Murom Primer Probleme

Post Reply
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Murom Primer Probleme

Post by Johan Reyneke »

Ek het gister iets beleef wat ek nog nie beleef het nie. Aangesien CCI Magnum LR nie beskikbaar was / is nie het ek 'n tyd gelede Murom Magnum gekoop. Ek ek al seker sowat 200 gebruik op die 30-06 en 243. Gister het ek geskiet met 30-06 en 2 van die 25 patrone wat geskiet was het geweier. Ek het fotos geneem.DIe twee aan linkerkant is die twee wat geweier het en die regter kant was een van die wat normaal afgegaan het.

https://www.dropbox.com/s/eclk5gehd2x3g ... -00052.jpg

Ek het die primers toe verwyder en selfde volgorde as bo

https://www.dropbox.com/s/hmp56lt8kcym2 ... -00054.jpg

https://www.dropbox.com/s/0p70omfnyhznr ... -00053.jpg

Hoop die fotos gaan wys
Al drie fotos
https://www.dropbox.com/sh/5p9ew6smzgeef7y/Bhc7VAT1lQ

As daar enige iemand raad kan gee sal ek bly wees.

Moet ek die Muroms weggooi want op die baan kan 'n mens nog sukkel, maar as die jag seisoen begin kan jy nie 'n "misfire" bekostig nie.

Dankie
Last edited by Johan Reyneke on Mon Feb 11, 2013 9:16 am, edited 1 time in total.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Beyers »

Ek kan myself nie help nie;) mur 'om weg LOL
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Murom Primer Probleme

Post by Eugene »

Beyers wrote:Ek kan myself nie help nie;) mur 'om weg LOL
;D ;D ;D ;D ;D

Skerp!
Aim small, miss small
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Cobus(Cobb) »

Nee Nee, ek hoor dat is 'n besending Muroms inkom, die benchrest manne tou staan....iewers op die forum het 'n dik sweep ook gesê dit is goeie primers...
Gaan soek bietjie op, maar almal spel die Moerhom naam anderste jy jy moet maar alle spelforms search

Cheers
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Johan Reyneke »

Cobus

Dit was juis agv die goeie uitsprake wat ek dit destyds gekoop het. Maar ek is nou bekommerd want dit wil al lyk die primers se wande te sag is en meegee onder die slagpen druk.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by andre007 »

Dis baie snaaks. Het al meer primer failures met CCI en PMP gekry as Muron in beide large rifle & magnum. Het die priming compound daarin nie nat geword nie (olie of vog)

Andre007
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by BLOK »

Johan as jy doppe skoonmaak gebruik jy tumbler of sonic cleaner
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Johan Reyneke »

Blok

Ek gebruik die gewone tumbler om doppe skoon te maak. Hierdie was reeds 'n reeds 'n geruime tyd terug skoon gemaak. Ek tumble gewoonlik doppe en dan le hul tot 2 maande voor dit weer gebruik word. Ek het sowat 400 doppe wat ek roteer.


Andre

Ek kan nie glo dat daar vog kon inkom nie want die primers word direk uit hul pakkies geseat in die doppe.

EK het egter so 100 doppe geprime en van hulle is nog nie almal gelaai nie. Ek het die hele pakkie gebruik omdat ek nie net 'n paar doppe wou prime nie. Ek sit nou met 75 doppe wat ek nog moet klaar laai.

Ek sal hul maar almal laai en uitskiet en kyk of daar nog sulke gevalle is.

Baie dankie vir die hulp sover
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by tripodmvr »

Johan

Wil iets voorstel. Kyk net of al die primers diep genoeg in die gate in is. Die idee is om die aambeeld van die primer onder spanning te plaas - dit verseker dat die primer ontbrand.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Frikkie Coetzee »

Ek het eendag so paar bokse Murom gekoop, Werk baie goed vir my in veral my 6.5. Baie uniform. Nog nooit n weiering gehad nie. Minstens n 700 al geskiet.

Ek kom wel agter hulle seat tight in nuwe doppe en ek verkies om hulle nie met die hand primer te seat nie maar met die press.

Frikkie
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Johan Reyneke »

Tripod
Ek sal bietjie deur almal gaan en kyk of hul diep genoeg geseat is, en hulle sommer weer bietjie druk met die hand primer weer voor ek laai.

Gromit
Ek gebruik 'n hand primer om the seat, maar druk gewoonlik redelik hard om hul "vas" te seat.

Ek het seker ook omtrent 400 LR murom primers al gebruik op my seun se 308 en my 243 en seker so 200 Magnums op die 30-06 en dit is nou die eerste keer dat ek dit beleef.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Murom Primer Probleme

Post by Johan Reyneke »

Tripod

Ek het vanaand gou deur al die doppe gegaan en weer deur die hand primer gesit. Ek het toe 'n paar doppe gekry wat ek kon voel dat die primers nog dieper gaan. Jou diagnose van priemers wat nie diep genoeg geseat was nie lyk of dit reg was.

Ek sal herlaai en weer gaan probeer.

Dankie nogmaals
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Post Reply