Dag sê!!
Ek deel graag die volgende met julle.
(hoop dit werk)
https://www.dropbox.com/s/ygkjl1b05n16o ... 20New.docx
Groete
Gideon
Neck size vs Full length size
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Neck size vs Full length size
Baie interressant!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Neck size vs Full length size
Die ou se full length size maar hy praat van die skouer met 1 thou terug bump? Dan is dit mos nie heeltemal fl size nie? En hy het een van elke batch rondtes geskiet ipv al 5 van elke batch op n slag te skiet dit kan mos meer "variables" in bring? "I fired the 2 foulers first and then fired one round of each type at a different target before allowing the barrel to cool. This was repeated - one bullet of each type and cooling - until all 20 rounds were fired."
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Neck size vs Full length size
Ek praat onder koreksie- die slim manne moet my asb reghelp as ek klei trap...:.303 wrote:Die ou se full length size maar hy praat van die skouer met 1 thou terug bump? Dan is dit mos nie heeltemal fl size nie? En hy het een van elke batch rondtes geskiet ipv al 5 van elke batch op n slag te skiet dit kan mos meer "variables" in bring? "I fired the 2 foulers first and then fired one round of each type at a different target before allowing the barrel to cool. This was repeated - one bullet of each type and cooling - until all 20 rounds were fired."
Soos ek die "skouer bump" verstaan is dit die effek van die diepte wat jy die full lenght die inskroef in jou press. Ek het paar jaar terug hiermee te make gehad met my .270 wat se kamer baie klein/kort (amper op min. ANSI standaard) gesny is en probleme gekry het om doppe genoeg terug te size sodat hulle maklik laai/kamer. Ek het dit veral ondervind met doppe uit ander .270's wat ek dan net standaard gesize het, en dan nogsteeds moeilik gekamer het in my geweer. Ek het op 'n yank-site (long range hunting dink ek) gaan raad vra (nog voor ek van Jaracal gehoor het). Daar het hulle met die term te vore gekom om die skouer van jou dop 1-2 duisendstes van 'n duim kleiner as 'n gevuurvormde dop uit jou geweer "terug te bump"/te resize. RCBS maak 'n micrometer (Precision mic) wat 'n lesing gee van die kop van die dop tot op 'n datumpunt op die skouer van die dop (wat in jou geweer gevuurvorm is). Hierdie lesing gee 'n baie nou aanduiding van jou spesifieke kamerlengte. Dan full-lenght size jy daardie dop en meet hom weer. My vebasing was groot toe die lesing effens groter was na sizing as voor (doplengte effens gerek) nadat ek die full lenght sizer die eerste keer volgens die instruksie pamflet binne-in se instruksies opgestel. Deur met klein inkrimente die full lenght die dieper in te draai (1/8ste draai) en weer te size, het meting toe beginne wys dat die skouer wel teruggedruk (gebump) word. Ek het dit gedoen todat die mate 2 duisendstes van 'n duim kleiner was as die oorspronklike gevuurvormde doplesing op die precision mic. Daarna het doppe sonder enige moeite gekamer en ek gebruik sededien daardie lesing as verwysing om seker te maak ek draai die full length die diepgenoeg en konstant in tydens herlaai van daardie geweer om die skuoer konstant tot 2 duisendstes van 'n duim kleiner as my kamerlengte "terug te bump"
Oor sy metode van een rondte skiet van elke batch dink ek hy bedoel as volg:
Hy het 4 teikens (een vir elke batch) gelyk opgesit. Dan vuur hy net EEN van elke batch na elkeen se dieooreenkomstige teiken, voordat hy kans gee vir die loop om af te koel. Dan vuur hy weer een per batch na dieselfde onderskeie teikens en laat koel af. So gaan hy aan todat elke teiken (van elke batch) 5 skote op het. Dis 'n meer objektiewe metode as om eers al 5 van DIESELFDE batch na mekaar na dieselfde teiken te skiet omdat mens kan redeneer dat bv die loop skoner was met skoot 1-4 as skoot 17-20. Of dat die skut se konsentrasie beter was met sy eerste 4 skote as bv. met sy laaste 4 skote ens. Deur elke opeenvolgende skoot uit 'n ander batch op sy eie teiken te skiet, maak dit die moontlike invloed van hierdie veranderlikes kleiner.
Hoop nie ek het nou te deurmekaar gepraat nie en dat dit sin maak.
