Obsessie en wedervaring

Post Reply
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Obsessie en wedervaring

Post by smitjs »

Die jakkals roep storie is nie maklik nie, kyk nou na my ondervinding die
afgelope week.
Byvoorbeeld toe ek by plaas no.2 kom, vra ek die ou in beheer
Waar word lammers gevang? Antw. Nou nie eintlik nie
Waar hoor julle jakkalse? Antw. Nou nie eintlik nie
Waar sien julle jakkalse? Antw. Nou nie eintlik nie.
Die boer bly nie op die plaas nie en sou nie so graag dat ek daar gaan soek het
as hy nie skade gehad het nie. Inligting plaaslik kan baie tyd spaar, maar sulke
antwoorde beteken niks.

Maandag: Baie sterk wind, middernag maar gaan slaap.
Dinsdag: Gery na plaas nommer 2, sowat 60km aan. Baie sterk wind.
Nie uitgegaan nie.
Woensdag: Reen, nogal sterk. Geen manier nie, gaan slaap.
Donderdag: Uitgegaan, verslag onder.
Vrydag: Uiters sterk wind en reen, middernag maar gaan slaap.
Saterdag: Nog wind, toe reentjie, opgepak en huis toe gery. Die elemente is nie
geskik vir jakkalsroep nie.

Donderdag: Namiddag kom no.1 en sê dat 'n lam gevang was sommer hier in die
kampie by die huis. Kan ek die lam sien? Nee. Wat dink jy het die lam gevang? Hy
dink dis 'n klein jakkalsie. Ek wonder maar net of die klein jakkalsie nie maar
daar om sy huis lê nie, maar bly liewer stil.
Staanplek nommer 1 na aan die huis: Speel varkie, niks. Speel Rooi alleen, en ek
dink daar is 'n antwoord baie ver, maar is nie seker nie. Om daar te kom, sowat
vyf of meer kilo draai. Los maar.
Staanplek nommer 2, sowat 800m verder. Skaars lig aangesit of 'n perd kom by my
staan. Hy is nie juis welkom nie, ek wil nie in sy oë lig nie, maar dit beteken
daar is 'n area wat ek nie kan sien nie. Ek wil hom ook nie wegjaag nie, ek wil
liewer weet waar hy is dat ek hom nie per ongeluk raak nie. Later sê ek maar vir
hom ek het nog ander afsprake so ek gaan nou. Die staanplek het niks behalwe die
perd opgelewer nie, en ek het maar opgegee na sowat 'n halfuur ter wille van die
perd.
Staanplek nommer 3, nog sowat 900m verder. Ek stap en sit die roeper uit. Terug
kyk ek rondom, en hier teen die kant van die doringboom bos by die rivierlopie
is dubbel ogies, laag en na aan mekaar. Hm, dalk groukat, dalk ander klein kat.
Sowat een sekonde later, die onaardse harde geluid van 'n kragsaag deur 'n stuk
hout. Dit neem my ook 'n sekonde om te besef daar is geen mens binne kilometers
nie, en geen sprake van 'n saag nie. Dus 'n luiperd. Ek is verheug en opgewonde,
en ek verstom my aan hoe hard die skreeu is, en hoe lank die asem. Dis omtrent
twee keer so lank as 'n donkie. Dis oorverdowend, ek het nooit gedink die dier
kan so hard praat nie. Ek sit die lig af, en alles is doodstil. Sit ek die lig
aan, dan wanneer die lig op klein kat val, saag groot kat dat my ore tuit. Sit
ek die lig af of skuif die lig weg, is alles stil. Ek kry net groot kat nie te
sien nie. Later verdwyn klein kat ook, en ek kan maar lig, alles stil.
Ek besluit toe dis nodeloos om te probeer roep, geen roeper kan kompeteer teen
groot kat nie, en alles het padgegee. Ek vat toe die flits en gaan haal die
roeper. Groot kat hou niks daarvan nie, en skreeu op my. Ek kan groot kat steeds
nie sien nie. Ek het vir 'n breukdeel van 'n sekonde oorweeg om in die doring
laagte in te loop om te kyk, maar dit sou onverantwoordelik wees. As klein kat
groot kat se kleintjie was, was dit moeilikheid soek. Ek het nooit vir 'n
oomblik bang gevoel nie, maar die hele aangeleentheid was genade onbeskryflik
groot, waarom dit bederf? Ek was so opgewonde en verheug, ek het eers baie later
daaraan gedink ek moes die klank op my selfoon opgeneem het. Die selfoon was ook
afgeskakel, want daar is geen sein nie.
Ek wag maar toe nog 'n bietjie, maar die katte is weg, toe ry ek maar na
staanplek 4.
Staanplek 4, niks, maar die opgewondenheid het my nog nie verlaat nie, en ek het
seker alles verkeerd gedoen, en niks het ingekom nie.
Staanplek 5, te laat, dit word al lig. Sluimer bietjie tot dit goed lig word.

Na die reentjie die volgende dag het ek gaan kyk vir spore, maar daar was niks.
As dit waar is dat luiperds 'n drie weke sirkel loop, sal sy sowat 7 Februarie
weer daar wees.
Mens kan sê ek weet nie wat ek doen nie, ek is nie suksesvol nie. Seker waar,
maar almal moet erens begin. Tog sal ek nie opgee nie. Die nagte in die veld
onder die sterre is wonderlik, net vergelykbaar met die nagte onder die sterre
toe ek alleen oor die Atlantiese Oseaan geseil het. Die Karoo is pragtig en die
stilte is voeding vir jou siel, al dink almal nie so nie.
Ek was al gevra wat is my obsessie met jakkalse, en ek kan dit nie verduidelik
nie, maar ek doen alles volgens die wet, en doen niemand skade aan nie. Dan is
die obsessie mos my saak, en onskadelik. Ek sal nog suksesvol wees, ek is maar
'n beginner in die bedryf.
My grootste probleem is om die jakkals se adres of kerngebied te kry. Ek het
gesoek vir merke op bossies en vir spore, en kry niks. Ek weet dat as ek 'n
merkplek gekry het, kan ek die jakkals vang met ysters, maar ek doen dit nie
meer nie. Ek bly nie lank genoeg op die plaas om die ysters na te gaan nie, mens
kan nie andere vertrou om gereeld na te gaan nie en die ysters sien mens nooit
weer nie. Ek is tot al vertel dat 'n bobbejaan die yster weggedra het. Seker
maar die bobbejaan wat in een van daadie huisies woon. Die area is groot en ek
ry stadig deur die veldpaadjies om merkbossies te sien, maar niks.
Daar is Angoras en Dorpers en Damaras en koedoes en springbokke en steenbok en
ape en so aan op die plaas. Almal trap spore, en ek moet die spore van die
enkele jakkalse sien in die harde Karoo?
Hoe kry ek daardie enkelinge in 8000 hektaar?  Ek konsentreer op die hoër
liggende dele, en veral die noord ooste hange, en soek maar oop staanplekke met
groter openinge aan die windaf kant. Die heersende winde daar is suid oos.
Waters? Nee, op hierdie oomblik het al die klein grondwalle water. Teelgate is
nie nou ter sprake nie, en ek het geen idee waar hul is nie.
Ek moet die kerngebiede kry vir sukses, maar hoe? Ek aanvaar dat die
verspreiding van jakkalse oor die plaas nie eweredig is nie, hulle het
voorkeure. Ondervinding en kennis kort.
Kommentaar en inligting welkom asseblief.
Groete
Johan Smit
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Obsessie en wedervaring

Post by visstok »

Johan

Die vrae wat ek n boer vra as ek vir eerste keur daar gaan roep is, is daar al geroep, indien wel, waar en watse klanke, dan doen ek presies die teenoorgestelde. Op onbekende plaas, probeer waters eerste werk, veral as daar n randjie of hoogte is wat noordoos kyk. Daar sal jy sukses he! Dit geleer by slim Oom's!

Moet n belewenis wees om vir kolle kat so te hoor saag! Eks sekker maar n sussie, maar sal darem die lig moeilik afsit!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Obsessie en wedervaring

Post by visstok »

Johan

Askies, ek was op nagskof en lees net met een oog, nou weer deurgelees en gesien van die noordooste hoogtes en waters.

Dring daarop aan om n vangs te sien en maak seker dis jakkals wat vang. Indien wel, probeer vasstel van waar vlekkie kom en werk in daai rigting.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Obsessie en wedervaring

Post by Gerhard »

Verduidelik bietjie weer daai klank wat jy gehoor het asb?

Ek het nog nie n luiperd so hoor maak nie...

Ek self stoei van begin Desember met die jakkalse.

Met al die reen wat ons nou het gaan dit n paar weke vat vir die veld om af te droog voor ek weer kan probeer...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Obsessie en wedervaring

Post by johans »

het jy geloop om die roeper te gaan haal of met die bakkie gery?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Obsessie en wedervaring

Post by smitjs »

Dankie vir antwoorde.
Die boer het vroeër 'n vriend gekry om te kom roep, en dié het glo drie gekry. Dit was blykbaar sowat ses maande gelede. Hy het geen besonderhede nie, hy was nie daar nie.
Ek het geloop om die roeper te gaan haal.
Daar is 'n rant wat op die plaas begin en al hoër word tot koppe op die buurplaas. Hoor toe later die koppe word genoem Tierberg. Ek was aan verkeerde kant van die rant, suidekant, omdat no1 my vertel het die lam was daar gevang. Vandag vertel die boer my die kamp aan daardie kant het nie jakkalse nie, want die heining drade is beskerm met sowat twintig ysters op al die deurkruip plekke, dis sy lamkamp. Geen wonder ek het nie eens 'n bakoor gewaar nie. Ek het probeer die vangs te sien, maar kon nie. Ek glo no1 het dit vir sy honde gegee. Ek het baie twyfel oor daardie vangs.
Die klank is soos 'n sirkelsaag wat deur 'n lang plank gaan. Dis verstommend hard, en word herhaal soos groot kat asem skep. Die lengte van elke saag was ook vir my verstommend lank. Ek kry nie die klank op internet nie, maar op http://www.africa-wildlife-detective.com/leopards.html: What sounds do leopards make?They have a distinctive contact call that sounds remarkably like a wood saw.
This call allows territorial neighbors to keep away.
Die boer vra my toe ook vandag om te kom na 'n ander plaas, daar is 'n paar jakkalse wat ver in 'n plaaspaadjie loop. Die spore van die twee is alkante toe, en hy weet nie watter kant hulle kerngebied is nie. Die area is bergagtig en redelik ruig. Is my vermoede dat die paar aan die bokant bly waarskynlik reg?
Die hele ding was 'n belewenis vir seker, ek sal dit nie maklik vergeet nie. Dit het die hele rit vir my gemaak.
Groete
Johan Smit
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Obsessie en wedervaring

Post by visstok »

Johan

As daai twee rigting spore dag na dag gesien word, kan jy maar daar naby n staanplek maak!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Obsessie en wedervaring

Post by smitjs »

Groot kat is terug!
Ek kry toe 'n oproep vanoggend. Paar skape gevang en in die bos in gesleep. Dis bietjie meer as 1 km van waar ek groot kat gekry het, maar in die loop van so 'n kat is dit mos niks. Die spore was ook gekry, No1. sê dis 'n groot kat.
Natuurlik is almal te bang om in die bos in te gaan.
Daar was glo 'n helikopter in die area besig met jakkals jag, toe reel die boer dit soontoe. Niks gesien nie, toe soek hulle maar jakkals op die res van die plaas. Hulle het vier gekry op die twee aangrendense plase. Een uur veertig minute teen R4000 per uur.
Goed vir die boer, maar ek het baie uitgesien na my volgende rit soontoe, nou is dit van die baan af vir geruime tyd.
More is nog 'n dag, maar ek glo groot kat sal so oor drie weke weer daar wees. Nie dat ek 'n permit vir groot kat het nie, so ek moet liewer ver weg bly. Dis tronk sake.
Ek is nog steeds verward oor die skreeu van die kat. Ek het op die internet gesoek, en kry net 'n gesaag van korte duur, so in en uit asem. Die wat ek gehoor het was baie langer op 'n keer, soos in longe vol trek dan lank uit saag. Eienaardig!
Groete
Johan Smit
Post Reply