K98 aksie gewere
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
K98 aksie gewere
Goeiemore.
As ek `n K98 Mauser aksie geweer (of twee - een in 7x57 en een in 9.3x63) sou wou bekom, sonder om te laat bou, watter vervaardigers bied nog gewere op die aksies aan?
Ek weet Sabi bou op die aksies, maar hulle gewere begin so by R22k. Ek is seker die gewere is dit werd, maar dit is bietjie styf vir my op die oomblik.
Die waarvan ek weet is:
1. Voere K98 - Het na hulle gekyk. Hou nie baie van die kolf nie, en die blou lyk bietjie aangeverf.
2. Zastava - Het nog nie een gesien nie, maar het gehoor hulle is in die omtrek.
Ek het ook na die splinternuwe Musgraves gekyk (JJ Wapens). Pragtige geweer, maar ek weet nie of die VZ24 aksie heeltemal as `n Mauser aksie geklasifiseer kan word nie. Hulle verkoop so vir R18k.
Enige ander raad/voorstelle?
Dankie
Schalk

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: K98 aksie gewere
9.3x62
Kyk maar by Classic Arms in Witbank, daar is gewoonlik iets van die aard in ou Mausers.
Zastava is seker nie 'n slegte geweer nie, maar vir die prys koop ek dan eerder CZ wat baie beter afgewerk is.
Ek het die Zastava African 375H&H geskiet en die arm was effe lam vir 2 dae (Hulle het daai Reputasie).
So al is dit nou nie 'n egte K98 nie, maar steeds daarop gebasseer en uitstekende gewere, sou ek vir CZ gaan.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: K98 aksie gewere
Net so terloops, 2 uitstekende kaliber keuses!
Ek kort nog 'n 7x57!
Ek kort nog 'n 7x57!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: K98 aksie gewere
CZ is die ander Europese vervaardiger wat geredelik beskikbaar is. As ek jy was sou ek eerder na 7x64 kyk. Jy kan hom 7x57 maak en dan ook gebruik sodat hy na 30-06 vlakke beweeg. Weet ook nie wat Tikka beskikbaar het nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
Re: K98 aksie gewere
Tripod,
Ek weet die 7x64 het bietjie meer woema as die 57, maar vir een of ander rede neig ek al meer na die effe stadiger kalibers toe. En klink my die 7x57 baat ook baie as jy hom AI (alhoewel dit `n heeltemal ander topic is).
Ek het `n 45/70, so ek oefen solank
.
Groete

Last edited by Schalk75 on Wed Apr 10, 2013 2:21 pm, edited 1 time in total.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: K98 aksie gewere
Schalk
Indien dit my keuse was sou ek die CZ gewere baie sterk oorweeg het. Daar is redelike verskillende modelle beskikbaar en sover dit aksies gaan wat op die Mauser K89 gebasseer is is daar net een wat vir my beter is.
Sal dit maar liewer los vir n ander dag.
As ek so na die pryse kyk wat jy noem kan jy self sover gaan as Sako. Nou wel nie n werlike K89 aksie nie maar gaan ook deur as n cotrolled round feed aksie. Nie die geval met Tika nie.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
Re: K98 aksie gewere
Dankie almal vir die terugvoer.
Ek dink ek sal ernstig na die nuwe Musgrave gaan kyk. Dink hulle begin die jaar `n 7x57 bou, op die VZ24 aksie.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: K98 aksie gewere
SchalkBlackplastic wrote: Goeiemore.
As ek `n K98 Mauser aksie geweer (of twee - een in 7x57 en een in 9.3x63) sou wou bekom, sonder om te laat bou, watter vervaardigers bied nog gewere op die aksies aan?
Ek weet Sabi bou op die aksies, maar hulle gewere begin so by R22k. Ek is seker die gewere is dit werd, maar dit is bietjie styf vir my op die oomblik.
Die waarvan ek weet is:
1. Voere K98 - Het na hulle gekyk. Hou nie baie van die kolf nie, en die blou lyk bietjie aangeverf.
2. Zastava - Het nog nie een gesien nie, maar het gehoor hulle is in die omtrek.
Ek het ook na die splinternuwe Musgraves gekyk (JJ Wapens). Pragtige geweer, maar ek weet nie of die VZ24 aksie heeltemal as `n Mauser aksie geklasifiseer kan word nie. Hulle verkoop so vir R18k.
Enige ander raad/voorstelle?
Dankie
Schalk
Wat bedoel jy met n Mauser aksie? Slgs Oberndorf het ware MAUSER aksies gebou. Daar was tientalle indien nie honderde wat K98 gebou het. CZ, FN. Zastava, Brunn, DWM, Steyr, Spandau, Santa Barbara , die lys is lank...
Behalwe vir Mauser is daar niemand wat aan jou vereistes voldoen nie. Zastava, Voere ens is K98 klone ( die Zastava met n paar veranderinge) Die VZ24 is ook n kloon van die K98, so as Zastava en Voere vir jou aanvaarbaar is, kan jy maar enige tyd die nuwe Musgraves koop. Inteendeel ek verkies die Musgrave. Die VZ24 is n goedgemaakte kloon.
As prys jou probleem is, dan moet jy tweedehands gaan soek. Daar is BAIE van die ou Musgraves wat op K98 aksies gebou was en min van hulle was op regte Mauser aksies gebou. Classic Arms het altyd n paar vir onder R10k maar dit is onwaarskynlik om n Mauser te wees. Dit sal n kloon wees, AS jy gelukkig is deur een van die beter Suhl smed.
Frikkie
Cradock
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
Re: K98 aksie gewere
Hi Frikkie.
Ja, ek praat maar van die klone. Ek sien Mauser self bou nog so 150 of wat K98 aksie gewere jaarliks, maar pryse is so R150k +. Bietjie bo my vuurmaakplek.
Ek dink die VZ24 sal mooi werk vir my, en is meer binne my prysklas. Sal mooi na die Musgraves gaan kyk.
Dankie vir die terugvoer.

- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: K98 aksie gewere
Ek het n 30-06 Mauser en klou aan hom soos k-k in n wolkombers!! Baie lekker aksie.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: K98 aksie gewere
BP
Sorry oor my spelling. WAs seker aan die slaap.
Ek het n VZ24 of twee en hulle is werlik van die beter K98 tipes. Jy sal nie spyt wees nie.