Mooi Koedoe bul

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Mooi Koedoe bul

Post by Carl »

Ek het in die Desember vakansie van die jeep af gejag met my Canon 7D met 300mm lens ;). Ek kry toe die bul en hy draf 'n klein entjie voor hy agter 'n bos vassteek en weg kruipertjie speel. Hy't so tussen deur en onder deur vir my geloer, niks verder as 50m. Sy moet het hom begewe en hy stap toe vinnig weg en vir 'n paar sekondes is hy oop. Die Skepper van al die mooi gee my toe die skoot, amper teveel geweer gehad, dink sy voete is afgesny :D

[img width=560 height=373]https://lh3.googleusercontent.com/-IMjJ ... Koedoe.JPG[/img]
Last edited by Carl on Wed Jan 02, 2013 8:50 pm, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by VdWalt »

Sjoe dis nou n mooi bok.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Jakkalsgat »

Regtig mooi foto van 'n mooi bok
Last edited by Jakkalsgat on Wed Jan 02, 2013 8:36 pm, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by PWV »

Jy weet Carl, dit het al 'n paar keer met my gebeur dat ek so 'n dier deur die teleskoop bekyk en die kruishare suig op die regte plek vas en dan begewe my moed my en kan ek nie die pragtige dier skiet nie.
Baie mooi foto van die koedoe!  Dit kan verseker die voorblad van 'n jagtydskrif haal!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by DWB »

Magtig Carl!

Dis darem 'n mooi foto daai!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Gerhard »

Briljante foto!!!

En n baie mooi kudu bul daarby...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Jakkalsgat »

Carl

Nou waar is jou toets foto nou van daai eland? Ek het dit reg gekry om skoot plasing op hom te verf.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Carl »

Dankie manne.

Jaco  8) jammer man, jy was te vinnig op die sneller. Ek het getoets of Picasa ook 'n foto kan plaas soos "Foto-emmer". Ek het gevind die self oplaai maak die leêr grote te klein en veroorsaak gereeld probleme. Picasa kan ek darem nou beter fotos oplaai.
Last edited by Carl on Thu Jan 03, 2013 8:08 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Jakkalsgat »

Carl

Nou verduidelik vir ons ook bietjie hoe werk die picasa ding. Ek moet se ek het gisteraand 1ste keer met Photobucket in Google chrome gewerk en is dit nou vir jou 'n plesier want jy kan lekker drag en drop en laai die fotos baie vinniger so.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Carl »

Dit werk dieselfde, jy kan ook sleep en "drop" ;) en dan wanneer jy hier opsit volg mens die Photobucket aanwysings.
Gaan na die foto. Regs is 'n opsie "Link to this Photo". Klik daarop, tik die blokkie wat sê "Image only no link". Kies die grote. Kopie die "Embed Image Code". In 'n boodskap blok hier op die forum klik op die insert image blokkie, plak dan die kode tussen hakkies.
[img width=560 height=411]https://lh5.googleusercontent.com/-zoo2 ... ikat03.JPG[/img]
[img width=560 height=364]https://lh6.googleusercontent.com/-PDNf ... ooikat.jpg[/img]
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Jakkalsgat »

Carl

Dankie, gaan probeer. Hierdie is net sulke mooi fotos, baie geduld nodig om sulke fotos te neem.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Frederik »

Prag foto met prag koedoe 54-55"
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by ROBBIE1 »

Werklik n prag dier!! Party keer lekker om met die kamera te skiet ook, het ook oor kersfees lekker op n vriend se wildsplaas gaan kuier en self nie eers n wapen saam gevat as ons gaan ry nie, en staan alles toe vir ons en glimlag, so mooi!!!
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by kopskoot »

Frederik wrote: Prag foto met prag koedoe 54-55"
Frederik, ek dink daai outjie is n raps oor 55" dalk al by die 58's rond

Carl

Baie mooi foto's, ek dink ek gaan dalk ook mooi foto's op daai plaas van julle neem. As ek natuurlik mag!

Ek kom net gewoonlik nader aan die bokkies vir my foto's ;D ;D
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Wouter Roets »

Ronnie

Los maar die skatwerk vir die beroepsjagters! ;D Kan nou sien hoekom jy so konstand begelei moet word in die jagveld! ;D

Groetnis
Wout

Ps. Carl pragtige foto's en werklik n mooi koedoe bul. Dit is ook nie elke dag dat n mens n vangs van n rooikat kan vasle nie.
Last edited by Wouter Roets on Thu Jan 03, 2013 9:33 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by kopskoot »

Wouter Roets wrote: Ronnie

Los maar die skatwerk vir die beroepsjagters! ;D Kan nou sien hoekom jy so konstand begelei moet word in die jagveld! ;D

Wout

Ek probeer ook maar net so slim soos jy klink! ;D

Ek sal vir jou die tape afneem as hy lê
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Jakkalsgat »

Lyk my hy is toe nie weer reg nie, daai is 54" :laugh:

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by kopskoot »

Jaco, die is 54
[im[img width=358 height=480]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... oto4-2.jpg[/img]g][/img]

Daai een se punte maak oop bo en wys buitentoe

Ek dink 58 is dalk te veel, maar verseker 57"

Dis my storie, en ek staan daarby ;D
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Wouter Roets »

Ronnie

Kyk na die diepte van die eerste bul teeoor hierdie een wat jy geplaas het. Onthou toe jy nog probeer uitvind het waar n bra los maak toe doen ek al die werk! ;) ;D Is jy nog op die strand besig met skatwerk of is jy al in die land van beskaafdes? Voorspoed my maat en mag dit n mooi een wees die jaar. Dalk kry ons darem n kans om bietjie n broodjie die jaar in die jagveld te breek.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Beer (Christo) »

Wouter Roets wrote: Ronnie

Onthou toe jy nog probeer uitvind het waar n bra los maak toe doen ek al die werk! ;) ;D
LMGA
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by JAGTERSREG-JRM »

Carl,

Dit is baie netjiese fotos daai.Het jy die rooikat ook op die plaas afgeneem?

Groete
Kobus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Carl »

Kobus, dankie. Nee die rooikat was in Pilanesberg.

Die bul is nog nie op die spyskaart, amper soos daai meisies op die strand - "kyk maar jy vat nie!" Ek reken daar is net 1 op die plaas wat sy klas is, die ander is kleiner en 1 met nouer diep draaie wat dalk RW is. Ek sal gemaklik wees as daar 3-4 sulkes op 800ha is voor ek laat afhaal (dis nie my roep nie).

Hierdie bul is 'n trek bok wat ons toegespan het. Dit is bokke wat baie bakkies, gewere en skote beleef het. Hy is nou 5 jaar toegespan, sy nageslag kom goed aan, hier is werklik baie jong bulle waarvan baie sy gene het. Fantasties om te sien hoe hulle weer mak word vir voertuie...
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by JAGTERSREG-JRM »

Carl,

Ek kou maar moeilik aan horings jong en deesdae is koedoe maar n duur hobby.So geprt van jag weet jy dalk van eland koeie te jag?

Groetnis
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Advantage M
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Jan 21, 2013 12:34 pm

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Advantage M »

Baie goeie foto's daar Carl !
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Mooi Koedoe bul

Post by Chevvy SS »

kopskoot wrote: Jaco, die is 54
[im[img width=358 height=480]http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... oto4-2.jpg[/img]g][/img]

Daai een se punte maak oop bo en wys buitentoe

Ek dink 58 is dalk te veel, maar verseker 57"

Dis my storie, en ek staan daarby ;D
Kopskoot, het jy nie daai maatband al uitgerek nie?
Post Reply