Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Eugene »

Boesman wrote: So met die lees verbreed 'n mens se horisonne.

Kan julle dalk voorbeelde gee waar van 'n bakkie af skiet sal deurgaan as jag? Miskien die parapleeg wat die prooi met die bakkie bekruip? Nog voorbeelde?
In my persoonlike opinie, het ek nie 'n probleem met bakkiejag nie, maar ek dink dat (indien jy in staat is om te voet te jag) jy jouself 'n mo@rse oneer aandoen deur nie op die voet deur die natuur te loop nie. Ek is glad nie mal daaroor om self van 'n bakkie af te jag nie en vermy dit soos pes, grotensdeels omdat ek bietjie "stage fright" het en nie gemaklik voor ander manne kan skiet nie.
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Eugene wrote: Ek is glad nie mal daaroor om self van 'n bakkie af te jag nie en vermy dit soos pes, grotensdeels omdat ek bietjie "stage fright" het en nie gemaklik voor ander manne kan skiet nie.
Nee wat, Eugene, jy is tog 'n ervare jagter  -  waarom "stage gright"?. 8).  As jy stap kry jy die bok op 'n sekere plek en jy skiet hom.  As jy met die bakkie ry, kry jy die bok op 'n sekere plek en jy skiet hom.  Jy neem net bietjie langer om daar te kom as jy stap.  As ek deesdae moet stap, sal die ouens my so 'n week moet voor gee.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Eugene »

Oom Pieter, voor my sielkundige my "super powers" weggevat het, kon ek verskriklik goed hoor! Dan terwyl ek aanlê op die bok, hoor ek hoe een man vir 'n ander sê: "Hy moet nou skiet, daai bok gaan nie vir altyd staan nie"! Nou dan, verander my kniee en elmboë in botter en kan ek maar die geweer veilig maak en bêre, dan is my jag verby....

Dis hoekom ek begin boogskiet het, jy is alleen en jy het BAIE tyd, ongeag of jy bekruip of in die hide sit! Daar is niemand wat jou aanjaag nie!

Dit is hoekom ek verkies om alleen te W&S, niemand jaag jou nie en jy het al die tyd in die wereld om seker te maak van jou skoot. As ek gaan jag wil ek in elk geval nie 14 bokke skiet voor die bulle 3 uur speel nie, daar is darem baie ander tyd vir dop en/of rugby kyk! ;)
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Eugene wrote: Oom Pieter, voor my sielkundige my "super powers" weggevat het, kon ek verskriklik goed hoor! Dan terwyl ek aanlê op die bok, hoor ek hoe een man vir 'n ander sê: "Hy moet nou skiet, daai bok gaan nie vir altyd staan nie"! Nou dan, verander my kniee en elmboë in botter en kan ek maar die geweer veilig maak en bêre, dan is my jag verby....
Eugene, as my wang die kolf vang en ek kry my oog, die kruishare en die bok in lyn, hoor ek niks om my nie.  Ek praat nou van bakkieskiet, want daar is mos altyd nog ouens op die bakkie.  Ek raak net van my kop af en praat in tale as hulle die bokke met hulle pratery wegjaag of nie kan stilstaan nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Eugene »

Nee wat oom Pieter, jag is in my opinie 'n ding wat 'n man alleen doen of saam met 'n kind, pa of baie goeie pel, vannaand om die kampvuur is daar baie tyd om saam met jou jagmaats te kuier en die dag te bespreek.

Twee mense gaan nooit so sag loop soos een nie en as ek alleen loop, jag ek op my lekkerste! 'n Klomp manne agter op 'n bakkie sit my nogal kwaai af, veral as die boer met sy brandewyn asem hier van binne af skree: " Jy moet gooi, die bokke gee nie kans nie!".... :-\
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by FHM »

Eugene wrote: Nee wat oom Pieter, jag is in my opinie 'n ding wat 'n man alleen doen of saam met 'n kind, pa of baie goeie pel, vannaand om die kampvuur is daar baie tyd om saam met jou jagmaats te kuier en die dag te bespreek.

Twee mense gaan nooit so sag loop soos een nie en as ek alleen loop, jag ek op my lekkerste! 'n Klomp manne agter op 'n bakkie sit my nogal kwaai af, veral as die boer met sy brandewyn asem hier van binne af skree: " Jy moet gooi, die bokke gee nie kans nie!".... :-\
Ek stem 100% met jou Eugene, n goeie pel of 2, kind of outoppie - dis dit!

Anders pak ek maar my geweertjie weg en maak n punt om nie weer daar te jag nie, so skiet / jag ek glad nie!
Dan noem ek dit maar n duur les. Dis ook hoekom ek fooken kieskeurig is waar ek jag elke jaar - dis maar altyd op dieselfde 2-3 plase waar ek en die eienaar mekaar lank ken en elkeen weet sonder om te se wat verwag word.
Last edited by FHM on Wed Jan 23, 2013 4:28 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

FHM wrote: Dis ook hoekom ek fooken kieskeurig is waar ek jag elke jaar - dis maar altyd op dieselfde 2-3 plase waar ek en die eienaar mekaar lank ken en elkeen weet sonder om te se wat verwag word.
Gaan te moeilik wees om jou te rehabiliteer!  "O, lonesome, me..."
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Boesman »

Pieter W. V., saam met jou voorbeeld, het ons nou twee voorbeelde. Ek het op die forum gesoek na nog voorbeelde, maar nie gekry nie, dus moet julle maar help.

Ek het geen gewetensbeswaar om van 'n bakkie af te skiet nie, en het dit al baie gedoen. Veral as die tyd min is en die kwota hoog is. Maar ek sal dit nie jag noem nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Boesman wrote:
Ek het geen gewetensbeswaar om van 'n bakkie af te skiet nie, en het dit al baie gedoen. Veral as die tyd min is en die kwota hoog is. Maar ek sal dit nie jag noem nie.
Ons kan die debat net verder voer as jy jou definisie van JAG gee. 
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Boesman »

Lekker stewige slagyster wat jy daar stel, net nie mooi toegegooi nie. Die eerste probleem is dat wat ek bedoel en hoe ek dit in skrif uitdruk en dan hoe jy dit wat ek geskryf het verstaan, drie verskillende goed is. Dit is nie moontlik om wedersyds te verstaan sonder om 'n lesing aan te bied aan persone wat oopkop luister en kritiseer nie. Die groot probleem het juis ontstaan toe jonger jagters/skieters/skuts die definisies van jag en skiet verwar het en deurmekaar begin gebruik het. Om weer by die regte bedoeling van die woorde uit te kom, moet 'n mens maar met die ouer jagters praat en dalk 'n woordeboek of twee nader trek. Dink maar aan die seun wat muisvoels wat sy vye vreet, met die windbuks skiet, of die koedoe wat in die lemoenboord betrap word en dan op die biltongrak beland. En wat van die wildstroper wat 'n strik stel om 'n rooibok te vang en dan wel een vang. Mmm... Stof tot nadenke.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by SV MAD (Henk) »

Dankie Ludwig.

Kort en kragtig, en ek stem saam. Die een ou wat se hy is meer 'n jagter as die ander man is sommer 'n klomp stront.

Ons is jagters, kom ons staan saam! Of is dit nou die egotistiese speletjie om te breg (spelling) soos om te se "my tottie is groter as joune" omdat ek walk en stalk en jy van 'n bakkie af jag.
ek soek nog wapens...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Boesman wrote: Om weer by die regte bedoeling van die woorde uit te kom, moet 'n mens maar met die ouer jagters praat en dalk 'n woordeboek of twee nader trek.
HAT:  Jag= Spesiaal uitgaan agter wild aan om dit dood te maak of te vang.

Wikipedia:  Jag verwys na die aktiwiteit waarin diere gesoek en uiteindelik moontlik gedood word.  Hierdie aktiwiteit kan geskied vanuit soeke na kos, vir sport of om diergetalle te beheer.

Volgens 'n uitspraak deur Natuurbewaring, wat ek elders gelees het, is die onoordeelkundige uitwissing van wild, nie jag nie.  Nagoes van wild is ook nie jag nie alhoewel dit 'n aanvaarbare praktyk is om wildvleis in die slaghuis te kry. 

In elk van bogenoemde is skiet 'n metode om die wild in die hande te kry.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by grumpy »

Dis hoekom ek die post begin het.

Wat nou van n jagter wat lank jag. HY het n ongeluk en verloor die gebruik van sy bene. Nou wil hy nie sy (sport) opgee nie nou doen hy dit uit n bakkie laat iemand vir hom bestuur.

Is dit nou jag of net skiet? Dis n baie moeilike een die. In die sandland gebruik die manne bakkies want dit is laaaannng skote en kan nie naby die dier kom nie. Nou moet hulle so stadig as moontlik beweeg en nie die dier skrik maak nie want dan is hy weg. Jag of skiet?

Ek lees graag wat die manne hier skryf.
Last edited by grumpy on Fri Feb 01, 2013 8:19 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Ludwig wrote: So, oom Pieter, daaruit moet mens aflei, dat dit nie die metode is wat "jag" of "skiet" bepaal nie, maar die ingestelheid van die skut? Indien die skut sy aktitwiteit as "jag" klasifiseer, kan dit ongeag van die metode, so gedefinieer word. Wat vir een persoon "skiet" is, is vir die volgende "jag" omdat die twee persone verskillend ingestel is.
Nee, Ludwig, jag is vir my, volgens die definisies, nie 'n ingesteldheid nie.  Dit is 'n aktiwiteit wat op verskillende maniere uitgevoer kan word.  Die ingesteldheid van die "jagter" bepaal hoe dit gaan plaasvind, bv. op 'n eties aanvaarbare metode.  En hieroor is ook al baie debatteer.  Wat vir my eties is, is vir 'n volgende ou nie eties nie -  niks verder hieroor nie.
Skiet is een metode van jag, alhoewel baie ouens se "ons gaan in die winter skiet."  Dan bedoel hulle hulle gaan jag.  Ek het al die voorbeelde genoem van die ketel wat kook, maar eintlik is dit die water in die ketel wat kook.  Ons weet wat iemand bedoel as hy dit se.  [As en praat van 'n "punt" dan bedoel ek 'n "koeel"  -  sorry! :angel: :angel: :angel:
Tegnologie het dit vir ons moontlik gemaak om te skiet.  In die voortyd het die ou gaan jag deur die prooi met 'n klip dood gegooi.
Ek stem saam met jou wat jy in een van die "posts" hieronder gese het, nl. "skiet is die trek van die sneller". Ek wil daarop uitbrei en se dit is die gebruik van 'n vuurwapen (of boog of kettie) om die prooi te dood. In die eng sin van die woord, kan skiet per se, nie as jag beskou word nie, want dan gaan ek mos jag as ek op die skietbaan gaan skiet.

Maar, dit is lekker om gedagtes hier op die Forum uit te ruil.  Ek probeer niemand van my standpunt oortuig nie.

Boesman noem die wildstroper wat die bok in 'n strik vang.  Die ou is honger en hy jag op daardie manier!  Ek keur dit nie goed nie, want hy steel my wild en dit is oneties want die arme ding ly.

Groetnis uit 'n vuurwarm en rookgevulde atmosfeer a.g.v 'n veldbrand hier.
PWV
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by grumpy »

Ja, wye opinies. Elke ou jag of skiet maar wat volgens hom eties is of jag noem.

Ek persoonlik dink maar om die dier te bekruip en dan te skiet is jag. Ook kan jy van n bakkie sekwr in die vild in ry, dier sien, afklim, bekruip en skiet. Oop veld is weer n ander storie. Jy kan nie bekruip en voorsit jag of van die bakkie gaan die beste wees.

Almal wil sekerlik die dier dood so gou moontlik om nie te ly en pyn verduur.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Geno »

grumpy wrote: Oop veld is weer n ander storie. Jy kan nie bekruip
Regtig?
Ek en my broer het 2 of 3 jaar terug op die Hoëveld se vlaktes swartwildebeeste te voet geskiet. Almal onder 150m.
Ek het ook al 'n paar blesbokke te voet gejag.

Ek en Vosman het verlede jaar ook op die vlaktes 'n takbok bekruip tot letterlik teenaan hom. Vosman het aan die bok geraak met sy .308 se loop voor hy agtergekom het ons is by hom.
Goed, beter, 6millimeter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Geno wrote: Regtig?
Ek en my broer het 2 of 3 jaar terug op die Hoëveld se vlaktes swartwildebeeste te voet geskiet. Almal onder 150m.
Ek het ook al 'n paar blesbokke te voet gejag.

Ek en Vosman het verlede jaar ook op die vlaktes 'n takbok bekruip tot letterlik teenaan hom. Vosman het aan die bok geraak met sy .308 se loop voor hy agtergekom het ons is by hom.
Ek sal nie meer daar wees nie, maar laat weet of jy dit oor 40 jaar vorentoe ook nog so gedoen het. ;)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Geno »

Oom Pieter,
Ek het geen probleem as ou manne van 'n bakkie af jag nie.
Ek het wel 'n probleem daarmee as iemand heeltemal instaat is om te voet te jag, en net pleinweg sê dat dit onmoontlik is.
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Eugene »

Geno wrote: Oom Pieter,
Ek het geen probleem as ou manne van 'n bakkie af jag nie.
Ek het wel 'n probleem daarmee as iemand heeltemal instaat is om te voet te jag, en net pleinweg sê dat dit onmoontlik is.
Ek het gehoor dat Grumpy groot (en vet?) is... ??? Miskien is dit vir hom onmoontlik om te bekruip.... ;)
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by PWV »

Eugene wrote: Ek het gehoor dat Grumpy groot (en vet?) is... ??? Miskien is dit vir hom onmoontlik om te bekruip.... ;)
Geno wrote:
Oom Pieter,
Ek het geen probleem as ou manne van 'n bakkie af jag nie.
Ek het wel 'n probleem daarmee as iemand heeltemal instaat is om te voet te jag, en net pleinweg sê dat dit onmoontlik is.
Eugene en Geno

Daar is baie faktore wat deesdae 'n rol speel  -  nie net ouderdom of fisieke toestand nie.  Julle weet wat dit deesdae kos om te gaan jag en tyd speel 'n groot rol.  As jy twee dae het om te jag en iemand laai jou in 'n 6 000 hektaar-kamp in Suidwes af en jy moet stap, sal jy dalk 'n springbok of twee kry as jy gelukkig is.  In die voortyd, toe die skuim nog 'n voet hoog gestaan het as ek agter 'n bos gestaan het,  het ons vir 10 dae in die duine gekamp en baie tyd gehad.  Toe was ek mos windgat om my uit te laat oor bakkie-jag en moes 'n dag deur die duine strompel om myself te bewys.  Manne, ek het gou aarde toe gekom.  As jy oor die een duin kom en jy kyk en jy sien niks nie, is dit die volgende duin omtrent 500 meter verder.  En dan is daar weer niks nie.  En dan kom jy oor die vyfde duin en daar staan hulle en jy is so in jou moer geloop dat jy nie 'n oordentlike skoot kan skiet nie. 
Laat elke ou nou maar jag/skiet soos hy wil, solank hy dit doen sonder om die wild te laat ly.
 
Zack Benade

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Zack Benade »

n die voortyd, toe die skuim nog 'n voet hoog gestaan het as ek agter 'n bos gestaan het,
Mooi gesê,  Dis ware woorde
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verskil tussen skiet en jag. Boog of geweer?

Post by Eugene »

Pieter Willem Vorster wrote: Laat elke ou nou maar jag/skiet soos hy wil, solank hy dit doen sonder om die wild te laat ly.  
+1!!!  :)
Aim small, miss small
Post Reply