.243 Noslers Ballistic Tips

Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

.243 Noslers Ballistic Tips

Post by andre007 »

Moore Manne

Ekt n rukkie terug toe S&O hulle Bulk Bullet Clearance gehad het n paar honderd van die 80gr .243 Noslers Ballistic Tips aangeskaf.  Ek weet voorwaar dat hulle varminters is maar wil graag n Blesbok met hulle gaan rol. Is daar enigiemand op die forum wat al n lyfskoot gewaag het met hulle en hoe het hulle presteer.  Vir die kopskootmanne is hulle nie n probleem nie want julle laai mos sommer poprivets as die koelle skaars raak (haha). Ek natuurlik bewe gans te veel, so dis nie eers n opsie nie!

Wag vir julle interessante terugvoering

Groete

Andre007
Last edited by andre007 on Thu Dec 27, 2012 11:21 am, edited 1 time in total.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Armand Steenkamp »

Andre,

Nee wat ek dink jy kan maar gooi! Sorg maar net jy skiet agter die blad. As jy op die blad gan vat gan jy vleis mors!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Hein M. »

Andre

Met die BT's gaan jy maar taamlik vleis mors...  Met lyfskote is die meer premiumkoeels soos Barnes, GS, ens. meer wenslik.  Ek het destyds 50 Speer koeels (105gr) gekoop juis vir sulke situasies.

Kyk maar of jy of jy hom agter die oor kan skiet ;)

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by andre007 »

Armand; dankie, gaan probeer.

Hein; dis maar uit nuuskurigheid dat ek wil probeer, hulle groepeer mooi in my roer en werk vir ongediertes, ek jag gewoonlik met GSC 69gr HV.  Ek gaan maar soos Armand se' en agter die blad skiet, ek glo dat die Noslers sal mooi maak agter die blad met die 'vitals' weens hulle varminter funksie, darem nie te veel vleis om op die ribbes te verloor nie?

Wat se ander premium koeels stel jy voor, het n pel ook met n .243, GSC is bietjie duur vir hom en sy geweer hou ook eerder van 80 greiners?

Groete

Andre007
Last edited by andre007 on Thu Dec 27, 2012 11:22 am, edited 1 time in total.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Hein M. »

Daar is 'n paar tipes koeels

Met die 243 gaan jy maar stukkend skiet met die ligter punte en moontlik kwes ook as die koeel opbreek weens spoed voordat dit penetreer. 
Koos Barnard jag met 70gr. Blitzkings en dit werk vir hom...

Die swaarder koeels is dalk 'n beter opsie - en dit is een van die redes hoekom die 243 (met die tradisionele 10-groefdraai) so gewild was en is in die VSA.  Jy kan die kaliber vir ongediertes (ligte koeels) en medium-grote wild (swaarder koeels) aanwend. 

http://www.safariandoutdoor.co.za/categ ... s_or_koels
http://www.safariandoutdoor.co.za/subca ... or6mm_.243

Het net vinnig geloer.  Barnes is volgens my uitstekend.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Hugov »

Ek gebruik die manne in my 243 vir vleis....

http://www.hornady.com/store/6mm-.243-80-gr-GMX/

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Arnold »

Hugo, watse lading skiet jy en wat is jou spoed op die 80gr GMX?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Arnold »

andre007 wrote: ek jag gewoonlik met GSC 69gr HV
Andre, watse lading en spoed het jy op daai 69gr HV?
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Johan Reyneke »

Hugov wrote: Ek gebruik die manne in my 243 vir vleis....

http://www.hornady.com/store/6mm-.243-80-gr-GMX/

Groete H
Ek gebruik ook vir kleiner wild die een. My spoed is so 3100fps, en 'n blesbok het verlede seisoen huis toe gekom, en daar was baie min vleis skade.  Ek is seker die spoed kan nog hoer maar my geweer het gehou van die lading. My wapen is 'n 22" remington 770

Ek het gesien Hornady praat van 3400 met 24" loop.

Johan
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by Carl »

Ek hou dop, daai 243 van my is oppad. Het ook GSHV ingedagte vir jag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by andre007 »

Arnold

47gr S365 teen 3634ft/s
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: .243 Noslers Ballistic Tips

Post by theedge »

andre007 wrote: Moore Manne

Ekt n rukkie terug toe S&O hulle Bulk Bullet Clearance gehad het n paar honderd van die 80gr .243 Noslers Ballistic Tips aangeskaf.  Ek weet voorwaar dat hulle varminters is maar wil graag n Blesbok met hulle gaan rol. Is daar enigiemand op die forum wat al n lyfskoot gewaag het met hulle en hoe het hulle presteer.  Vir die kopskootmanne is hulle nie n probleem nie want julle laai mos sommer poprivets as die koelle skaars raak (haha). Ek natuurlik bewe gans te veel, so dis nie eers n opsie nie!

Wag vir julle interessante terugvoering

Groete

Andre007
Andre Hi sien nou die post ek gebruik die BT maar die 70gr in my 243 en skiet baie en ek bedoel by vvarke en moet eerlik wees ek baie vertroud en gelukig laas jaar is ek na n plaas waar ek n klomp Rooibokke gaan skiet het die boer laat nie kopskote toe nie, ek het nie vooraf geweet nie en gevolglik net die 243 by my gehad - ek het al my diere met die 243 gegooi net agter een aangeloop my fout -
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply