bekendstel.

Ek is Roelof Faul van Rustenburg in die Noordwes, en naas 1 ander ding is ek die liefste vir jag en golf!
Ek en 'n paar maats jag al 'n hele klompie jare saam, en ons seuns gaan gereeld saam.
Hoewel ek die liefste vir bosveldjag is (te voet) het ons al die horison-skiet ding ook al 'n paar maal gedoen.
Ek is maar 'n biltongjagter, en stap maar so aan vanaf die kleiner wild soos Rooibok ens na koedoe en blouwildebees, hoofsaaklik vir waarde vir geld.

Dit het my opgeval hoeveel kennis tussen julle manne(en vroutjies) is, en daar is altyd iemand wat bystaan met raad en advies.

Soos Jonas sal sê "Bas hierrie plêk hy is die lekka plêk !"

Groetnis
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Hallo

Post by Jaco B »

Welkom, Hoop jy geniet die forum.
Jaco
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hallo

Post by FHM »

Welkom hier saam met ons Roelof - sien uit na jou deelname!
Hier is n afdeling vir tieners ook as jou laaities wil kom spog met hulle jagtery.

Groete ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
hieha
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Thu Oct 18, 2012 3:23 pm

Re: Hallo

Post by hieha »

Dankie Francois, jong van voorskoolse laaities het hulle verander in "swaar op die sak" skoolverlaters.

Gelukkig deel die seuns nog die liefde vir die veld.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hallo

Post by Carl »

Welkom Roelof, ek hoop nie jou skiet vermoeë is so sleg soos jou golf voorgee nie;-) Jy is nou op die regte plek, laat weet as ons kan help.
hieha
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Thu Oct 18, 2012 3:23 pm

Re: Hallo

Post by hieha »

Jong Carl,

ons gebruik maar die golf voorgee, om vir die jag te betaal.

Dankie ek gaan verseker op jou knoppie druk.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hallo

Post by VdWalt »

Baie welkom hier - ek glo jy gaan lekker kuier!

Ek is bitter teleurgesteld dat jy sommer inval en groet sonder
om iets te probeer verkoop!! he he !!
Post Reply