Een lam per week.........

muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Een lam per week.........

Post by muishond »

Hallo almal

Ek verloor een lam pe week in n sekere trop.Het al probeer roep maar geen andwoord.Die gras is baie lank en die voetpaadjies is te hard om spore te wys.
Ek vermoed die buurman het die teef in Aug. maand geskiet en dat die jakkals ver van sy kerngebied af vang.
As ou jakkie my net wil andwoord dan weet ek tenminste waarvandaan hy kom
Ek sal bly wees as enige een my kan raad gee ivm. die probleem.

Groete
Muishond
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Een lam per week.........

Post by Mac »

Muishond,

Effens meer info, kry jy die lammers se karkasse, hoe en waar word hulle gevreet, hoe is hulle gevang, waar sit die tand merke, is hulle gesleep, hoe oud is die lammers, ens. Dalk sal jy dan beter gehelp kan word.

Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Een lam per week.........

Post by muishond »

Mac

Die lammers se karkasse le nooit op dieselfde plek in die kamp nie.Sommige is klein entjies gesleep en ander gladnie.Ek kry bytmerke tussen die oog en die oor en die ander onder die kakebeen. Die vel het n opgerolde voorkoms en die ribbes se punte is ook gekou.Die lewer van die meeste lammers is geeet en by sommiges die hart en niere ook.
Die lammers is so 3 maande oud.

Dankie en groete.
Muishond
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Een lam per week.........

Post by Pieter »

Kyk maar vir rooikat se kind, veral oor die tydperk wat daar gevang vang word, jak sal elke aand vang.

Boes groete
Pieter
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Een lam per week.........

Post by muishond »

Mac

Baie dankie vir die pm. Ek sal dit defnetief probeer. Jakkals het opgehou vang maar my buurman kla.
Het verlede week n jong teef geskiet by n ander trop skaap 5km verder. Hulle was 2 maar agv terein kon ek nie ander 1 skiet nie.Ek het op hulle afgery,want het gedink dit is n rooikat.Vandag is weer 1 lam gevang,waarvan die pens uitgetrek was,maar aasvoels was voor my daar.Ek dink dit is die jakkals wat weggekom het wat nou weer pla.
Kan jy dalk met hierdie probleem help.

Jammer ek kom nou eers terug na jou,maar weet nog nie so lekker van rekenaars af nie.As jy my ook dalk kan verduidelik hoe stuur n mens n pm.

Pieter

Baie dankie vir die terugvoering
Het ook gedink dit is n rooikat,maar die vangpatroon lyk anders.Ek het vir n week verskillende tye die gebied gepatroleer.Moes kat in daardie tyd al gekry het.

Groete
Muishond
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Een lam per week.........

Post by Mac »

Muishond,

As jy nie na hom geskiet het nie, probeer maar weer van 'n ander plek af. Om 'n pm te stuur click maar net op die ou se naam om sy profiel op te bring, gaan na "Send this member a pm', en laat waai. hoop jy kom reg.

Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Een lam per week.........

Post by muishond »

Mac

Baie dankie vir die hulp. Het maat langs hom geskiet,ander jak het toe soos blits weggehardloop waarop ek n kans gevat het op so 300m terwyl hy gehardloop het maar ongelukkig gemis.Moet se die terein was baie moeilik. Ek moes seker nie n kans gewaag het nie !!!!!

Muishond
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Een lam per week.........

Post by Mac »

Muishond,

Moet jouself nie verwyt oor daardie waag skoot nie, ek is seker dat hier nie een van ons wat nie al so fout gemaak het nie, as die koors daar is, raak die verstand baaie minder. Dit vat maar tyd om dit af te leer. Los hom vir so 6 na 8 weke en probeer hom maar weer, as hy jou intussen pla, daar is altyd slagysters, en moet nie skroom om 'n dag roep te doen nie, hulle werk. Bly net positief.

Mooi loop,

Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Een lam per week.........

Post by britsman »

Graham,
Mac wrote: Moet jouself nie verwyt oor daardie waag skoot nie, ek is seker dat hier nie een van ons wat nie al so fout gemaak het nie, as die koors daar is, raak die verstand baaie minder. .............. Bly net positief.
          Well said and so true, Boet.
  cheers,
            brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Een lam per week.........

Post by muishond »

Mac

Dankie vir die motivering,moet se ek het nogal geworstel in my kop met daardie mis hou,maar die een wat ek geskiet het laat my darm so bietjie beter voel.

Mac moet ek na 6-8 weke dieselfde roepmetode gebruik wat jy vir my ge-pm het?

Groete

Muishond
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Een lam per week.........

Post by Mac »

Muishond,

Daar is niks fout met die metode nie, maar ek sou net die klanke verander, en meskien 'n enkel jakkals (Hierdie tyd van die jaar hou ek baie van die eerste enkel roep op vlekkie 1 of mooihuil) roep na so 30 tot 40 minute in sit, en as hy antwoord, sit net stil vir 20 - 30 minute, as hy still bly, maak soos voorheen. Hy sal weer in kom.

Mooi bly,

Mac.

Taffie, gooi bietjie raad by, netnou ly ek arme ou Muishond in die afgrond in.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Een lam per week.........

Post by muishond »

Mac

Baie dankie, sal so maak. Jakkals is stil sover.

Groete

Muishond
tafjak

Re: Een lam per week.........

Post by tafjak »

Graham

Ek dink dit is goeie raad en sal dit self gebruik.

Groete maat
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Een lam per week.........

Post by JopieFourie »

Muishond

Voel saam met jou, ek sukkel self met `n stel jakkalse. Gaan aand na aand uit en sien nie `n oog nie. Nes jy dink die ding is weg skraap hulle nog `n lam. Vreet die ding(lam) dat dit lyk asof hy/sy al maande dood is so skoon is die bene. Sleep ook sommer so ent vir die lekker. Gemors goed.

Probeer nou vroeg oggend voor werk roep. Sal sien hoe dit gaan.

Jammer ek kan nie raad bysit nie, wil maar net laat weet jy is nie aleen nie.

Groete en sterkte.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Een lam per week.........

Post by muishond »

JOPIE

Moedhou en aanhou dis al !!!!!!!

Groete

Muishond
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Een lam per week.........

Post by Ja3 »

Hierdie vier het dieselfde impak gehad, een per week. Kon hulle nie vastrap met 'n vorige keer nie.
Die wiel het gisteraand gedraai en ek was gese?nd. 3 Reuns en 1 Teef. My vertroue het 'n groot hupstoot gekry.
Witrug, in die ware sin van die woord.
Image
Image

Klanke: Steenbok, Mooihuil, Vlekkie3a en Jak distress.

Groete
Jadri
Ambessa

Re: Een lam per week.........

Post by Ambessa »

Hallo Ja3
Ja3 wrote:... wiel het gisteraand gedraai en ek was gese?nd. 3 Reuns en 1 Teef. My vertroue het 'n groot hupstoot gekry.
...skaaltjie en tapetjie...?

Ambessa
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Een lam per week.........

Post by Ja3 »

Oom Am

Jammer, slegs geweeg.
Drie Reuns. 8.8, 9, 9.2kg
Teef. 8.5kg

Wat die meet aanbetref, kan ek net van snoet tot punt van stert meet?

grte
Ja3
tafjak

Re: Een lam per week.........

Post by tafjak »

Ja3

Die klanke interreseer my vreeslik. Nie dat dit snaaks is nie, maar net weer bewys dat die roepmetode in die Gevorderde kursusse oral werk. Laat weet of Elsneus so aan die begin vir jou sukses bring. Hierrond val die honne dat klap as jy hulle Elsneus voer met die wegspring.

Mooi spannetjie van jou! As ek die jakkalse se getalle so in my agterkop optel, het die 6'se weer amok gemaak die laaste 10 of so dae. Mooiman!

Taffie

N.S. Niks so goed vir die gemoed as die honne saamry nie. Dan het dit die slegte gewoonte om met die dae wat volg vele meer te laat saamry.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Een lam per week.........

Post by Louis102 »

[align=center]...Die een met 'n skerp kant aan die stert se punt het gepraat!...[/align]

Ja3

Bly om 'n slag van jou te hoor, verbeel ek my of skeep jy ons deesdae af met jou geselsies?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Een lam per week.........

Post by Ja3 »

tafjak wrote: Laat weet of Elsneus so aan die begin vir jou sukses bring. Hierrond val die honne dat klap as jy hulle Elsneus voer met die wegspring.

...het die 6'se weer amok gemaak die laaste 10 of so dae.
Taffie
Snaaks genoeg, ek het nie die indruk gekry dat Elsneus tans werk nie...of dit toevallig is weet ek nie. Met die wegspring resep kan dit miskien iets heel anders oplewer, alhoewel ek moet s? ek was heel terug op die "basics" die afgelope paar kere, na bietjie swak sukses.

Daar is nog een bre?rug meneer wat die rondtes doen. Skat hy draai hier by die 12kg. Ag, hy steur hom eers nie aan die roepery nie.
grte
Jadri
tafjak

Re: Een lam per week.........

Post by tafjak »

Ja3
Daar is nog een bre?rug meneer wat die rondtes doen. Skat hy draai hier by die 12kg. Ag, hy steur hom eers nie aan die roepery nie.
... sy gat! As dit moontlik is gaan jy terug binne so 7dae en gooi hom met Vlekkie3a of Elsneus. Hy sal kom kyk. Ek neem aan hy is van dieselfde familie as die familiefoto so flussies.

As hy reageer het jy mos katjakkkalsbaklei somewhere. As hy nie reageer nie, wag maar net vir hom. Gaan nie maklik wees nie, maar sy kop sal mooi lyk in die braaiarea.

Groete
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Een lam per week.........

Post by Ja3 »

Louis102 wrote: [align=center]...Die een met 'n skerp kant aan die stert se punt het gepraat!...[/align]

Ja3

Bly om 'n slag van jou te hoor, verbeel ek my of skeep jy ons deesdae af met jou geselsies?

Louis
Hello Louis

Jy praat so! Die teef heel links het nog bietjie gesnork..
Gewoel met haar na ek haar reun geskiet het. Later weer draai gemaak maar sy't 'n rangefinder gehad en wou nie nader as 200m kom nie..... en net verby 'n bossie geloer.
Het bietjie teveel toegegee vir die wind en amper gemis. Skiet toe kakebeen af en punt deflekteer en slaan haar agterbeen ook af.

So ja, sy het gepraat in die klas. ...En afgekyk.

Ek moet s? dat ek die forum maar afgeskeep het. Ons tweede enetjie is ook onlangs gebore en die baas moet weer gewoond raak aan die bruin geweer.

Baie grte
Jadri
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Een lam per week.........

Post by Ja3 »

Dankie Taffie

Almal was syne dink ek ook en hy maak al maklik 4 jaar kinders groot. Daar's ook genoeg kos vir die skool en geld vir die snoepie.
...miskien moet ek weer jak baklei weer vervang met katjakbaklei...

Al by oom Tiefie gedraai?

grte
Jadri
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Een lam per week.........

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: ...Die een met 'n skerp kant aan die stert se punt het gepraat!...
Eintlik bedoel die "Skerpioen" was in aksie.  Jy is mos die oorspronklike, "original" Skerpioen hier op die forum waarvoor elke jakkals die nodige respek moet betoon .... as daai dak agterop die scorpio oopmaak en die lanseer platform steek kop daarbo uit, is dit sulke tyd!!  Nog altyd van jou styl gehou.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply