Bobbejaan voorsit

Post Reply
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Bobbejaan voorsit

Post by JHS »

Naand almal

Ek wil graag I bobbejaan skiet nou in Desember en wil hom inlok met iets wwil graag met die boog skiet maar as dit baie moeilik gaan wees geweer skiet. Nou wil ek net hoor is daar iemand wat dalk kan raadgee oor watse aas die beste sal werk om die bobbejaan in te kry. En moet dit by wwater of weg van water wees en watse tyd van die dag. Hier is baie bobbejane so dis nie die probleem nie net om hulle van die berge af te kry is.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Bobbejaan voorsit

Post by grumpy »

Kan ek kom help??? ;D

>:(
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Silent Hunting »

grumpy wrote: Kan ek kom help??? ;D

>:(
+1
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Bobbejaan voorsit

Post by grumpy »

Silent hunter, jy moet nie hier op die forum wees nie!!! Jy het werk om te doen.

Ek is volgende Vrydag daar!!!! 8)

>:(
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Gerhard »

Skiet hom met die geweer...

Bobbejaan met die boog is bitter moeilik as jy nie reeds hulle vaste roetine ken nie.

Hulle is vlym skerp en sien beweeging binne in n hide ook.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Dawie Malan »

Sit net 'n bicycle in die veld neer.....
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Eugene »

Gerhard wrote: Skiet hom met die geweer...

Bobbejaan met die boog is bitter moeilik as jy nie reeds hulle vaste roetine ken nie.

Hulle is vlym skerp en sien beweeging binne in n hide ook.
Dankie vir die waarheid! Daai manne is nie stupid nie, jy moet jou storie ken om een van hulle met die boog te skiet! Ek sal voorstel dat jy solank jou hide opsit (sorg dat hy sterk en stewig is) sodat hulle aan hom gewoond kan raak en sit mielies ( of wat ook al daar beskikbaar is) uit. Makliker om hulle in die winter, wanneer veldkos skaars is, in te lok!
Aim small, miss small
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by JHS »

Dankie ek sal hom dan maar met die geweer skiet dankie. Dink julle dit is nodig om hide uit te sit ek kan ek nie somer net bv tussen die bosse I ent weg sit nie en dan somer so skiet nie. Of tussen die klippe le en skiet?  Sal hulle my so maklik spot?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Gerhard »

JHS wrote: Dankie ek sal hom dan maar met die geweer skiet dankie. Dink julle dit is nodig om hide uit te sit ek kan ek nie somer net bv tussen die bosse I ent weg sit nie en dan somer so skiet nie. Of tussen die klippe le en skiet?  Sal hulle my so maklik spot?
As jy beweeg wanneer jy nie moet binne 200m is jy gebol...

Soek n mooi plek waar jy kan lekker sit in die skadu en n goeie uitsig het.

Maar die belangrikste is om eers die loop gewoontes van die trop te leer voor jy voorsit plek soek
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by johnny »

Ek het gereeld bobies binne in n ou kraal geskiet as hulle kom water drink in warm somer dae, was gelukkig plaas het net 4 krippe gehad , dan maak ek ander toe dan moet hulle daar suip, gewoonlik vanaf 1400 in middag ingekom , ek het binne ou skuur gesit so 30m weg en deur n 30cm x30cm gat geskiet, maar jy moet stil sit. Na ek 5 geskiet het het hulle nie weer gekom nie en by buurman gesuip, maar ek sien hulle is nou weer gereeld terug.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Christo »

Kommetjie en Rooiels en Tokia is ideale plekke vir boogjag. As jy die greenies se 11:1:11 daarna kan handel. Paar huiseienaars sal jou like.
Last edited by Christo on Wed Dec 26, 2012 10:11 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by PWV »

JHS

Hier is langafstandskiet die ideale ding  -  lekker geweer en 'n "range finder" wanneer die wind stil is.  Goed gekamoefleer en 'n oordentlike KD.  As jy hul gewoontes ken, kan jy begin dink soos 'n bobbejaan en kan jy dan twee of drie uithaal.  Daarna gaan jy weer 'n paar maande wag voordat hulle op dieselfde plek weer verskyn.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by PWV »

Fanie wrote: Meeste van ons doen reeds, Pieter.
Faanman, party ouens se bobbejaan-IK is net hoer as ander s'n. 
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Martin Marais »

Bobbejaan jag is nie maklik nie,daai ouens se sig is uitstekend. Soos die manne hier noem,moet jy maar voorberei vir 'n paar lang skote. Ek reken ook 'n knaldemper is 'n moet. Wanneer jy voorsit,sit altyd in die skaduwee van 'n boom of bos. As Kees iets sien blink vanwaar jy sit,dan boggom hy net een keer en die hele trop hardloop weg. Probeer oplet vir die Kees wat lyk of hy die heeltyd gespanne is. Hy is gewoonlik die een wat die gevaar eerste raaksien en die ander waarsku. Dit is my ondervinding dat waar jy hierdie "brandwag"eerste omdop daar amper 'n soort Babelse verwarring onder die res losbars. Elkeen kies sy eie koers. My persoonlike rekord in so geval was 5 kese. Kon seker meer geskiet het met 'n geweer met groter magasyn kapasiteit,maar dan weer,wil ek regtig meer op een dag skiet?

Groete

Martin Marais.
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: Bobbejaan voorsit

Post by jeep »

as jy seker is waar hulle slaap gaan dan volgende ogend sorg dat jy daar is voor sonop as son op kom sit hulle hoog in die bome of kranse en bak in die son dan kry jy gewoonlik so n paar plat
groete jeep
User avatar
Grystoppie
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Mon Feb 18, 2013 10:01 am

Re: Bobbejaan voorsit

Post by Grystoppie »

Danie

Die man wil n bobjaan skiet, nie hobaas nie. LOL

Groete
Grystoppie
Hou jou vrinne naby jou en jou vyande nog nader.
.22 Winchester"lever action", .222 CVA Rem Custom build, .375 H&H Mag Brno. .357 Mag Astra
Post Reply