Primers wat nie gelyk sit nie

Post Reply
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Primers wat nie gelyk sit nie

Post by gillie »

More menere

Ek sukkel om my herlaaide rondtes 100% dieselfde te kry op TPL. Ek gebruik wel 'n bullet comparator om tot op die ogive van die koeel te meet en meet nie na die punt van die koeel nie. Nou het ek gesien dat die primers nie altyd gelyk sit. Indien jy die dop dan op 'n tafel laat staan, sal die dop na die een kant toe kantel. Ek gebruik tans rcbs se hand priming tool. Is dit beter om die rockhucker se priming arm te gebruik ? Sal 'n mens die primers beter kan seat?

Ek laai nie groot volumes nie, so om elke primer met die hand te laai met die rockchucker, behoort nie probleem te wees nie.

Dankie en groete
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by gillie »

Dankie Ludwig, doen alles soos jy genoem het, net die een randje van die primer sal bv verby steek en nie flush wees nie. res van die primer steek nie uit nie... sal die rockchucker se priming arm bietjie probeer en kyk hoe dit gaan
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by Carl »

Nee wat ek gebruik die RCBS een en het geen probleem. Sit dop op graniet blad en hy staan stil. Watter maak:
Doppe?
Primers?
Is jou tool wat die KD seat regte kant om ;-)
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by THOMAST »

gillie, met watse slagdoppies laai jy mee?
Kyk bietjie of daar nie vuiligheid in die dophouer (een model) of onder die klampies (Univrsal model) is wat veroorsaak dat die dop nie mooi loodreg belyn met die "Primer Ram" nie. Lyk die dop regop in die houer van die masjientjie?
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by gillie »

Carl wrote:Nee wat ek gebruik die RCBS een en het geen probleem. Sit dop op graniet blad en hy staan stil. Watter maak:
Doppe?
Primers?
Is jou tool wat die KD seat regte kant om ;-)
Remington doppe, federal primers.
Als is reg.

Ek praat nie van baie wat uitsteek nie, as jy met die oog kyk sal jy moet mooi kyk, kan wel ook op graniet tafel sien dat hy kantel

Wat as ek net die dop 180 grade draai, die handvatsel weer trek om net seker te maak die randjie is oral mooi geseat?
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by THOMAST »

By die Ceres veldskiet praat ons die aand oor herlaai en my vriend noem dat hy êrens gelees dat die Federal slagdoppe effens groter is as bv. CCI, maar ek twyfel of dit die rede sal wees dat hulle so skeef sit.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by gillie »

THOMAST wrote:By die Ceres veldskiet praat ons die aand oor herlaai en my vriend noem dat hy êrens gelees dat die Federal slagdoppe effens groter is as bv. CCI, maar ek twyfel of dit die rede sal wees dat hulle so skeef sit.
Ek het nog 'n paar CCI, dalk die moeite werd om daarmee te toets...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by tripodmvr »

Die primer moet onder die kant van die gat wees anders kan dit afgaan as jy die slot toemaak (baie belangrik). Met ondervinding kan jy net jou vinger daaroor vryf en jy sal voel as hy nie reg is nie.

Ek beaam die manne se aanbevelings - kyk of daar nie vuiligheid in die gat is wat die primer kan keer nie. Daar is 'n klein snyer wat sal verseker dat die gat diep genoeg is (primer pocket unifier). Met die Lee hand "primer seater" kan jy voel wanneer die primer bodem raak en dan moet daar net effense spanning bykom om die aambeeld te stel sodat jy oordentlike ontbranding verseker.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by Carl »

Gillie dit kan werk. Ek het gevind dat verskeie kombinasies anners werk, Winchester SD het lekker in 'n Win dop geglip, waar CCI bietjie hulp nodig het. Dit is ook nie goed om te veel druk toe te pas nie, daarom verkies ek die hand model.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by WillemS »

Ek wil hier aansluit by oom Thomast: Ek het ook gevind dat Federals efens groter is as CCI's in my 6XC se doppe en dat hulle moeiliker seat as CCI. As jy hom nie ordentlik seat nie is hy nie lekker flush nie!

Willem
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by Arnold »

Dalk moet ek Federals kry vir daai doppe waarvan die slagdop gat al so effens gerek het ...
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by BRNO (Pierre) »

Arnold wrote:Dalk moet ek Federals kry vir daai doppe waarvan die slagdop gat al so effens gerek het ...
Ek het nou al n paar sulke doppe weg gegooi, maar gaan verseker dit probeer.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by Arnold »

Pierre, eintlik moet daai doppe weg gegooi word. Al wat daai primer pocket so laat uitsit is druk en hoe hoer die druk hoe vinniger gaan dit gebeur.
Ek weet ek skiet daai doppe met druk wat hier by die 60k psi is en daarom is die 5 skote per dop seker nie onrealisties nie?

As jy wil resies jaag moet jy seker nie kla oor die prys van onderdele nie ...
Oor die rede het ek besluit ek gaan vir eers so bietjie ophou jaag ;)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by BRNO (Pierre) »

Arnold wrote: As jy wil resies jaag moet jy seker nie kla oor die prys van onderdele nie ...
Oor die rede het ek besluit ek gaan vir eers so bietjie ophou jaag ;)
Geniet dan die 1300 Beatle ;D ;D ;D
Veiligheid eerste manne!
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by smitjs »

gillie wrote:Dankie Ludwig, doen alles soos jy genoem het, net die een randje van die primer sal bv verby steek en nie flush wees nie. res van die primer steek nie uit nie... sal die rockchucker se priming arm bietjie probeer en kyk hoe dit gaan
Wanneer dit met my gebeur het, was dit nog altyd die dop se skuld. Daar is nie genoeg 'taper' op die dop se gat nie, en die slagdoppie kan nie geheel ingaan nie.
Daardie stukkie gereedskap wat buite en binne sny om die dop se rand reg te kry, sit hom in 'n boor, laat hardloop en druk die doppe se agterkante almal vir so 'n sekonde teen die snyer. Dan is daar 'n mooi skuins deel in die dop se slagdoppie gat en jy het nie daardie probleem nie.
Trek daardie punte, gooi die kruit terug en druk weer die dop in die sizer. Die slagdoppie sal uitspring sonder om af te gaan. Sny dan die doppe, en herlaai. Einde van probleme.
Groete
Johan Smit
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by Cobus(Cobb) »

Slaan hulle mooi flush met 'n hammer.....

Cheers
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by Jaco123 »

Hello Gillie

Ek laai ook met 'n RCBS hand priming tool. Die probleem wat ek gekry het was dat die 2 plastiek gedeeltes nie mooi opgelyn het nie. Elke keer wat ek die shell holder in die tool gesit het moes ek eers met die ding peuter. Wat toe een keer gebeur het was dat die plastiek dele nie mooi opgelyn was nie. Ek het die handvatsel halfpad opgedruk en weer laat sak. Ek het die dop in gesit en kon toe nie die handvatsel heeltemal druk nie. Het die dop uitgehaal en die slagdop was in. Dop nommer 2, 3, en 4 dieselfde probleem. Toe sien ek eers dat met die eerste halfpad opdruk het daar 'n slagdop halfpad op beweeg en net daar vas gesit. So met die eerste dop het ek slagdop nommer 2 gebruik om slagdop nommer 1 in te druk ens.. Was gelukkig dat nie een van hulle af gegaan het nie.

My oplossing was om nog 'n shell holder te koop sodat ek nie die priming tool uitmekaar moes haal om die shell holder tussen die priming tool en die press te skyf nie. Kyk eers of die plastiek gedeeltes nog mooi in lyn is.

Groete.
Jaco.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by BRNO (Pierre) »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
Arnold wrote:Dalk moet ek Federals kry vir daai doppe waarvan die slagdop gat al so effens gerek het ...
Ek het nou al n paar sulke doppe weg gegooi, maar gaan verseker dit probeer.
Ek hetvandag n pakkie Federals LR primers gekoop, en dit seat weer mooi in die doppe wat se flash holes te groot is vir die PMP's. Gaan seker more skiet, en kyk of daar n verskil is, alhoewel ek twyfel.
Veiligheid eerste manne!
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by smitjs »

BRNO .06 (Pierre) wrote: Ek hetvandag n pakkie Federals LR primers gekoop, en dit seat weer mooi in die doppe wat se flash holes te groot is vir die PMP's. Gaan seker more skiet, en kyk of daar n verskil is, alhoewel ek twyfel.
Steeds dink ek verstaan jy die probleem verkeerd. Die doppe se gate is nie te groot nie, maar te klein bo waar die slagdoppie moet begin ingaan. Dan haak een kant van die slagdoppie en daardie kant lê dan bo-op die dop. As die gate te groot was, het die slagdoppie los gesit. Dit kan ook verhelp word, maar dis 'n ander storie.
Duidelik het jy nie probeer wat ek aangeraai het nie. Ek is jammer dat andere jou onder die indruk gebring het die gate is te groot, terwyl dit werklik die teenoorgestelde is.
Keuse,keuse!
Groete
Johan Smit
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Primers wat nie gelyk sit nie

Post by BRNO (Pierre) »

SmithJ, ek verstaan die probleem 100% soos jy weer verduidelik. Eindlik is dit my en n paar ander manne se skuld wat die topic so effe byster geraak het. Daar was vroeer op die topic genoem dat federal primers effe groter is as "normaal", en ek het aangedui dat ek n pakkie wil koop, en kyk of dit in die flash hole bly van doppe waar die flash hole so gerek het, dat n "normale" primer nie meer in wil sit nie. Ek het dit toe gedoen, en net hier genoem dat dit toe wel gewerk het.
Veiligheid eerste manne!
Post Reply