Jag met honde

GREYHOUND

Re: Jag met honde

Post by GREYHOUND »

PEET
Hoor bietjie by foxhound en foxcreek

Greyhound
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Jag met honde

Post by Foxcreek »

Peet

Ek het reeds al 18 my klein hondjies verkoop. Daar is 'n vrou in Bronkhorstspruit waaruit ek van my lyne geteel het. Sy het goeie terriers en as jy wil kan jy haar kontak. Sy is Jane Cronje en haar nommer is 082 494 10 45.
Ek het van haar honde wat werk en jy is welkom om te kom kyk. Hulle vat, en as hulle vat, vat hulle raak!

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

Re: Jag met honde

Post by Stephan »

PEET

PROBEER GIEP 0843027883 OF CHRISTIEN 0845140634

GROETE
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Jag met honde

Post by Foxhound »

Hallo peet

Jy sal nie n fout maak om by Giep van Tonder te kry nie, probeer maar een by elke teler kry dan kan jy verder teel, ek het my wirehair reun,Oscar op n steekhaar jackrussel gesit en die mix is glad nie sleg nie, ou Stoffel, reuntjie wat nou 8mde oud is saam sy pa gister 'n jong blourug reun in gat doodgemaak en uitgetrek....

Sit foto op van die rakker sy naam is Stoffel

Image
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
tafjak

Re: Jag met honde

Post by tafjak »

Foxhound

Self vandag twee van Stoffel se tjomme gekry. Darem al 2.5 maande oud. Maar so hardekoejawel, jy kan dit nie hou nie. Die een sal nou vir altyd saam met my ry en jag, vir darie jakke wat geskiet word in die langgras. Sal ook probeer om die nes met hom te soek nadat reun en teef geskiet is. Hulle lyk soos engeltjies, maar gaan te kere asof hulle die vuur self maak in die hel.
User avatar
gert bler
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Mar 23, 2010 11:44 am

Re: Jag met honde

Post by gert bler »

WillJak wrote: Ek wil nou so effens ?n klip in die bos gooi. Maar eers ?n vraag: Wat is die algemene praktyk vir manne wat met honde jag ? ek bedoel; wat is die pryse? Soos ek verstaan werk die meeste manne op ?n fooi per dag vir die pak en die hanteerder, plus die boer moet kos gee en dan ?n prys per jakkals. Is dit reg so en wat is die gemiddelde prys?
ek soek n goeie hond wat kan luiperd spoor kan vat of gekweste wild. En jag plek om jong windhonde te leer jag.ek woon in okahandja sentraal namibia
gert bler
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jag met honde

Post by Francois Marais »

Gert

Jy praat van Luiperd spoor vat, en ook gekweste wild. Luiperd honde is "game proof" en nie veronderstel om hulle eers aan wild te steur nie, wat nog te se spoor vat, ons skiet nie eers na wild met die Luiperd honde op die kar nie.

Jy sal maar twee verskillende honde moet soek vir die twee jobs.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply