Skiet in die reen

Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Skiet in die reen

Post by Eugene »

Ek sien dit lyk sterk na reen more. Ek wou graag die plaaslike SA Jagters tak se skietdag bygewoon het. Nou het ek 'n (waarskynlike dom) vraag: Kan skiet in die reen enige nadelige effek op jou geweer of KD hê? Ek praat nou nie van 'n wolkbreuk reen nie, gewone ligte geelperske reentjie?

Ek luister graag.
Aim small, miss small
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Skiet in die reen

Post by Witpietskiet »

Eugene,

Hou jou loop binne droog,
Hou jou kamer droog,
Hou jou ammo droog,

(nat doppe en kamer veroorsaak hoer druk)

Sodra jy klaar geskiet het vee jou geweer droog en vee hom dan lekker nat met olie.

En dan kyk jy maar elke dag vir n paar dae dat hy bly olie kry anders kan hy dalk vinnig roes.

Sterkte
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Skiet in die reen

Post by johan »

En onthou asb dat "geweerolie" nie goed is vir n houtkolf nie.

Loop&aksie = minerale olie "geweerolie"
Houtkolf = plantaardige olie
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Post Reply