jakkals skree voor ek roep

Post Reply
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

jakkals skree voor ek roep

Post by johans »

ekt donderdag 19-45 op my staanplek gestop,dit was sterk skemer maar nog nie mooi donker,toe ek uitklim het 2 jakkalse geskree ek sket 1km bo my wind.ekt my roeper gaan uitsit en omtrent 10min gewag toe met elsneus begin roep,daarna haas geroep.die jakkalse het nooit geantwoord nie en ook nie ingekom nie.na n uur het ek geskuif na waar hulle geskree het.daar kon ek darm n rooikat skiet maar van die jakke was daar geen teken nie.wat kan die rede hiervoor wees?ek wil vannand weer daar gaan roep net op n nuwe staanplek.enige voorstelle is welkom
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by johann »

Onthou 'n jakkals sal nie sommer antwoord of weer roep omtrent 'n halfuur nadat hy geroep of geantwoord nie. As hy roep voor jy begin roep kan jy hom saggies met "jakkals antwoord" antwoord en so 10-15min in stilte wag. Anders net 'n hasie saggies speel. As jy vanaand gaan roep, probeer om met swartrug F, vlekkieD, sal jou baie tyd spaar, gee 10min stilte kans en dan kosklank gemeng met kort stukkies tafjak8/swartrug8/baklei 4 tessun in. Prikkel lekker die nuskurigheid.

Hoop jy verstaan.

Groete Johann
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by cassie_calvinia »

as hul skree as jy gestop het, skree hul gewoonlik vir jou. ek sal nie daar roep nie, oppak, ek skuif. dis gewoonlik al die slim jakkalse se streke daai. as jy roep, leer jy hul nog net verder.
dit is hoe ek dit ervaar. luister maar die slim manne
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by tafjak »

Probeer ook om na 20h30 by jou staanplek(verseker ander een as verlede keer). Sien al meer dat die manne wat oorhaastig is, voor donker op die staanplek gaan wag, ligte regmaak en nog 'n klomp goeters. Dit onstel jakkalse vreeslik en verkas hulle gewoonlik. Jakkalse sal skrou as hulle jou sien of ruik. Beter om liewer die staanplek te skuif en voor te begin.

As jy op die staanplek na donker reeds is, kan jakkals antwoord op hulle roepery berge versit.

Voorspoed.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by johans »

dankie manne,julle gee my goeie raad,ekt nooit gedink n jakkals sal skree as hy jou sien nie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by cassie_calvinia »

tafjak wrote:Probeer ook om na 20h30 by jou staanplek(verseker ander een as verlede keer). Sien al meer dat die manne wat oorhaastig is, voor donker op die staanplek gaan wag, ligte regmaak en nog 'n klomp goeters. Dit onstel jakkalse vreeslik en verkas hulle gewoonlik. Jakkalse sal skrou as hulle jou sien of ruik. Beter om liewer die staanplek te skuif en voor te begin.

As jy op die staanplek na donker reeds is, kan jakkals antwoord op hulle roepery berge versit.

Voorspoed.
ai oom, dis nogsteeds 'n swak punt van my.
ek haat dit as ek 'n staanplek ingedagte het, as ek daar kom, lig ek die oe raak op 400m+, dan is al my planne deurmekaar.
en dit gebeur gereeld. en, as jy dan jakkals raaklig, gaan ek sommer huistoe. dit voel vir my hy het jou gehoor, gesien, en hou jou dop soos jy verder ry. en gaan die goed net slim raak.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by tafjak »

cassie

Ja, en julle/jy het nie vreeslike keuses van staanplekke nie. As jy die goed raaklig op die staanplek en jy kan nie skuif nie, eerder langer wag voordat geroep word(jakkalse wat nie slim is nie kom terug in die stiltes voordat geroep word). As die jakkalse padgee terwyl jy op die staanplek aankom, ry eerder na volgende nabye staanplek(as moontlik) en roep hulle daar, jy kan altyd terugskuif na waar jy hulle gesien het.

Mooiloop
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by skaapwagter »

Hulle het ook al hard gepraat met my as ek net gaan staan, ons het geskuif want sy het onder die wind gepraat, later het sy geval..
Ander vraag, kan n mens altyd na dieselfde staanplek terug gaan wat n spesifieke area verteenwoordig, natuurlik seke na 'n tyd(kan jul n tyd, dae weke, gee veral as ek daar n jakkals geskiet het? ek dink dit kan n 80% beweeg area wees van hulle), veral hier by my wat staanplek n probleem is?

Skaapwagter
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by cassie_calvinia »

tafjak wrote:cassie

Ja, en julle/jy het nie vreeslike keuses van staanplekke nie. As jy die goed raaklig op die staanplek en jy kan nie skuif nie, eerder langer wag voordat geroep word(jakkalse wat nie slim is nie kom terug in die stiltes voordat geroep word). As die jakkalse padgee terwyl jy op die staanplek aankom, ry eerder na volgende nabye staanplek(as moontlik) en roep hulle daar, jy kan altyd terugskuif na waar jy hulle gesien het.

Mooiloop
ok oom. ek het nog nie eintelik aan dit gedink nie (terug skuif later).
maar, die grootste ding wat oom my geleer het, is ry waar jy wil wees. ek het al 'n paar jakkalse diep uit die berge gaan haal met die rooi moer(landy). nou, is ek in veld, ry 'n uur deur die renosterbos, kom daar, lig oe raak. dan is my moed sommer gebreuk.
sal oom se 10 min is genoeg? maw, as oe raak lig, sit in donkerte vir 10min. ek glo nie dit help as jy hom met lig dop hou nie?
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by Henry 7 »

Dis net moeilik as jy in 'n nuwe deel kom wat jy nie ken nie om in donker staanplek te soek-hier by ons is die gras vreeslik hoog,nou die aand kom een deur die lang gras en nie die voetpad nie en staan met sy 2 voorvoete op 'n miershoop om beter te kan sien--nou wonder ek>wat van taktiek verander en aspris in lang gras staan en roep sodat hulle op miershope moet staan om te kan sien?
Mens moet mos maar altyd nuwe dinge try.
Henry
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by johann »

Wat ek gewoontlik doen as ek by 'n klient kom waar ek nog nooit gejag het nie, is om gewoontlik vroeg op te daag en my staanplekker klaar te merk op die gps en dan kry jy klaar 'n idee van hoe die plaas le. Spaar mens nogal baie tyd in die aand.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by tafjak »

Johan

Goeie raad sou ek reken in moeilike terreine, 'n jagter het egter nie al die tyd nie om dit vooraf te doen nie. Tog sal ek net staanplekke gebruik wat aan die vereistes voldoen, al was ek nog nooit daar nie. Gewoonlik kan jy die 2- of 3de nag die werk verder neem.

cassie

Wanneer jakkalse self wegstorm is dit 'n teken dat die staanplek so bietjie aan die gevaarlike kant is, maar wanneer hulle wegdraf en gereeld omkyk is daar hoop. "Hoop" is eintlik iets wat ons wil vermy en eerder ander staanplek soek wat natuurlik aan die vereistes voldoen, of ander metode gebruik.

Jakkalse leer windaf en Jaracal se opinie dat jakkalse slim geskiet word, dra tonne water.

Jakkalse sal op miershope en rotse spring omdat hulle nuuskierig is, maar sal nie haas op die miershope bekruip nie. Die slimmes vermy miershope soos die pes.

Ek het gisteraand twee(paar) jakkalse ingeroep, hulle het egter my verras(dom staanplek) en my geruik en soos jets die plek verlaat. Ysters is maar die volgende paar maande die opsie en ook sal dieselfde staanplek onbruikbaar wees totdat die 2 dood is.

Mooiloop
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by skaapwagter »

Tafjak
Baie dankie vir die tyd wat spandeer word om ons raad te gee!!
Dit word waardeer!
Skaapwagter
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: jakkals skree voor ek roep

Post by Pieter »

Johans

Jy het nou goeie antwoorde gekry, wil net byvoeg, jy kry daai skel tipe roep, wat vir jou onmiddelik sê jy kan maar los, of so 'n happy go lucky gesêls roep waar hul met ander jakkalse praat, met hierdie een kan jy met kos en bakleie iets regkry.
Post Reply