So het ek mos verlede jaar my 270 gekry en met my beperkte geleenthede op die skietbaan skiet ek gewoonlik vir groepe op 100m wanneer ek kans kry. Nog nie regtig verder as 100m gegaan nie aangesien ek eers doodseker wil maak op 100m.
Hierdie seisoen moet ek die 1ste maal 'n bok met hom plattrek.
Vandag was Kaapjag Wynland se Gongskiet en ek dink toe laat ek kyk wat gaan daar aan. Nog net PMP groeperingdag bygewoon - ook natuurlik slegs tot 100m. My roer skiet mos netjiese groepe met my gekoopte normas op 100m. Trek 'n ballistiese tabel van die internet af om my mos mooi te wys waar loop dinge anderkant 200m. Die geneuk is natuurlik dat jy nie weet hoe ver die gonge staan nie. Maar, dink ek by myself, in die veld moet ek ook mos skat, so dit sal 'n lekker oefenlopie wees vir Meimaand se jagtrippie.
Nouja, 4 uit 20 gonge later en ek het baie werk wat voorle die volgende 2 maande..
Terug aarde toe
- FrancoisN
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am
Re: Terug aarde toe
Ai Matewis daar is min dinge wat mens so nederig hou soos skiet. Net wanneer jy dink jy het dit onder die knie val n ou weer vas met n ander ding en dan voel dit amper back to squire one.
Geniet die oefen dit bly darem lekker.
Geniet die oefen dit bly darem lekker.
