DOOIE PERD TEORIE

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

DOOIE PERD TEORIE

Post by Yalair »

Die Dooie Perd-teorie.........baie goed en baie waar.......

Hierdie wysheid van 'n Noord-Amerikaanse Indiane-stam word van geslag tot geslag deurgegee.

"As jy ontdek dat jy op 'n dooie perd ry, is dit die beste om af te klim en 'n ander perd op te saal."


In Suid-Afrika se korporatiewe-, onderwys- en regeringsinstansies word meer gevorderde strategie? gebruik, soos:

1. Koop 'n sterker sweep.

2. Verander die ruiter.

3. Stel 'n komitee aan om die perd te bestudeer.

4. Stel 'n kommissie aan wat ander lande besoek om te kyk hoe hulle dooie perde ry.

5. Verlaag die standaarde sodat dit 'n dooie perd kan insluit.

6. Herklassifiseer die dooie perd as "lewend gestremd."

7. Stel kontrakteurs aan om die dooie perd te ry.

8. Span verskeie dooie perde saam in om die dooie perd se vertoning te verbeter.

9. Verskaf bykomende fondse en/of opleiding om die dooie perd se prestasie te verbeter.

10. Doen 'n produktiwiteitstudie om vas te stel of ligter ruiters die dooie perd se prestasie sal verbeter.

11. Verklaar dat aangesien die dooie perd nie gevoer hoef te word nie, dit goedkoper is, laer omsetkoste vereis en dus 'n aansienliker bydrae lewer tot die eindresultaat van die ekonomie as wat met sommige ander perde die geval is.

12. Hersien die verwagte vertoningsvereistes vir dooie perde.

EN NATUURLIK: die beste vir laaste

13. Promoveer (promote) die dooie perd tot 'n toesighoudende posisie.

want ons weet almal, hoe minder jy werk hoe minder foute maak jy.


As jy dit alles verstaan, is jy beslis 'n Suid-Afrikaner.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: DOOIE PERD TEORIE

Post by Christo »

Mooi opgesom, daai is 'n Afrika perd van 'n ander kleur.

;D Tog so waar in onse ou landjie.

Maar ek bly steeds lekker.
Last edited by Christo on Wed May 12, 2010 7:52 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: DOOIE PERD TEORIE

Post by Beyers »

Verklaar dit onwettig om 'n lewendige perd te ry omdat die dooie perde benadeel word.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: DOOIE PERD TEORIE

Post by Francois Marais »

Almal

Dit is maar die AFRIKA mentaliteit, en kom ORALS op ons kontinent voor.

Mooi loop
Francois

PS Nou die dag gehoor, daar is NIKS in AFRIKA wat nie nog 14 dae kan wag nie.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ambessa

Re: DOOIE PERD TEORIE

Post by Ambessa »

Hallo Francois Marais
Francois Marais wrote:...daar is NIKS in AFRIKA wat nie nog 14 dae kan wag nie.
...in daai dae in Wa..ol..d was dit: "...daar is niks wat so belangrik is dat dit nie nog 14 dae kan wag nie."

Ambessa
Post Reply