impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
more almal
soos die jagtyd nader kom en mens begin jou goed regkry het ek n vraag.hoe veilig is die impala of ander soliede punte as dit by kudu of gemsbok jag kom.hoekom ek dit vra is toe ons laasjaar by ashkam in die kalahari gaan jag het, het n man met n .308 die impalapunte gebruik.ons het net springbokke geskiet en alhoewel die akkuraatheid goed was en die vleisskade min met die impalapunte, was al die bokke wat met die impalapunte geskiet is nog lewendig toe ons by hulle kom,selfs toe ons minute later die bokke gaan optel het.meeste bokke was netjiese bladskote!
so my vraag is weer, sal ek nie die groter bokke kwes met impalapunte of ander soliede punte nie?
groetenis

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Is jou antwoord nie in jou vraag nie? Jy tweifel al klaar oor die Impalas. Wat is die ander
wat jy as soliede koeels sien - jy kan bv nie Barnes en GMX met Impala vergelyk nie
siende dan hulle omklink, al is hulle mono.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Ek gebruik impalas 130gr en 270gr in my 303 en 375 ek is baie gelukkig met hulle.
Enige dier gaan n ruk vat voor hy vrek tensy jy die brein skiet. Veral as daar adrenalien betrokke is.
Ek se vir almal vermy Kop of Nekskotte met die impalas en bly by die vitals. Hulle werk vir my en daar is baie ander wat ook gelukkkig is.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Ek dink VDW het jou n mooi antwoord gegee. As jy nie seker is en 100% vertroue in iets het nie hoekom dit dan gebruik. n Bok kos geld en as die moontlikheid daar is dat jy hom gaan kwes agv die vermoe van die koels wat jy gebruik is dit dom dink ek. Gebruik eerder iets wat jy meer vertroue in het en mdud meer sekerheid wat nie net jou bekomernisse nou minder gaan maak nie, maar ook sorg dat jy die jag meer gaan geniet.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Deel van jagetiek is om die dier so gou en met die minste lyding moontlik te dood. Ek self was al getuie van wat Gido hierbo sê, en daarom sal ek in my lewe nooit Impala koeëls vir jag gebruik nie. Verder is ek bewus van heelwat jagplase wat Impala koeëls nie toelaat nie, juis agv bogenoemde.
In my opinie - jag met die beste wat jy kan bekostig
Groete

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
middag blokBLOK wrote:Ek dink VDW het jou n mooi antwoord gegee. As jy nie seker is en 100% vertroue in iets het nie hoekom dit dan gebruik. n Bok kos geld en as die moontlikheid daar is dat jy hom gaan kwes agv die vermoe van die koels wat jy gebruik is dit dom dink ek. Gebruik eerder iets wat jy meer vertroue in het en mdud meer sekerheid wat nie net jou bekomernisse nou minder gaan maak nie, maar ook sorg dat jy die jag meer gaan geniet.
weet jy ek het dit nou nie genoem netnou nie maar n paar manne het vir my vertel hulle het sukses met die impalas en ek het nog nie hulle gebruik self nie.wou net hoor hoe die mense op die forum die impalas ervaar met groter wild.
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
dankie jean,daar kry ek my antwoord.Jean Marais wrote:Deel van jagetiek is om die dier so gou en met die minste lyding moontlik te dood. Ek self was al getuie van wat Gido hierbo sê, en daarom sal ek in my lewe nooit Impala koeëls vir jag gebruik nie. Verder is ek bewus van heelwat jagplase wat Impala koeëls nie toelaat nie, juis agv bogenoemde.
In my opinie - jag met die beste wat jy kan bekostig
Groete
lekker dag
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Gido
Hier is vir jou baie leesstof, dan besluit jyself.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t ... lit=impala
Hier is vir jou baie leesstof, dan besluit jyself.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t ... lit=impala
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Gido, ek wil begin deur te se jy moet met Danie Lombaar ook hier op die forum praat. Hy het baie goeie resultate met Impalas en gebruik hulle nog gereeld. Danie het baie ondervinding en is selfs n vuurwapen instrukteur.
Ek en n vriend van my het tussen ons twee 300 magnums, 2 pakke impalas uitgeskiet op varke. My ondervinding hier verskil van Danie sin. Soveel so dat ek self nooit weer Impala sal gebruik nie.
Soos ek se is daar egter heelwat manne wel baie tevrede is met die koeels
Ek en n vriend van my het tussen ons twee 300 magnums, 2 pakke impalas uitgeskiet op varke. My ondervinding hier verskil van Danie sin. Soveel so dat ek self nooit weer Impala sal gebruik nie.
Soos ek se is daar egter heelwat manne wel baie tevrede is met die koeels
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
middag james
weet jy james,ek het nou-net n bespreking gelees wat jean vir my deurgestuur het.dit is omtrent presies n jaar terug hier op jaracal bespreek.daai toetse spreek vanself.het self n .300 win mag en wil nie die jaar gaan naam weggooi nie.dankie vir jou raad.

- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Dagse
As dit kom by akkuraatheid is Impalas nogals baas.My oom het altyd gese deesdae se punte is almal goed waar die verskil inkom is SIT JY DIE SKOOT WAAR JY MIK?Jy kan die beste en mooiste punt he maar as hy nie tref waar hy mik nie help dit niks.My beskye opinie is kies die een wat op die dot skiet of dit nou Piet maak Patrone is of Normas.
Met die regte skootplasing kan jy n kudu bul met n 222 ook eties dood
Groete
Kobus
As dit kom by akkuraatheid is Impalas nogals baas.My oom het altyd gese deesdae se punte is almal goed waar die verskil inkom is SIT JY DIE SKOOT WAAR JY MIK?Jy kan die beste en mooiste punt he maar as hy nie tref waar hy mik nie help dit niks.My beskye opinie is kies die een wat op die dot skiet of dit nou Piet maak Patrone is of Normas.
Met die regte skootplasing kan jy n kudu bul met n 222 ook eties dood
Groete
Kobus
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Kobus, is die regte plan nie om die beste koeels so te laai dat hulle op die dot skiet nie?
Dus n koeel met n goeie doodmaak vermoe wat ook skiet waar jy mik!

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Het hierdie draad gevolg en die vorige een betreffende die toets by Wouter Roets ook gaan deurlees. Ek kry die knaende indruk dat die manne wat besluit het die ding na hulle persepsie nie werk nie, totaal vaskyk in wat hulle beskou as die probleem met die koeel en dan verder alle ander data wat hulle wel tydens die toetse ook ingesamel het totaal ignoreer. Vergeleke met die ander koeels wat in 'n toets gebruik is, hou die Impala goed, hy breek nie op nie, hy het wel met die kleitoets verweer (die ander koeel het totaal gedisintegreer). Geen kwesskote met die koeel is gerapporteer nie. Geen 'comebacks' met swak geplaaste skote/marginale skootplasing is gerapporteer nie, so wat is die probleem manne? My afleiding as 'n persoon wat nog glad nie Impalas gebruik het nie, is dat die koeel dalk nie so vrot is as wat daar beweer word nie. Dit laat my dus tot die gevolgtrekking dat die 'objektiwiteit' nie so objektief is as wat beweer word nie en dat ek dit beslis vir myself wil toets. Ek beplan om die sg Bosvelders uit te probeer in my geweer. Ek sal ook my perspektiewe opper namate ek die koeels getoets het.
Groete,
JHN
Groete,
JHN
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Goeie Familie Vriend se koeel uit 'n Blouwildebees met die 9.3
https://dl.dropbox.com/u/65759801/Picture%20034.jpg

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Gido
Vergewe my hier maar dit is iets wat ek nie verstaan nie. Jy gaan saam met n jagter waar hy n produk gebruik en jy sien met jou eie oe die resultate. Julle skiet springbokke wat seker een van die maklikste diere is om te dood en die produk sukkel om dit wel reg te kry. Jy wil dan weet of hierdie produk geskik is vir aansienlike groter en taaier diere met dieselfde kaliber aldus teen n hoer lanseersnelheid.
Ek is jammer maar as n springbok met n mooi bladskoot nie dood is vyf minute nadat ek hom geskiet het nie, vat ek daai rondtes en gooi dit in die kampvuur daai aand! Met sulke amunusie sal sulke optrede in elk geval veilig wees! n Persoon wat raakgeskiet word sal nog maklik gered kan word al is die naase dokter 300km ver. Daar sal minimale vleisskade wees, so al wat die dokter hoef te doen is om die twee gaatjies mooi netjies toe te werk en oor drie maande sal die persoon nie eers n letsel he om sy storie te staaf nie!
Vir die manne wat nog steeds so bankvas agter die Impala koeels staan, laat sulke stories soos die julle nie met twyfel nie? Dit kom weer op die vraag neer, HOEKOM? Ek se weer daar is koeels wat net so vinnig en plat of selfs beter as die Impala's skiet. Net so akkuraad of selfs akurater. Vleiskade met hierdie koeels is nog steeds bitter goed, maar die groot en hier is dit die groot een, GROTER DOODMAAKVERMOE! As dit gaan oor prys, hoefeel keer moet die redenasie dan nog genoem word, van wat kos n bok wat weggekom het? Kan daar enigsins n prys gesit word op die lyding van n dier wat doelbewus geskiet is met n koeel waaroor daar soveel twyfel bestaan?
Jy kry manne wat n TATA koop en sweer by hom en wil he dat hy moet saamgaan met die volgende marsekspedisie om verkennings werk te gaan doen. Ander wil n volskaalse projek loods waar hulle as ankerpunt in die see vir koraalriwwe gebruik moet word. Jy as persoon wat nou n bakkie wil koop maak sulke uiteenlopende sieninge nie dat rooi ligte begin flikker nie?
Groetnis
Wouter
PS Johan kan jy dalk se waar die toetsspan destyds nie objektief was nie? Kan jy enige fout vind met die manier hoe daar terugraporteer was oor die fisiese resultate wat gekry was. Is die foto's onduidelik oor die wondkenale en skade aan die organe? Is daar enige gedeelte van Neels se verslag wat vir jou onduidelik of nie objektief genoeg is nie? Of is die feit dat die bok dood is genoegsame rede vir die gebruik van die produk? Se my as ons n mooi ronde klippie in die 7x64 gelaai het en ook die bok gedood het, is dit dan genoegsame rede dat ons almal rivier toe hardloop om ook klippies te toets in ons gewere? Ek sien al hoe kom die PM's deur vir begin ladings!

Johan Nel wrote: Vergeleke met die ander koeels wat in 'n toets gebruik is, hou die Impala goed, hy breek nie op nie, hy het wel met die kleitoets verweer (die ander koeel het totaal gedisintegreer). Geen kwesskote met die koeel is gerapporteer nie.
Johan
Die koel wat disentgreer het is juis ontwerp om juis dit te doen. Hornady se V-Max'e is nie vervaardig om penitrasie te gee nie maar juis om te disintegreer en soveel skade moontlik aan te rug. Ek het die Impalas verder getoets op wild en die resultate wat ek gekry het was glad nie na wense nie, mens sukkel net soveel keer met n kwesbok wat as dit n ander koel was verseker dood moes wees. Ek het maar weer n stap terug beweeg en gebruik maar weer die baie swakker konstruksie V-maxe met dalk meer vleis skade maar ten minste baie beter resultate. As jy n 204 het kan ek die oorblywende pakkie vir jou stuur om self toetse mee te doen, wat ek wel kan se is dat penetrasie met die koels baie goed is ek kan nie glo hoe maklik die koels deur n duk boomstam, miershoop en wat nog alles penetreer het nie.
Gedink ek sal wat oorgebly het maar bere vir as iemand eendag n olifant sponser en ek die impalas met die 204 dan kan inspan is mos solids.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Wouter
Wonder kan ons nie dalk die topic skuif om aan te las by die vorige Impala topic nie.
Wonder kan ons nie dalk die topic skuif om aan te las by die vorige Impala topic nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Wouter,
Ek het Gido se eerste post weer gaan lees na ek jou kommentaar gelees het en ek neem kennis.
Ek het ook na julle opskryf gaan kyk en ek sien die bokke wat julle geskiet het was vinnig dood. Die interne skade wat julle wou gehad het is minder as wat julle voor gehoop het en julle observasies daaroor is grafies en deeglik gedokumenteer, maar die bokke is vinnig dood. Verskeie manne het fotos en jagte beskryf waar eenskoot doodskote die norm is. Ek herinner my nie van een man wat beskryf het dat die impala koeël gefaal het om 'n bok dood te maak nie. Ek het in ander forums gelees van waar manne groot ingangswonde ervaar het en dit wil dan voorkom dat die projektiel begin tuimel voordat dit die bok getref het, maar dit het 'n groot ingangswond en erge inwendige skade veroorsaak. Ek dink nie dis wat ek sou wou he nie, maar die dier is vinnig dood. Die oorsaak vir die tuimel was onseker.
Die feit dat dit 'n monolitiese solid is en nie oopmaak soos 'n barnes-x nie (Ek gebruik hulle huidiglik vir jagdoeleindes, want ek hou van hulle prestasie) is beslis 'n faktor om te oorweeg en dis beslis 'n saak wat mens oor besin as jy die punt gaan gebruik. As ek kyk na ander kommentare waar 'n bepaalde koeël sleg gepresteer het en nie daarin geslaag het om die bok te dood nie, sê die manne wat die ervaring beleef het, dit onomwonde so. Ek bespeur nie sulke kommentare tov van Impala punte nie. Ek sien wel dat sommige manne gerapporteer het van insidente waar 'n bok verder gehardloop het of langer gevat het om dood te gaan as wat hulle as wenslik beskou het, maar die meeste rapporte is van vinnige effektiewe doodskote. Hoeveel 'doder' moet 'n bok dan wees.
Ek wil ook die volgende onomwonde stel. Daar is manne soos jy wat waarskynlik eksponensieel meer jag- en skietervaring as ek het, en met 'n baie beter begrip van die prestasie van verskillende koeëls. Dit kan wees dat ek totaal die pot mis sit met my observasies hier, en as ek dit so vind sal ek dit so sê en erken ook. Ek het totaal nog nie koeël gebruik nie, en ek hou nie van die vorm van die skerp punt nie. Ek hou meer van die vorm van die sg bosvelder en dis bloot maar my voorkeur of smaak wat nou praat, maar tot op hede interpreteer ek die prestasie van hierdie punte as nie sleg nie. Ek bespeur wel dat daar 'n paar bekommernisse is oor bepaalde eienskappe van die Koeëls en dat mens daardie eienskappe moet infaktor in jou gebruik van hierdie koeëls
Ek hoor graag van julle manne. (Ek geniet hierdie interaksie en debat. Ek vertrou dat ons hier verskil in 'n goeie gees en gesindheid.)

Johan, dit is. Ooglopend dat jy nie sommer aanvaar wat jy hoor nie. Tog n eienskap wat jy nooit oor moet twyfel nie.doen so voort. Ek glo daar is dus net een voorstel wat jou gaan tevrede stel, en dit is dat jy die koeels vir jouself moet toets en self tot n gevolgtrekking sal kom.
Ek se weer ek self het 2 pakke van die produk tussen 2 300 magnums uitgeskiet op varke. Ek sal nie weer die produk koop nie, daaroor het ek groot vrede. Danie Lombaard het weer sukses met die koeels op varke. Jy gaan dus self moet toets.
Ek se weer ek self het 2 pakke van die produk tussen 2 300 magnums uitgeskiet op varke. Ek sal nie weer die produk koop nie, daaroor het ek groot vrede. Danie Lombaard het weer sukses met die koeels op varke. Jy gaan dus self moet toets.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Johan
Ek kom dalk bietjie sterk oor met my skrywes so vergewe my asb daarvoor.
Iets wat mense asb moet verstaan en weer inneem is dat die blesbok wat geskiet was die perfekte skoot was deur Stefan. Beide bene is gebreek en die are bo die hart is vernietig sowel as perforasie van die longe. ENIGE koeel wat oor genoegsame penetrase beskik het sou hierdie kon vermag. n Koeel soos Hornady se V Max en Nosler se Balistic Tip sou dit dalk nie kon reg kry nie vanwee hulle konstruksie en vervaardigings kriteria. Dit is hoekom hierdie koeels dan ook nie aangewend word vir hierdie tipe skote nie.
Dit is so dat Impala wel met baie groot sukses gebruik kan word in meduim groot en groot kalibers. My twee vriende Koos Barnard en Hercules Louw jag met baie sukses op die wyse. Beide erken ook dat dit in n groot mate hulle groter kalibers se deursnee is wat bydra tot hulle sukses.
Kom ons vat weer die voorbeeld wat Gido gegee het. n 308 Win sal in niemand se boek staan as n kaliber wat marginaal is vir springbokjag nie. In teendeel kan dit eerder gesien word as so bietjie overkill. Tog het die diere nog steeds geleef nadat daar n paar keer heelwat tyd verloop het voordat daar by die dier uitgekom was. Is dit dan nie bulletfailure nie? Die eindpunt is die diere het lank gevat om dood te gaan. Die feit alleen dat die dier geanker was is net nie goed genoeg in my oe nie.
My grootste probleem is die wisselvallige werking van die Impala's. Is ek die enigste een wat dit raaksien en dooroor bekommerd is? Dit is soos n flikkerlig, dan werk, dan werk hy nie! Hoe kan n mens enigsins n produk oorweeg wat so weiduiteenlopende reaksie en optrede toon. Ek is een van daai mense wat wil weet hoekom en waarom iets werk of nie. Ek staan by of slag self en let op wat aangaan in die karkas. As jy weet hoekom n dier doodgaan en wat dit vinniger sal laat gebeur, of die omkeer daarvan, sal jy dan n baie beter prentjie kan vorm wat gaan werk en wat nie. Hierdie einskappe wat help met vinnige dood het ons destyds nie waargeneem nie. Ek se nie daar is nie gevalle waar dit nie gebeur nie, net dat ons dit nie eerstehans beleef het nie, en as ek so rondlees dan kan ek duidelik sien ons is ook nie alleen in ons bevindinge nie. Ek is nie te vinde vir n produk wat dit soms doen en soms nie. Dit is so maklik soos dit.
Ek verstaan dat in hierdie enorme ingewikkelde veld van terminale balistiek weinig of geen produk kan aanspraak maak om 100% elke keer dieselfte te funksioneer nie, maar daar is produkte wat wel nader aan die 100% merk kom as ander. Daarom beveel en gebruik ek die produkte. Dit is geensins my intensie om enige persoon se produk of besigheid skade te berokken nie, maar ek kan ook nie hier op my hande sit en kyk dat oningeligtheid weereens seevier nie.

Ek hal vir jou stukkies uit die ander Impala topic wat ek self genoem het asook wat ek reeds hier genoem het.
"Blok, jy't maar redelik uitasem geklink oor die foon gister.
Vertel bietjie die storie toe? Afstand, skootplasing, spoed, hoe ver jy gestap het agter die bok aan ens...."
"Die bok het net daar plat geval om net weer enkele sekondes later weer op te staan en weg te hardloop. Nou dit was al baie laat middag en ek is maar te voet agter die bok aan tot donker sonder enage bloedspoor."
"Volgende oggend het ek die plaas deur gery opsoek na n karkas maar niks gekry nie. Later toe ek weer uit is met n jagter het ek n baie krippel bok in die trop gesoen en hom maar met die 45's n kopskoot gegee en gehoop dit was die kwesbok. "
"Nou die penetrasie van die punt was uitstekend veral as in ag geneem word dat die oorkantste bladbeen ook gebreek was. Die skootplasing was seker nie wat dit moes wees nie maar steeds is die koel deer die boonste gedeelte van die long. Met die enagste skate aan die long n punch gaatjie met so sentimeter se bruising om die gaatjie."
"Ek het die Impalas verder getoets op wild en die resultate wat ek gekry het was glad nie na wense nie, mens sukkel net soveel keer met n kwesbok wat as dit n ander koel was verseker dood moes wees"
Ek het meer as een keer agter n kwesbok gewees agv juis die min bloedspoor en nie genoegsame skade wat deur die koel veroorsaak word. Ekle keer was die skootplasing volgens my meer as gemnoeg om die diere n relatief vinnige dood te gee, maar in die praktyk was dit nie wat gebeur het nie.
Dan wonder ek ook maar net hoekom daar heelwat ander jagplase is wat nie Impala toelaat om op diere te gebruik nie, deur dit aleen sou ek bekommerd gewees het. As jy die Impalas sou gebruik sal ek jou ook dus aanraai om voor jy op die plaas te kom eers ook uit te vind word die koels toegelaat. Ek reken dit kan n redelike teleurstelling wees om op n plaas aan te kom en nie met dit waarmee jy gedink het te kan skiet nie.
Maar ja soos James se die enigste manier wat jy self gaan uitvind of dit werk of nie is om dit ten minste op meer as 5 bokke self te probeer. Ek glo enigste manier hoe mens werklik leer is op die harde manier.

Dit wat ek hierbo in kleur vertoon is vir my voldonge en genoegsame rede om NIE die koeëls vir jagdoeleindes te oorweeg nie.Wouter Roets wrote:Vir die manne wat nog steeds so bankvas agter die Impala koeels staan, laat sulke stories soos die julle nie met twyfel nie? Dit kom weer op die vraag neer, HOEKOM? Ek se weer daar is koeels wat net so vinnig en plat of selfs beter as die Impala's skiet. Net so akkuraad of selfs akurater. Vleiskade met hierdie koeels is nog steeds bitter goed, maar die groot en hier is dit die groot een, GROTER DOODMAAKVERMOE! As dit gaan oor prys, hoefeel keer moet die redenasie dan nog genoem word, van wat kos n bok wat weggekom het? Kan daar enigsins n prys gesit word op die lyding van n dier wat doelbewus geskiet is met n koeel waaroor daar soveel twyfel bestaan?
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Ek is mal oor die Impalas. Het nog elke keer elke bok gekry wat ek geskiet het. My 308 skiet ook die beste groeperings met die Impalas. Gemiddeld 8mm - 12mm vir 3 skote op 100m
My ondervinding is ook dat op 70% van die kere dat daar nie `n baie mooi en duidelike bloedspoor gelos word nie, maar dan moet ek ook byvoeg dat dit nie nodig was nie want nie een bok het verder gehardloop as +- 30 tree nie.
Net `n kort vragie?
Is daar dalk iemand op die Forum wat al wel `n bok gekwes het met die Impala punte. Gee vir ons dalk bietjie meer inligting.
As daar niemand is wat `n bok met die impalas gekwes het nie sê dit tog iets vir `n mens. Net so ook as daar 10 ouens is wat al wel iets gekwes het sê dit tog ook iets vir `n mens.
W.S

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Wismit,
Die kwesbok wat Blok van praat was met 'n Impala koeel

Goed, beter, 6millimeter!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: impala(soliede)koeels vir jagdoeleindes
Blok,
Dankie vir jou reaksie. Ek neem deeglik kennis van jou kommentaar. Lyk my ek het nie heeltemal so noukeurig deurgelees het as wat ek gedink het nie. Ek stem met jou saam dat as ek daardie wedervaring sou gehad het, ek nie gemaklik sou wees nie. Ek gaan my dogter vir haar eerste jag neem hierdie jaar, DV en ek sal beslis wil seker maak dat haar eerste wedervaring is so positief moontlik. Ek sal nie 'n kans waag met die Impalas en met haar nie, maar ek het 'n ander jag vir Blesbok saam met 'n vriend wat self ook Impalas gebruik en ek dink ek wil hulle dalk daar uitprobeer. Ek moet egter nog eers die koeels kry en die ladingontwikkeling doen Kobus het reeds vir my 'n goeie klompie ladings vir die punte aangestuur. Ek sal ook by die forum kom aanklop vir QL vergelykings wanneer ek begin herlaai.
James,
Dankie ook vir jou kommentaar. Ek sou graag meer detail wil hoor oor jou wedervaringe met die Impalas. Ek hoor deeglik julle manne se kommentaat en ek sou dwaas wees om nie daarop ag te slaan nie. Ek hoop nie ek kom oor as iemand wat nie wil rede hoor nie. Ek is wel iemand wat daarin glo om die inligting wat ek bekom so deeglik moontlik te analiseer en dan te kyk of ek wel saamstem of nie, en as ek nie saamstem nie, dit deeglik te kan uitredeneer en weer te gee. Julle manne se insette word waardeer.
Ek verseker julle manne dat ek nie dwarstrekkerig sal volhard met 'n verkeerde uitgangspunt as ek sien ek is verkeerd nie.