PERMITTE

Post Reply
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Ambessa
Ek't net 'n milkshake gehad hulle het koffie en steers goed ge-eet.

Ek dink op die stadium kan mens nog net spekuleer oor wat die uiteinde gaan wees.  Wat belangrik is is dat die regte persone moet gesprekke en onderhandelings met CapeNature "face to face" h?.  My persoonlike gevoel is,  en ek mag verkeerd wees,  die Here weet ek hoop ek's verkeerd,  is dat Agri-Weskaap lei aan 'n gebrek in belangstelling.

Cheers Dawie
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Dawie

Milkshake lekker gewees?

Hoop jy is nie reg nie? Wie moet met wie praat en waar en wanneer moet gepraat word sodat die proses op koers bly? Onthou behalwe CN is daar nog agt ander provinsiale departemente van omgewingsbewaring en natuurlik ook nog die nasionale DEAT? Tel daarby nog die miljuisende nie-regeringsgroepe wat elkeen reken hulle het 'n reg (of die alleenreg) en 'n saak om rigting aan die proses te gee.

Laat ons hoor wat die ander ouens se siening is?

Ambessa
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Ambessa
Ek dink jy het 'n goeie woord gebruik vir jagters, "'n register". Daar moet weg beweeg word van die woord permit en akkreditasie. Akkreditasie en permit is daar om misbruik te word en kan ter enige tyd teruggetrek word. Die registers kan deur die plaaslike boerevereeniging by gehou word en jaarliks aan CapeNature deurgegee word, aan die einde van die jaar. Dit plaas die beheer in die hand van die boere en sal hulle die onverantwoordelike jagters uit die veld hou.

Die probleem kom egter daar waar die boer se seun/vriend en ander vriende na 'n gekuier wil gaan jakkals jag. (kom ons gaan kyk gou hoe werk die storie). Geen van die jagters wat vir geld 'n diens lewer sal eers kuier en dan wil uitgaan nie.

So ook gaan die gewone jagter wat 'n "trofee" jakkals of twee wil gaan skiet nie kuier en dan gaan jag nie, dit is vir hom 'n ernstige storie.

Ek wonder of iemand "onverantwoordelike" jagter kan kwalifiseer. Soos die saak nou staan wil dit vir my lyk of dit die ou is wat die meeste jakkalse skiet wat as onverantwoordelik beskou word.

As jy 'n vangery in een area het skiet jy tog al die jakkalse wat daar voorkom ongeag hoeveel hulle is. Hoe ken jy die sogenaamde onskuldige een uit in daardie area? (Ek sal dit graag van enige persoon wat my kan inlig wil verneem). Ek begin nie 20km voor die plek en jag al wat 'n jakkals nie. Ek konsentreer in die area wat die persoon verliese het en 99.9% staak die verliese onmiddelik as die jakkalse in die area gedood word.

Dit is dan vir 'n maand of drie dood stil en begin die verliese weer en weer jag jy in die area en so is die kringloop.

In die verlede het ons na distrikte gegaan waar groot probleme ondervind is. Veeverliese het daarna baie gedaal na die jagtogte maar indien boere daarna laat slap le het, het die getalle van jakkalse vinnig weer opgeskiet met die volgende teel seisoen.

Na alles wat ek nou beskryf het sal ek graag wil weet wie wil wat beheer en hoekom? Is dit mags beheptheid, is dit te veel jakkalse wat kwansuis gedood word, hoekom wil enige persoon 'n vryemark stelsel (vraag en aanbod/ daar is 'n probleem maw vraag en die jagter het die oplossing/aanbod) enigsins in 'n demokratiese land beheer? As jy nie dienslewer nie sal jy nie werk kry nie, einde van die storie.

Volgens 'n oproep wat ek vanoggend van Clanwilliam gekry het is daar aan hulle, deur Jaco van Deventer, meegedeel dat vele boere van die Karoo hulle geluk gewens het met die besluit van die permitte. So dit wil vir my voorkom of Merweville, Prins Albert, Beaufort Wes, Laingsburg, Murrysburg en die Klein Karoo nie deel is van die Karoo nie, want die genoemde boere verwerp dan die permitstelsel.

Dit wat nou deur CapeNature gese word stem nie ooreen met hulle oorspronklike stellings nie. So ek dink nog steeds daar is 'n slang in die gras wat net nie wil uitkom nie of wat ek nog nie kan sien nie.

Groete tot later

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Heinrich
Hierdie topic gaan om en om ek dink daar sal moet besluit word waar die streep getrek gaan word.  My kop draai al van dinge wat nie tot 'n punt kom nie.  Ek vind ook 'n "register" meer aanvaarbaar. 

My "ambush" ontmoeting met Deon Hignett vamore wou ek uitvind wat CN se planne is,  n.a.v. wat hy kwyt geraak het het ek geskryf die regte mense moet met CN praat. 

Ambessa
Regte persone....Mense wat rasioneel(m.a.w emosie nie in die prentjie nie), weet waarvan hulle praat (kenners),feite goed kan oordra, wat nie geintimideer word nie, op hulle punte kan staan sonder om onnodig aanstoot te gee, werklik die boer en jagter se belange op die hart dra en nie net wag dat die bespreking klaar kry dat hy/sy kan huis toe gaan en anyway sy pay kry nie.  Op die oomblik moet daar met CN gepraat word want hulle is op die stadium die mense wat aan die stuur sit van die hele gemors!!

Dawie

Ps Heinrich jy skuld my nog BTW faktuur vir daai lekker DVD.  Het jy my E-mail gekry?
Ambessa

Re: PERMITTE

Post by Ambessa »

Hallo Heinrich (en Dawie en Basjan) en almal

Daar moet gewaak word dat hierdie inisiatief nie net deur (een of meer) amptenare gedryf word nie. Dit is so dat emosies tydens vergaderings redelik dik loop - diegene daarvoor en die daarteen - en op bykans elke item. Feit is dat die amptenare in die onderskeie departemente (een plus nege) redelik tans dun gesaai is, veral as daar na kundigheid by roofdiere spesifiek gesoek word. Amptenare en boere en jagters behoort mekaar te vind - met min gestry - dit is die ander ouens wat redelik heftig raak.

Die vraag is natuurlik wat omgewingsbewaring by die inisiatief kan of sal baat? Baie! Onthou hulle is verantwoordelik vir die handhawing en bewaring van biodiversiteit. DEAT's se kommer berus op die vermoede dat aksies om roofdiere in die algemeen en spesifiek rooijakkalse en rooikatte te jag (op alle maniere) ook tot gevolg het dat onbekende getalle ander nie-teiken diere (onvermydelik?) gedood word. Net soos ons nie weet hoeveel rooijakkalse en rooikatte jaarliks (en waar) doodgemaak word nie, bestaan geen aanduiding hoeveel ander diere ook sneuwel nie? Persoonlike ervaring van indiwidue geld meestal as norm en ook sekerlik gegewens (foto's, ens) wat uit ander bronne (jagters/boere) bekom word.

Dit is waarom vandag gevra is dat ons spoedig 'n profiel van jagbedrywighede (inligting deur jagters voorsien) in die land vestig. Ou jagrekords word versamel maar daardie inligting gee nog steeds nie 'n goeie of volledige prentjie nie. Sulke pogings word voortgesit.

Mens kan boere nie verkwalik nie dat hulle bykans na enige strooi (sommige onwettig?) gryp om hulle vee te beskerm. Indien mens in die openbaar noem dat dit tans gebeur, word jy verguis as iemand wat kwansuis dreig. Nee, die feit is dat solank die proses bestuur kan word (soos om deur gedragsverandering praktyke te ontmoedig - eerder as om met verbanning te dreig) bestaan daar goeie hoop om wel wesenlike vordering te maak. Onthou, die doelwit is om die impak op die veebederyf te verminder. Die skade waarna verwys word geld ook nie net skape en bokke nie - gister is foto's gekry van 'n koei wat tydens kalwing letterlik doodgevreet is.

Is daar sulke mense (soos Dawie voorgestel het) wat kan gesels?

Die oplossings waarna gesoek word sal nie uit die staanspoor volmaak wees nie. 'n Groot leemte is dat daar elke aand (mits weersomstandighede of ervaring/behendigheid dit toelaat) roofdiere gejag en gedood word. Behalwe die boer (klient) en die jagter (operarateur/diensverskaffer) en dalk 'n vrou of meisie of vriend weet niemand anders daarvan nie. Was dit suksesvol? Let wel (soos Heinrich verduidelik dit gedoen moet en kan word) dit is belangrik om te monitor wat daarna gebeur het. Vermindering van vangste onder die vee na so 'n optrede behoort die maatstaf te wees. Hoe word die suksesse oor watter metodes gewerk het en veral hoekom dit gewerk het aan die ander operateurs teruggevoer? Mits roofdierbestuur nie op 'n gekoordineerde wyse (let wel dit is nie oorheers nie!) plaasvind en aktiwiteite iewers ontleed en terugvoering gegee word om sukses (impak op vee verminder) verder deur opleiding en opvoeding te versprei.

Ten spyte van al die gebreke van nie-dodelike metodes (ook in hierdie forum onderstreep) moet gesorg word dat boere soveel as moontlik van hierdie metodes gebruik as eerste linie van afweer (deterrent).

Ek is bly dat hierdie gesprek gevoer kan word - kom ons sit koppe bymekaar en werk na praktiese oplossings en soos iemand iewers geskryf het nie "pies-in-the-sky" nie.

Heinrich, moet ons nie 'n afsonderlike topic oorweeg nie - dit mag klink asof almal vir CN wil pakgee terwyl dit nie die geval is nie. Ons soek werkbare en praktiese oplossings vir 'n baie groot uitdaging in die land.

Sjoe. Nou is ek moeg.

Ambessa
rednat

Re: PERMITTE

Post by rednat »

Ek kan nog nie waarneem dat georganiseerde Landbou ten volle aktief betrokke is by die gesprek nie.
Kyk ek sleg of is dit stille diplomasie of werk hulle op ander forum.
Pieter E

Re: PERMITTE

Post by Pieter E »

Hallo almal

Ek reken georganiseerde landbou is wel betrokke, maar nie openlik genoeg nie en ook nie naastenby sterk genoeg nie. Ek weet wel van verskeie landbou organisasies wat betrokke is hierby.

Hein, ek vermoed dieselfde oom van Clanwilliam het my ook gebel gister. Hy het vir my ook genoem dat CN reken die "oorgrote meerderheid" van die boere in die Karoo ondersteun hulle. Ek het vir hom in baie duidelike terme verduidelik hulle lieg blatant as hulle so s?.

Die idees wat hierbo genoem word oor akkreditasie/registers en so meer is goed. Ek reken net die situasie moet op die ou einde so wees dat boere definitief die beheer daaroor uitoefen, maar dit moet ook so wees dat as daar georganiseerde jagte aan die gang kom, dat boere daarby MOET inval. MY siening is dat die beste oplossing vir hierdie situasie is georganiseerde vermindering op groot skaal van probleemdiere in 'n area. Dit sou beteken dat boere gedwing moet kan word om in te val by so 'n jagsituasie. Ek weet dis nie so eenvoudig soos ek dit hier stel nie, maar ek reken die enigste standhoudende oplossing is om terug te gaan na 'n tipe van "Oranjejag"-situasie, natuurlik met aanpassings daaraan vir moderne tye.

Wat betref wie met CN en die ander departemente moet onderhandel, reken ek dat spesifiek boere (welke organisasies ookal namens hulle, maar individuele boere wat betrokke wil wees ook) en julle professionele ouens betrokke moet wees.

Ek sien daar is al meer mense wat bang raak ons roei alle jakkalse/rooikatte uit. Die kanse hiervoor is wragtig so skraal dat ek reken mens moenie eers verwys daarna nie en eintlik enige sodanige siening van die begin af duidelik afskiet en klaar kry. Die geskiedenis het hom mos darem nou al goed genoeg bewys daar rondom. Verder bly daar mense wat insinueer dat baie ander "onskuldige" diere dood gemaak word. Waar kom hulle daaraan en watter bewyse het hulle daarvoor? Dis mos nou sommer louter twak. Ek reken eintlik hierdie lysie van probleemdiere moet uitgebrei word om nie net rooijakkalse en rooikatte in te sluit nie (seker 'n onderwerp vir aparte bespreking).

Oor die algemeen stem die mense op hierdie forum min of meer saam oor die probleem, maar dis, soos maar oral, die onbekeerdes wat gepreek moet word voor!

Groete

Pieter E
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: PERMITTE

Post by Caller »

Pieter E

Die ouens hier op die forum wat my ken (Hein, Jacques ens.) sal weet ek is aan jou kant, maar ek kan vir jou bewyse gee van 'n hele paar nie-teikendiere, wat tydens slegs een georganiseerde nagskiet geskiet is en dit nogal deur manne wat graag na hulself as soganaamde "Proffesionele probleemdier jagters" verwys.

Nee my friend, ons weet almal wat in die bedryf aangaan en daar is maar gevalle waar die jagter nie 100% teiken spesifiek is nie. Dit is hierdie punt wat die "greenies" gebruik om ons pakslae te gee. Ons weet gelukkig die syfer baie laer is as wat die "greenies" sal wil h?, maar dit is ongelukkig 'n werklikheid wat ons nie kan wegredeneer nie. Dit moet ons egter aanspoor om meer verantwoordelik op te tree.

Groete

Caller     
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Pieter
Ek stem saam met jou, ek dink net georganiseerde landbou moet hulle stem meer laat hoor. Die groen paddas om die dam skreeu nou die hardste en nou dink almal hulle is in die meerderheid. In 5 provinsies is daar ongeveer 32000 kleinvee boere (Statistics South Africa (2002)). Dan is die jagters ook nog nie ingereken nie. Ek dink dit kan 'n baie groter drukgroep wees as wat die anti-jag kan droom om te wees. Ongelukkig vang hulle ons elke keer met die broek op die kniee. Ek hoop hierdie was 'n goeie "wake-up call".
Die staat kan ook maar sy verantwoordelikheid opneem. In ander lande soos die VSA is daar mense wat vir 'n salaris vir die staat werk en die werk doen wat nou in SA deur privaat individue gedoen word. Dit verhoed nog geensins die boer om sy eie probleme uit te sort nie maar is daar genoeg beamptes met die ondervinding en kennis om op kort kennisgewing die werk te doen. Dit sal die beamptes dan ook in staat kan stel om probleemdiere op onbetrokke/onwillige boere se grond te verwyder. Ek wonder wat die belasting op 1.1 biljoen Rand is wat tans die geskatte verliese is met die navraag by boere deur UOVS gedoen. (Van Niekerk, Taljaard, Grove & De Waal, 2008). Indien die belasting 25% is, is die staat se inkomste 137 Miljoen Rand indien die verliese na 3% verlaag sou word. Nogal 'n klompie geld sou ek se.

Ek dink die meeste mense wat van nie-teiken diere praat wat gedood word, praat oor die stel van gif, gifskieters, slagysters en die gebruik van jaghonde. Vir die totale aantal jakkalse en rooikatte wat met roep en skiet gedood word wonder ek of die persentasie nie-teiken diere so hoog as 1% kan beloop van die teiken diere wat gedood word. Gif en Gifskieters is onselektief maar kan slagysters baie effektief en selektief gestel word. Die data van Oranje jag wys duidelik dat die draaijakkals die pak gedra het van diere wat gedood is. Dit was na my mening veroorsaak deur gifskieters en die gebruik van honde.

Rooikatte en Rooijakkalse sal nooit uitgeroei word nie, ons kan die getalle slegs beheer en in toom hou. Jy kan nie alles op 'n plaas uitvang of skiet nie. Daar bly altyd oor om met die volgende teel seisoen weer op standaard te wees.

Soos 'n goeie vriend van my se " 'n jakkals stel jou nooit teleur nie"

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: PERMITTE

Post by JACQUES BOTHA »

stel jou nooit teleur nie...jy sal moet spesifiseer...
hulle het my al baie teleurgetstel as ek hom hoor skreee '''gaan weg  gaan weg..." en ek kom met n lee lorrie terug...
dis n teleurstelling en dan moet ek baie dinge uitdink...wanneer laas het julle geroep...wie was laas hier..wie het hom misgeskiet ens....
maar met teeltyd....mmmmmanner storie ....amper iets soos as hy staan dan steel hy en as hy le dan teel hy.....

EN AS JY HOM DIE VOLGENDE KEER KRY..MMM DAN STEL HY OOK NIE TELEUR NIE MOET EK BIEG....
Shoot straight and tell the truth!
Pieter E

Re: PERMITTE

Post by Pieter E »

Heinrich en Caller

Ek aanvaar daar word wel nie-teikendiere gedood in die proses, maar ek reken darem (soos Henrich ook s?) dat dit maar vrek min is. By ons is daar nog bitter min (indien enige) nie-teiken diere gedood, selfs met slagysters. Ons gebruik nie gifskieters nie, so ek weet nou nie daaromtrent nie.

Ek stem definitief saam dat georganiseerde landbou hulle stem meer moet laat hoor. Een of ander skaap (ekskuus aan die regte skape!) het klaarblyklik vir al die georganiseerde landbou ouens verduidelik dis ver die beste om stille diplomasie toe te pas. Hulle hou vreeslik baie daarvan om alles agter die skerms te doen. Duidelik het hulle nog nie agtergekom hoe vreeslik Thabo Mbeki se stille diplomasie in Zimbabwe gefaal het nie! Ek was al gereeld in die moeilikheid, by meer as een landbou organisasie, omdat ek reken hulle doen nie genoeg nie. Dan word ek tereg gewys en mooi verduidelik hoeveel word nou eintlik gedoen. Ek het al vir 'n paar van die organisasies se ouens ges? hulle moet ons net ten minste inlig, dan sal ons seker nie so baie kla nie! Die groot probleem, wat ek dink hulle nie verstaan nie, is dat boere en ander mense niks hoor van hulle pogings nie en dan aanvaar hulle doen ook niks nie. Andersins word daar ges? hulle doen iets, maar niemand kan eintlik sien wat kom daarvan nie, dus twyfel ons sterk oor wat hulle wel doen.

Ek is van mening dat die landbou organisasies baie meer soos Cosatu moet optree. Dan sal almal duidelik kan sien wat hulle doen.

Groete

Pieter E

(Heinrich, gaan jy omgee as ek so hier en daar 'n bydrae hier op die forum kwoteer in die Landbou gespreksforum? Ek sal graag wil hoor wat s? die ouens daar oor van hierdie goed? Sal julle verkies dat ek direk kwoteer en s? wie dit ges? het of moet ek eerder net iets s?, soos "daar word ges?"!?)
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Om aan te sluit by jul onderwerp:
Ek is `n groot voorstaander daarvan dat die staat sy verantwoordelikheid moet begin aanvaar tov die probleemdier beheer. Net soos hy dit doen met Sprinkane as voorbeeld. Dit is my plig as boer om my vee en weiding na die beste van my vermo? te bestuur met dit wat daarmee saamgaan, en dit behoort nie my verantwoordelikheid te wees om bedags en snags ook nog tyd af te staan aan onbeperkte probleemdier beheer nie.
As die staat hul verantwoordelikheid nakom sal:
1. Die onbetrokkenheid van baie eiendomme aangespreek word, wat `n baie groot deel van ons probleem is.
2. Die gebruik maak van mense wat metodes verkeerd gebruik sal ook daarmee verminder of uitgeskakel word wat `n ander groot oorsaak van ons probleem is.(Selfs slagysters word verkeerd gestel en veroorsaak jakkals/katte met grade) Ek dink egter die probleem is nie soos wat CN dit voorhou dat 50% verkeerdelik gevang word nie. Dire punt is eerder die een jakkals wat slim gemaak is kan jou `n hele lammeroes kos.
3. Daar dalk weer gekyk word na meer effektiewe metodes om die probleemdier probleem behoorlik aan te spreek.

As ons na getalle kyk vir saamstaan kan ons nie meer net die kleinvee bedryf inreken nie, die totale veebedryf begin daaronder ly, wat die wildbedryf inlsuit.

Wat die uitlating van CN oor die boere van die Karoo betref, is dit maar net `n bewys van hoe skelm die mense is, of is dit agterbaks.  Julle manne wat in BFWes op die komitee laasweek gekies is, is dit nie moontlik dat ons `n afskrif van die notule kan kry van die vergadering. Plaas dit op die forum en gee sommer vir die groen vrinne ook `n afskrif. Ek sal graag `n afskrif daarvan wil h?, asook die voorlegging wat die komitee gaan saamstel.

Groete
Lukas
Last edited by LMB on Mon Feb 16, 2009 8:13 pm, edited 1 time in total.
Pieter E

Re: PERMITTE

Post by Pieter E »

Lukas

Ek stem heeltemal daam met jou oor die staat se verantwoordelikheid en betrokkenheid. Dis gedeeltelik waarop ek sinspeel as ek verwys na georganiseerde vermindering en so meer.

Groete

Pieter
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Pieter

Vergeet om te s?, jy is nie alleen met die verwagtinge van georganiserde landbou nie. Ek weet die ouens doen baie, en miskien is hul hande te min, maar die agter die skerm werkery maak dat net een kant van die saak bekend gemaak word, (die verkeerde kant) en dit veroorsaak verwarring by lede.
Ek hou nogal daarvan om Afriforum dop te hou. Ek glo ons metodes sal moet aanpas by die tyd en omgewing.

Groete
Lukas
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Pieter E wrote: (Heinrich, gaan jy omgee as ek so hier en daar 'n bydrae hier op die forum kwoteer in die Landbou gespreksforum? Ek sal graag wil hoor wat s? die ouens daar oor van hierdie goed? Sal julle verkies dat ek direk kwoteer en s? wie dit ges? het of moet ek eerder net iets s?, soos "daar word ges?"!?)
Pieter
Jy is welkom om my enige tyd te kwoteer en vry om bydraes van die forum te gebruik.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Lukas
Ek dink ons is almal in afwagting op die notule. Ek het dit nog nie ontvang nie. Ek dink ek sal ook eers toestemming moet kry om dit op die forum te plaas. Ek sal daarom vra sodra die notule ontvang is.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Pieter E

Re: PERMITTE

Post by Pieter E »

Dankie, Heinrich

Groete
Pieter
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Heinrich
Al plaas jy ook net sekere dele daarvan dat andere kan sien wat die boere in die Karoo se standpunt is.

Lukas
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Heinrich, Lucas, Andr? ens.
My buurman kom vannaand my E-mail adres vra,  Deon Hignett(CN permit man) wil glo met my praat oor "Caracal, Jackal & the Farmer".  My "ambush br?kvis" mag dalk vrugte afwerk,  hoop nie dis 'n dagvaardiging nie!!!

Iemand al iets gekry oor laasweek se vergadering op B-Wes?
Dawie
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Dawie

Wees versigtig met wat jy s?. Hoekom praat die manne dan deur jou buurman?

Sterkte
Lukas
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Lucas
Hulle het die naweek by hom(Pieter Engelbrecht) gejag so hy't net my kontakbesonderhede gesoek.  Ek het Deon ontmoet toe hulle hier aangekom het,  moenie worry nie ek sal baie diplomaties wees.  CN se man sou nie weer met my wou praat as ek met die ontmoeting al my sienings op hom probeer afdwing het nie, as dit is wat jy bedoel met "versigtig wat ek s?"?
D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Nog iets
Was gister by Safari&Outdoor naby Stellenbosch,  Hendrik van Rensburg s? vir my dat Cobus Dowry (Provincial Minister of Agriculture) by die winkel aangekom het om te shop,  Hendrik vra hom toe uit oor die geneuk nou met CN.  Dit was glo eerste wat hy daarvan hoor!!!!!  Mnr Dowry het ook glo 'n plek met skape en het ook glo ges? dis bollie.  Kan een van die ho? profiel manne nie hom dalk betrek by ons saak nie?
Dawie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Dawie wrote: Was gister by Safari&Outdoor naby Stellenbosch,  Hendrik van Rensburg s? vir my dat Cobus Dowry (Provincial Minister of Agriculture) by die winkel aangekom het om te shop,  Hendrik vra hom toe uit oor die geneuk nou met CN.  Dit was glo eerste wat hy daarvan hoor!!!!!  Mnr Dowry het ook glo 'n plek met skape en het ook glo ges? dis bollie. 
Dawie
Iemand het eendag gevra hy soek dat manne se koppe waai! Dit kan nogal net die man wees om mee te praat ek sal by Hendrik uitvind of hy nie die man se e-pos het nie en dalk kan hy hom verwys na die forum.

Groete

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Hein maak asb so!! 
Hopelik lees hy jou goed met insig en begrip.
Dis nog net 7 dae voor die vergadering tussen Agri-WK ens. met CN,  ek het nog niks van B-Wes vergadering gekry nie.  Mense slaap!!!!  CN gaan die ou spannetjie wat hulle moet gaan sien 6-0 ore aansit,  tensy hulle die grondwet voorgooi.
Ek en Deon Hignett het vandag ons E-pos "vriendelike debat" vandag begin,  dieselfde ou storie weer,  hy hou by sy holistiese dwaallering soos 'n sektelid met 'n slymlagie oor die oog.  Lyk my hulle het 'n finale besluit geneem dat die holistiese benadering "beyond a debate" is.  Ek s? weer die span wat ons belange moet voor veg sal werklik hulle storie moet ken! 

Projag
Ek het nog niks van niemand gehoor van landbou se kant nie,  weereens my gevoel...gebrek aan belangstelling of hulle stem saam.  Johan Bothma (Agri Weskaap) het voor die vergadering laasweek op B-Wes nie eers die moeite gedoen om Heinrich se briewe te lees nie,  "te emosioneel" so maak nou maar jou eie afleiding as jy wil.
Cheers
Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

Volgens my korespondensie met CN is die volgene aan my gestel:

Dat een van die redes agter die uitreiking van permitte is dat CN met 'n "skoon bladsy" wil begin.  Met die vorige lisensie?ring sisteem het hulle amper GEEN kennis gedra van wie wat en waar doen nie.  En met die nuwe "permitte",  as die permithouers hulle inligting deurgee,  sal die prentjie groei.

Kommentaar asb!!!!!!!!

Dawie
Post Reply